Page 1 of 1

Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Thu Mar 10, 2016 10:58 am
by tau
Ek kry soms sulke aanvallings waar ek iets wil bou. Gewoonlik as ek druk besig is by die werk en nie tyd het nie. Dan loop ek rond tussen ou wrakke en scrap en begin dinge te bou in my kop. So het ek na Amerikaanse rokers gekyk en besef wat ek wil doen , maar my roker moes rof wees en my verteenwoordig in die wêreld. Amper soos bloubull balle agter 'n Hilux... almal weet wie en wat die bakkie ry.

Ek het begin met 'n ou 400l diesel tenk wat al 10 jaar by ons lê en wag vir werk. Ek het deure en 'n skoorsteun aangebring. 'n Stackpyp soos die amerikaaners dit noem.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9216_zpsijtwo4mt.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9218_zpseebq11ui.jpg

3kg skaapvet om die diesel en olie uit roker te brand en dan sommer roes te voorkom. DIt was nogals mooi... ek het hier nog nie die koue rook kant aangesit nie.

EK het toe 'n airfilter sisteem van 'n wrak geneem en dit ingekoppel na die bokant van my roker en sommer die bestaande rubber pype gebruik vir die hoeke. Hulle vat nogals die hitte verbasend.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9227_zpsidcgtn3b.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9230_zpscordgied.jpg
Die deksel skroef af so ek kan hom dig seël om rook binne te hou.

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Thu Mar 10, 2016 11:01 am
by FHM
Jy is n handige mannetjie Tau, lyk sommer windgat!
As jy weer diekant toe kom sal ek jou wys op die plot waar jy my roker kan staanmaak ;)

Ek sien op n foto daar is n silhoeet van n huis agter die roker - jou bure nie die brandweer gebel nie? ++>:

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Thu Mar 10, 2016 11:03 am
by tau
EK het die roker nou op 4 bakstene geplaas. EN kan dus met 'n gas brander net French oak saagsels van buite brand en dan so 4 snoeke op 'n slag rook. Anders maak en vuur binne in die roker met saagsels onder dit en warm rook dan binne in die groot roker of kouer rook in die airfilter housing. EK het al Tuna steaks in die koue rook kant gerook en so paaar Skaap ribbes in die warm kant. DIt is nogals lekker.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9385_zpskfzt7bap.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9382_zpsmcynfyiv.jpg

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9384_zpsuo5gwnlj.jpg

Hoogs gevorderde manier om roker te choke....

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Thu Mar 10, 2016 11:06 am
by tau
FHM wrote:Jy is n handige mannetjie Tau, lyk sommer windgat!
As jy weer diekant toe kom sal ek jou wys op die plot waar jy my roker kan staanmaak ;)

Ek sien op n foto daar is n silhoeet van n huis agter die roker - jou bure nie die brandweer gebel nie? ++>:
Ek sal dit darem geniet om met sekelbos te kan rook!!!! Die bure is bang my kinders byt hulle..

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Mon Apr 25, 2016 7:31 pm
by tau
Ek raak nou gevaarlik. Het 'n Brisket van die Bees gerook vir so 5 ure

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9901_zpsaccebgir.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9902_zpsxqak1p3s.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9909_zpsy87qqkfc.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9908_zpsqjbycezz.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9912_zpsfnvqympm.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9920_zpsc1431cee.jpg

En toe 'n vark ribbetjie vir 9 . 5 ure

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9962_zpscyzmzczv.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9964_zpsqc1o0wbh.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9963_zpspl2wbqfm.jpg

Die rib wou nie lekker crackling vorm nie, toe het ek hom dik olyf olie en sout gesmeer en gebraai vir so 30 min aan 'n kant. Toe loop hy oop.


http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_9961_zpsvpofv0mj.jpg

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Mon Apr 25, 2016 8:57 pm
by JTM
Daai brisket laat darem nou my mond water jong. Mooi man!

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Mon Apr 25, 2016 9:57 pm
by pietbak
O mastag
Nou is jy besig met konings kos. Wat van so gerookte Springbok fillet.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Tue Apr 26, 2016 8:47 am
by tau
pietbak wrote:O mastag
Nou is jy besig met konings kos. Wat van so gerookte Springbok fillet.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Laasnaweek geskiet hy le in yskas vir vanaand ++>:

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Tue Apr 26, 2016 8:49 am
by tau
JTM wrote:Daai brisket laat darem nou my mond water jong. Mooi man!
First time lucky. Moet sê hy het mooi gekom. Die smaak was iets besonders.

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Tue Apr 26, 2016 4:38 pm
by Johan Nel
John,
Kyk ek reg as ek waarneem dat die brisket nog mooi pienk binne was, of het jy dit vooraf gepekel wat dan soortgelyke kleur sal gee?

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Tue Apr 26, 2016 7:37 pm
by goodstuff
Hel....

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Wed Apr 27, 2016 6:36 am
by Andre308
Tau,

Dit is gesonde kos daai. My dokter het gese ek moet meer wit vleis eet.

Ek sien daai brisket het lekker baie wit vleis aan hom!

