Page 1 of 1

Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Wed Mar 16, 2016 11:07 am
by Eugene
Ek lees toevallig vanoggend 'n stuk van oom Kassie Kasselman in Maart 2016 se SA Jagter. Daar is 'n stuk daar wat hy sê dat die OBT metode nie altyd korrek is nie, omdat die spoed van die kruit verskil en die koeel dus dan vinniger deur die loop gaan as wat OBT voorspel. Wat is jou kommentaar daarop? is dit iets waarop 'n mens moet let?

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Wed Mar 16, 2016 11:16 am
by tripodmvr
Ek het al 'n mening gelug oor sy vorige artikel waar hy seker van die termochemiese eienskappe verander het volgens Somchem se persentasies wat hulle saam met die Lot publiseer. Ek dink nie daardie wyse is korrek nie.

Sy stelling oor gewere wat afwyk van die norm wat OBT bereken - koeëls in die lande en ook raakpunte aan die loop maak dat die OBT berekenings soms nie strook met QL se spoednodes nie. Oor die algemeen wil ek raai dat 90% van my berekeninge al sukses getoon het. My en Diesel Dog se onlangse samespanning is 'n baie goeie voorbeeld van wat verkry word met bloot die BRF aanpassing en akkurate spoed resultate - konstante goeie ladingsmetodes besorg 'n klein ES en dan kry mens baie gou die node.

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Tue Apr 05, 2016 8:37 pm
by Tal
Waar kry ek die Nodes op QL?

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Tue Apr 05, 2016 10:02 pm
by Capt. Yoda
Google obt of optimal barrel time calculator, jy sal n spreadsheet kry wat jy dan gebruik om jy loop (lengte) se nodes te bepaal saam met QL se barrel time.Basies kry jy jou lading in QL sodat die barrel time saam te stem met die node/barrel time van die obt spreadsheet

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Wed Apr 06, 2016 3:29 am
by Tal
Dankie!

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Wed Apr 06, 2016 9:27 am
by Jean Marais
Tal wrote:Waar kry ek die Nodes op QL?
Of op hierdie post.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 57#p440357

Ek het die ene ontwikkel, en dit stem presies met QL s'n ooreen, behalwe dat jy looplengtes in duim, cm of mm kan toevoer.

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Wed Apr 06, 2016 5:50 pm
by Cobus(Cobb)
Capt. Oblivious wrote:Google obt of optimal barrel time calculator, jy sal n spreadsheet kry wat jy dan gebruik om jy loop (lengte) se nodes te bepaal saam met QL se barrel time.Basies kry jy jou lading in QL sodat die barrel time saam te stem met die node/barrel time van die obt spreadsheet
Meet maar jou looplengte, moet nie jou kooplengte bv 24" insit nie..

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Wed Apr 06, 2016 7:03 pm
by Tal
Dankie julle, het n obt van expert bullets, moet joune nog oopmaak Jean as ek by die huis kom

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Tue May 24, 2016 5:27 am
by tripodmvr
Julle wat die program het, gaan loer na my digkuns en stuur kommentaar asseblief.

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Tue May 24, 2016 12:18 pm
by Striker.
Middag oom

Waar kan ons die digkuns van oom in die hande kry?

Groete

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Tue May 24, 2016 12:32 pm
by Capt. Yoda

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Tue May 24, 2016 12:38 pm
by Striker.
Baie dankie Capt!

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Wed Jan 17, 2018 8:27 am
by SinWolf
Cobus(Cobb) wrote:
Capt. Oblivious wrote:Google obt of optimal barrel time calculator, jy sal n spreadsheet kry wat jy dan gebruik om jy loop (lengte) se nodes te bepaal saam met QL se barrel time.Basies kry jy jou lading in QL sodat die barrel time saam te stem met die node/barrel time van die obt spreadsheet
Meet maar jou looplengte, moet nie jou kooplengte bv 24" insit nie..
Ek verstaan dat jy nie net 24" moet insit in die node calc nie, maar 24.238 (soos wat jy hom fisies meet)...

Nou in QL self, by barrel length... Dan neem ek aan jy gebruik ook die 24.238" ??? (en nie 24" nie) ?

Dankie

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Wed Jan 17, 2018 8:29 am
by ruaanb
korrek

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Wed Jan 17, 2018 8:30 am
by SinWolf
tripodmvr wrote:Julle wat die program het, gaan loer na my digkuns en stuur kommentaar asseblief.
Ek het so paar vrae selfs nadat ek die digkuns gelees het :)

Waar kan ek my vrae vra asb. :) (my vrae is natuurlik ook meer spesifiek op my eie wapen gebaseer en is nie noodwendig algemene vrae nie)

Dankie

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Wed Jan 17, 2018 9:18 am
by DawieKotze
SinWolf wrote:
tripodmvr wrote:Julle wat die program het, gaan loer na my digkuns en stuur kommentaar asseblief.
Ek het so paar vrae selfs nadat ek die digkuns gelees het :)

Waar kan ek my vrae vra asb. :) (my vrae is natuurlik ook meer spesifiek op my eie wapen gebaseer en is nie noodwendig algemene vrae nie)

Dankie
SinWolf - begin 'n nuwe topic hier met jou spesifieke vrae...http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=75

Groetnis

Re: Bespreking van Wouter se inligting oor QL en OBT

Posted: Sun Apr 07, 2024 4:49 pm
by tripodmvr