Page 1 of 1
Wat se die wet
Posted: Thu Feb 25, 2016 7:56 am
by Smirre
More
Ons by die skiet vereniging wou onderling n groep stig om oortollige ammo gewere ens te verkoop.
Een van die klublede se dis onwettig om wapens en ammo op so groep te adverteer.
Wat seg julle geleerdes?
Dankie
Re: Wat se die wet
Posted: Thu Feb 25, 2016 8:03 am
by Chris Swart
Jy mag gewere verkoop.
Jy mag onder geen omstandighede ammo verkoop sonder 'n handelaars lisensie nie.
Dit is wat Martin Hood vir my gesê het.
Re: Wat se die wet
Posted: Thu Feb 25, 2016 9:24 am
by andre007
Smirre wrote:More
Ons by die skiet vereniging wou onderling n groep stig om oortollige ammo gewere ens te verkoop.
Een van die klublede se dis onwettig om wapens en ammo op so groep te adverteer.
Wat seg julle geleerdes?
Dankie
Yip, die geweer/wapens koop en verkoop is fine maar die Ammo is die probleem, jy kan mos die Ammo aan n lisensiehouer skenk en op ontvangs daarvan skenk hy jou n kas bier of so iets?

Re: Wat se die wet
Posted: Thu Feb 25, 2016 11:13 am
by Eugene
Chris Swart wrote:Jy mag gewere verkoop.
Jy mag onder geen omstandighede ammo verkoop sonder 'n handelaars lisensie nie.
Dit is wat Martin Hood vir my gesê het.
Yip. Dit is presies wat die wet sê.
Re: Wat se die wet
Posted: Thu Feb 25, 2016 2:20 pm
by Johan Nel
Ek glo jy sal wel komponente mag smous, koeëls en doppe, maar nie slagdoppe en kruit nie, aangesien dit ook beheerde items is.
Re: Wat se die wet
Posted: Thu Feb 25, 2016 2:51 pm
by Chris Swart
Jy mag ook nie gelaaide ammo as deel van 'n paket saam met 'n geweer verkoop nie.
Re: Wat se die wet
Posted: Thu Feb 25, 2016 2:56 pm
by Eugene
Chris Swart wrote:Jy mag ook nie gelaaide ammo as deel van 'n paket saam met 'n geweer verkoop nie.
Nee, maar as die nuwe eienaar die lisensie het en sy geweer kom haal, kan jy hom seker die ou ammo wat jy het, saam met die geweer gee. En as hy jou uit dankbaarheid 'n R200 gee, dan is dit seker maar net 'n fooitjie....

Re: Wat se die wet
Posted: Thu Feb 25, 2016 2:58 pm
by Chris Swart
Eugene wrote:Chris Swart wrote:Jy mag ook nie gelaaide ammo as deel van 'n paket saam met 'n geweer verkoop nie.
Nee, maar as die nuwe eienaar die lisensie het en sy geweer kom haal, kan jy hom seker die ou ammo wat jy het, saam met die geweer gee. En as hy jou uit dankbaarheid 'n R200 gee, dan is dit seker maar net 'n fooitjie....

Jy KAN, maar ek sal myself eerder die moontlike papierwerk spaar...
Re: Wat se die wet
Posted: Thu Feb 25, 2016 3:02 pm
by Eugene
Die vuurwapenwet het seker van die mees onpraktiese bepalings ooit in.
Byvoorbeeld:
1. ek verkoop my 270 aan jou en het geen ander 270 op my naam nie. Toe jy die geweer met jou natnuwe lisensie kom haal, het ek nog so 12 gelaaide rondtes oor. Ek mag dit nie vir jou gee nie, maar ek mag dit ook nie hou nie. Wat moet ek nou daarmee doen?
2. Ek het 'n paar gewere en my vrou het 'n paar gewere. Ons het egter saam lisensies vir 'n 308, ek hoof en sy addisioneel. Ons mag daardie geweer in 'n kluis saam sit, waarvan sy en ek elkeen 'n sleutel het, maar my ander gewere moet in 'n kluis waarvan net ek die sleutel het, en haar gewere in 'n kluis waarvan net sy die sleutel het.......
