Page 1 of 3
Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 10:58 am
by Geno
Oom Koos sal self kom vertel...
Ek mute solank die onderwerp omdat ek grasgroen van jaloesie is.
Dis nou 'n perfekte trofee koedoebul in my opinie!
KoosBarnard 63,3 Kudu.jpg
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 11:01 am
by Stephan86
WOW baie geluk oom, daai is pragtig.
Ek is mal oor die vorm van die horings.
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 11:01 am
by Koos Barnard
Ek het die groot bul die afgelope Saterdag geskiet, na vier dae se harde en ver stap. ook verlede jaar op dieselfde plek vir vier dae na 'n trofeekoedoe gesoek maar niks gekry nie. Julle kan die storie in die April-uitgawe van SA Jagter lees. Die horings meet 63.3". Die linkerhoring lyk sowat een duim korter as die regter een (die puntjie is afgebreek) maar toe ons hulle meet het die lengtes byna identies uitgekom.
Mooi loop
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 11:02 am
by FHM
Ai die gelukkige ou bksm!!!
Dis n manjifieke bul!
Dankie Geno - sien uit na Koos se vertel

Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 11:03 am
by Supacow
Lekker Oom Koos!
Oom verdien hom. Al was dit nie kaalvoet

Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 11:14 am
by Capt. Yoda
Wat maak Oom met die lazer op die scope? Geluk met n mooi bul
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 11:24 am
by ArnoldM
Dis 'n moerse mooi koedoe oom Koos.
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 11:25 am
by VdWalt
Baie geluk!!! Nie elke man wat kan sê hy het paar miljoen rand se koedoe geskiet nie!!
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 11:30 am
by Koos Barnard
Dankie manne. Capt, dis 'n klein video-kamera. Kon nie die koedoe-skietery afneem nie, maar het footage geneem vir Lynx Optics wat dit vir hul verskaffer wil stuur. Ons het helder oordag op 'n groot bosvark afgekom wat ek darem kon afneem.
Mooi loop
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 12:01 pm
by 3006
Baie geluk Koos, pragtige ou bul!
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 12:01 pm
by Capt. Yoda
Koos Barnard wrote:Dankie manne. Capt, dis 'n klein video-kamera. Kon nie die koedoe-skietery afneem nie, maar het footage geneem vir Lynx Optics wat dit vir hul verskaffer wil stuur. Ons het helder oordag op 'n groot bosvark afgekom wat ek darem kon afneem.
Mooi loop
Baie intersant, dankie Oom.
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 12:05 pm
by FHM
Supacow wrote:Lekker Oom Koos!
Oom verdien hom. Al was dit nie kaalvoet

Ek dink Koos het gekroek diekeer - as ek daai prentjie so beloer het hy waraggiesaar skoene aan!!!

Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 12:07 pm
by Koos Barnard
Skoene was bitter nodig ons het te ver gestap en die sand was te warm.
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 12:08 pm
by Alwyn
Baie geluk Oom Koos!!
Dis n prag bull!!
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 12:13 pm
by GERT vd M
Goed gedaan Koos
Groetnis
Gert
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 12:17 pm
by Boersonderroer
Goeie pit, dis pragtig. Baie geluk
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 12:20 pm
by JohanvanZyl
Baie geluk Oom!!! Regtig mooi
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 1:23 pm
by kopskoot
Koos Barnard wrote:Skoene was bitter nodig ons het te ver gestap en die sand was te warm.
Jy moet eerder van die bakkie af skiet!!
Bitter mooi bul daai. Geluk Koos
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 1:26 pm
by Koos Barnard
Ek sal dit volgende keer wragtag oorweeg. Ek het ouer as PW gevoel na die jag.
Dankie
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 1:28 pm
by Ben
Sjoe....Dis darm n bitter mooi Bul daai my Oom. Baie geluk!!
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 2:12 pm
by Hartskoot Hennie
Baie geluk oom Koos! Dis nou 'n eens in 'n leeftyd jag daai! Wat 'n prag dier!
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 2:34 pm
by Suikermuis
Baie geluk Oom Koos! Dit is n pragtige bul en die harde werk en lank jag na hom maak dit net soveel meer besonders. Sien baie uit na die storie in die SA Jagter.
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 2:50 pm
by win270
Pragtige bul en baie geluk!! Vertel gerus van die prys en die plaas se ligging en naam!

Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 3:15 pm
by Koos Barnard
Win270 die plaaseienaar lees al lank Magnum en SA Jagter. Hy hou blykbaar van wat ons skryf en vir Afrikaans doen. Daarom het hy my verlede jaar genooi om 'n trofeebul te kom skiet wat ek toe nie kon doen nie. Die uitnodiging is hierdie jaar herhaal en ek het nie vir die koedoe betaal nie. Die vleis is net so vir sy arbeiders gelos (ek het ook 'n tweede bul geskiet en die se vleis is ook net so daar gelos). Die man neem nie jagters nie. Hy het reeds 'n paar ou vriende wat elke jaar sy oortollige wild kom afhaal. Hy sal wel 'n baie beperkte aantal van die jonger bulle wat trofee-potensiaal het verkoop as daar belangstelling is. Hoe hy hulle gaan vang of dart en vervoer weet ek nie. Sommige dele van die plaas is erg ontoeganklik vir vang/dart. Die plek lê tussen Vaalwater en Ellisras.
Mooi loop
Re: Koos Barnard se 63duimer
Posted: Wed Feb 24, 2016 3:18 pm
by Smitstertjies
Geluk Oom Koos. Daai bly maar bitter lekker, so koedoe jag!