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Wed Apr 27, 2016 6:49 am
by sako 30-06
Tau, dit lyk sommer vingerlek lekker.
Dis mos lekker om so te speel en goed self te bou.

Ek het so vir my n spit/firepit gebou en hy werk oortyd. Spit juis die naweek n speenvarkie.

Wanneer rook jy n springbokboud?

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Thu Apr 28, 2016 8:25 am
by tau
Johan Nel wrote:John,
Kyk ek reg as ek waarneem dat die brisket nog mooi pienk binne was, of het jy dit vooraf gepekel wat dan soortgelyke kleur sal gee?
EK het die Brisket vanaf die slaghuis net gerub met; Smoked Paprika, olyf olie, growwe sout en bietjie pepper,koljander en borrie. Hy is vanaf die slaghuis na my roker in 30 min. En toe baie warm gerook vir die eerste uur. Ek weet nie die temp nie, maar die vet het mooi gepraat. Daarna net konstante hitte probeer hou.

Hy het regtig mooi gekom. Ek gooi die hele vloer van die roker saagsels en maak in die middel vuur so die kooltjies loop stadig na buite.

Het gister die Springbok fillets aan die koue rook kant gedoen.....FLOP. na 3 ure is hy perfek en sag en alles loop mooi, behalwe die rook was helemal te sterk. Die Blackwattel oordonder die Springbok smaak. Baie hartseer het die fillet nou 10 dae in yskas met rub en olie laat le. Moes hom sommer net gebraai het.

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Thu Apr 28, 2016 8:26 am
by tau
sako 30-06 wrote:Tau, dit lyk sommer vingerlek lekker.
Dis mos lekker om so te speel en goed self te bou.

Ek het so vir my n spit/firepit gebou en hy werk oortyd. Spit juis die naweek n speenvarkie.

Wanneer rook jy n springbokboud?
Ek het al 'n Springbok blad gerook in die Warm kant, met min spice. Hy het lekekr gekom, maar na my Springbok fillet fiasko is ek half bang om nog wild te vernietig.

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Fri Jan 06, 2017 8:35 am
by tau
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170106/3c79b84c78d2d54e8e98ff7aeb1107d2.jpg
Weer 'n bees brisket gedoen wat mooi gekom het. Hierdie is skywe wat ek gesny het en dan net vinnig gegrill het en op eiers en kaas vir ontbyt. Wraggies beter as vark bacon. En ek is BAIE lief vir bacon.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170106/fdee24e6b8e78e97a0f6ed4cbcc20b59.jpg
Nou besig met my eerste vark nek.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170106/aa19ba78dc263c5897e7d868e9414da0.jpg

In helfde gedeel en een stuk in pickle gesit en ander een dryrub gegee.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170106/480adb228c3fa2b35d0ba7929891b485.jpg

Na 48 uur het ek een uit pickle gehaal en ook rub gegee. Nou net vir rook en terugvoering oor watse een die meeste geur het.

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Fri Jan 06, 2017 8:57 am
by Pvdw
Nou is ek eers jammer ek het nie op Yzerfontein kom draai nie :( Lyk my ons kyk op die selle manier na 'n vleisie. Lekker koue aartapel slaai en potbrood bet regte botter om die spul mee af te sluk ;D

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Fri Jan 06, 2017 9:08 am
by THOMAST
John, jy maak nie mooi nie.
Ek't gedink ek is gatvol vir vleis na 'n onlangse spitbraai, maar nee, nou is ek weer lus. Daai gerookste brisket lyk soos koningskos!

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Fri Jan 06, 2017 11:01 am
by tau
Pvdw wrote:Nou is ek eers jammer ek het nie op Yzerfontein kom draai nie :( Lyk my ons kyk op die selle manier na 'n vleisie. Lekker koue aartapel slaai en potbrood bet regte botter om die spul mee af te sluk ;D
Op Yzer eet ek net vis en Kreef, maar in Tulbagh probeer ek die balans regkry :laugh:
THOMAST wrote:John, jy maak nie mooi nie.
Ek't gedink ek is gatvol vir vleis na 'n onlangse spitbraai, maar nee, nou is ek weer lus. Daai gerookste brisket lyk soos koningskos!
Oom ek het ook daai probleem na 'n spit, maar na so 20 sekondes verloor ek dit gelukkig.

Ek probeer maar en van my wild was nie lekker nie, so vet Brisket is redelik maklik en met die dik laag vet kan hy foute versteek. Ek sal Sondag rapporteer of die Vark 'n sukses was.

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Mon Jan 09, 2017 7:51 pm
by tau
Image

Pickle het gewenImage

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Tue Jan 10, 2017 6:29 am
by LongWolf
Hmmmmm lekker man lekker !!!!!

Re: Waar daar 'n rokie trek......

Posted: Tue Jan 10, 2017 8:07 am
by Carl
Uitstekend. Ek wens ek was so handig veral met ysters. As ek die geld gehad het het ek een van die gekoop!
https://pbs.twimg.com/media/B4fVdC-IcAAJWtX.jpg
http://santaannas.co.za/smokers/