Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dag 2
Ry weer na die deel waar ek die elande en blou wildebeeste gewoonlik kry. Ry weer op die groot beer sog en jonges af. Los hulle en gaan eers na die plek waar ek die ander vark die vorige dag geskiet het. Sommer met die intrapslag "spook" ek die gemsbokke en is alles tot verniet. Ongelukkig dat ek so dom en onoplettend kan wees ry ek terug. Ongeveer 400m van die plek waar ek die groot beer gesien het stop ek bo op 'n randjie en bekyk die area met die verkyker. Lyk my my luck is vandag ook in. Die vark is besig om op die vlakte naby 'n groterige bos te wei. My bekruip teen die heuwel af is maklik en die wind is in my guns. Ek beweeg stadig en kyk gedurig om my rond, wil nie nou ander diere skrikmaak nie. Het op 'n dag 'n blesbok nie op 25m gesien nie omdat ek te gefokus was op sy maatjie - uiteinde - nie een gekry nie. Alles loop mooi en na ongeveer 'n uur is ek 10m duskant die bos met die vark ongeveer 15m anderkant die bos. Nou vir die span van die boog en die stadige uitbeweeg. Die vark is gelukkig so besig om te wei dat hy nie die beweging sien of my opmerk nie. Die spasie tussen die 20m en 30m kom mooi in die killzone tot stilstant en ek laat die pyl gaan. Die vark spring op en hardloop so asof niks gebeur het nie. Ek sien egter die pyl aan die kant uitsteek en redelike vinnige vloei van bloed. Snaaks dat die pyl nie deur gegaan het nie - 70# 30" treklengte en 'n 515gr FMJ pyl. Ek staan doodstil en die vark draf gemaklik die vlak af. Hy gaan staan twee keer en kyk terug en draf weer verder. Hy raak weg so ongeveer 320m naby 'n boom. Ek wag nog 'n ruk en hou die area dop maar sien nie die vark uit die slootjie uitkom nie. Ek gaan haal solank die voertuig en kry my gps reg vir die bloedspoor volg. Loop op die bloedspoor en tot by die plek waar die vark verdwyn het. Lyk of hy net daar omgeval het nadat hy uit my gesigsveld verdwyn het.
Gou so n stukkie ongevraagde opinie....Ek dink dat n vark seker een van die taaiste diere is om met n boog te jag, en het ek ook die meeste varke, van al die spesies wat ek al met boog gejag het, gekwes, of altans nie gekry na die skoot. Baie beginners is geneig om vir n eerste dier n vark te kies om te skiet, as die dier dan nie gevind word nie, is hulle baie afgesit teenoor boogjag, ek reken dat n Rooibok/Springbok n beter teikenspesie is vir n eerste jag met n boog....
Ek verwys na die taaiheid van n vark, selfs met n goeie skoot, weet die bokke se reaksietyd is vinnig, maar die kans om n bok met n halwe goeie skoot te kry is beter as om n vark met dieselle skoot te kry.......man moet ook maar n beginner boogjagter se budget in gedagte hou.....
Skolla en Kie
Dankie, ja die gogga byt nogal vas, wil nie los nie
Francois, twee van die 3 varke wat ek geskiet het het verder as 300m gegaan met long skote. Het nou ander b/h gekry sal bietjie kyk hoe hulle werk.