Page 1 of 1

"Duplicate" Lisensie

Posted: Fri Mar 18, 2016 10:32 am
by JacoW
More al die mense,

Hoop iemand kan dalk help, my beursie met my geweer lisensies is laas jaar Desember gesteel, ek het dit toe gaan verklaar by die polisie stasie en is toe op vakansie. Januarie is ek terug en gaan doen aansoek vir "Duplicate Licenses" die DFO lig my toe in dat ek langer vir dit gaan wag as vir n nuwe lisensie, dog hy maak n grap.
Gister is ek stasie toe om te kyk of my 6.5 Creedmoor se lisensie al daar is en wonderbaarlik le hy daar, weereens geen sms van hulle af om my te laat weet dat hy daar is nie, maar wat. Vra toe die DFO of my ander lisensies al gedruk is, die keer lig hy my in dat mense wat vra vir verandering van informasie op lisensies of herdruk kry eenvoudig nie hulle lisensies nie, probeer toe meer inligting kry maar hy tel maar net skouers op en se dis maar hoe dit is, ek moet 012 353 6000 bel en vra vir Limpopo Duplication department maar soos ons almal weet tel niemand daai nommer op nie...
Nou wonder ek maar net of daar nie iemand is wat n nommer het wat dalk in hierdie situasie kan help nie...
Enige raad/hulp sal waardeer word.

Grooete,
Jaco

Re: "Duplicate" Lisensie

Posted: Fri Mar 18, 2016 11:06 am
by Armand Steenkamp
Jaco, ek het ongelukkig nie n nommer nie..... Maar ek gaan n ou al my lisensies uit my beursie haal!!!!

Groetnis

Re: "Duplicate" Lisensie

Posted: Fri Mar 18, 2016 11:36 am
by JacoW
Bly my storie help darem iemand, ja nee bere maar in die kluis en haal net uit wanneer nodig... ;D
Het die vorige dag kruit gaan koop en nie weer gebere nie. :-[

Re: "Duplicate" Lisensie

Posted: Fri Mar 18, 2016 11:40 am
by henried
My 223 se lesensie i 12 NOv 2015 goed gekeer....tot vandag nie my kaartjie gekry nie.
Maand terug CFR gebel, wat 'n reprint aanvra, ble verlede week en word toe inglig ek moet dokumente by DFO invul voor reprint gedoen word.

DFO reken ek gaan 3 maande wag.... :o

Re: "Duplicate" Lisensie

Posted: Fri Mar 18, 2016 12:03 pm
by Pappabeer
Word almal nou in Pretoria gedruk?

My handwapen se kaartjie is verlede jaar Mei gesteel saam met my beursie. Ek het n nuwe een in Mtunzini se copshop gehad in 4 weke wat in Durban gedruk was. My bestuurslisensie het langer gevat.

Re: "Duplicate" Lisensie

Posted: Fri Mar 18, 2016 12:06 pm
by JacoW
Nee soos ek verstaan druk elke provinsie sy eie kaartjies maar Limpopo se duplicate dame is blykbaar net baaaaiiieee slegter as enige standaard Suid Afrikaanse werker...

Re: "Duplicate" Lisensie

Posted: Fri Mar 18, 2016 12:07 pm
by ruaanb
Sover ek dit het word dit by Provinsiaal gedruk. Ek moes ook sweep klap onder hulle om my 300wsm se kaartjie gedruk te kry.
Ek het hulle mal gebel 3 keer per dag vir 3 weke.......