[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1823: Undefined array key 300
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
JARACAL • My eerste springbok!
Page 1 of 1

My eerste springbok!

Posted: Sat Jun 25, 2011 4:07 pm
by 300Winmag
Ek het vandag my eerste springbok gejag.  Danksy 'n kanselasie was Blok die naweek
oop. Ek het die koudste dag die winter gekies om in Potch te gaan jag. 7 uur toe ek Potch
in ry toe staan die temp op minus 4.5! Die ryp het wit gele.
Nadat ons gou gekyk het of die geweer nog werk het ons die koue aangevat.
Ons het die springbokkies so paar keer bekruip voor ek kans kon kry. Sy het skuins vir ons gestaan
en kyk. Ek skiet haar toe op die linker kant in die nek se vou en die koeel is net voor die regterkanste boud uit.
Die GMX het mooi gewerk en die boonste deel van die hart en die longe vlenters geskiet.  Sy het 22 kg uitgeslag.

Toe is ons agter die rooibokke aan. Ons is teen 'n koppie uit. Intussen het die wind opgetel
en die wolke het ingewaai. Dit was koud. Baie koud.
Die ram het ook so skuins vir ons gestaan en kyk. Weer is die stokke op en daar gaat die GMX.
Ons kyk hoe die ram weg vlieg en na so 100 meter in 'n stofwolk neer slaan. Sy hart en lewer
ook in hulle maai in geskiet.

Baie dankie Blok dit was regtig baie lekker gewees.
[img width=560 height=419]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... 011111.jpg[/img]
[img width=560 height=419]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... 011109.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... 011115.jpg[/img]

Re: My eerste springbok!

Posted: Sat Jun 25, 2011 4:18 pm
by Dawid
Mooi gedoen daar 300Winmag....veels geluk

Re: My eerste springbok!

Posted: Sat Jun 25, 2011 4:58 pm
by tripodmvr
Jy het baie moed vir 'n hoeveld haarwildjag op so koue dag.

Mooi gevaar.

Hoe lyk die vleisskade met die GMX'e?

Re: My eerste springbok!

Posted: Sat Jun 25, 2011 5:36 pm
by 243Songdaug
Netjies gedoen 300!

Altwee mooi diere wat jy geskiet het

Re: My eerste springbok!

Posted: Sat Jun 25, 2011 5:46 pm
by grumpy
Baie geluk. Ek wil ook probeer om in Potch n jag te doen. My skoonma bly in Klerksdorp so dit kan net lekker wees om die dag vroeg deur te gaan en sommer so ietsie saam te bring. Weereens baie geluk.

As die manne fotos plaas dan kan jy sommer ook sien met wie jy komminikeer!

Vat hom Dawie, vat hom laag!!

Re: My eerste springbok!

Posted: Sat Jun 25, 2011 7:18 pm
by Jagtersdok
Well done ou maat

Re: My eerste springbok!

Posted: Sat Jun 25, 2011 8:45 pm
by 300Winmag
Dankie - dit was koud maar lekker!  ;D
Op die sprinbok is daar niks vleis skade, bald en die nek gemis en net die dele wat saak maak
raak geskiet. Die rooibok op die potjie voor op die blad geskiet - daar het die stukke been die
vleis bietjie opdraende gegee maar die longe was redelik pap geskiet in albei bokke.

Re: My eerste springbok!

Posted: Sun Jun 26, 2011 9:01 am
by DawieKotze
Baie mooi gegooi!!

Daai springbok ooi se vleis is die lekkerste. Ek sal haar heel vir varsvleis gebruik, veral as sy dragtig was. Dan is hulle gewoonlik lekker vet!

Koue en jag loop saam! Lekker!!

Re: My eerste springbok!

Posted: Sun Jun 26, 2011 1:05 pm
by Frederik
Mooi gedoen !

Re: My eerste springbok!

Posted: Sun Jun 26, 2011 2:05 pm
by James Wilson
lekker manne lekker. en die bonus is natuurlik daai sprinbok se lekker vleis.

Re: My eerste springbok!

Posted: Sun Jun 26, 2011 2:29 pm
by 300Winmag
Kan nie wag dat die bokkie van die slaghuis af terug kom nie. Ek het gese hulle moet maak as
of dit 'n skaap is, boude, ribbetjies en potjie vleis. Reeds begin resepte vergelyk om die lekkerste een te soek.

Re: My eerste springbok!

Posted: Sun Jun 26, 2011 8:24 pm
by theedge
Baie netjies

Re: My eerste springbok!

Posted: Mon Jun 27, 2011 7:35 am
by JPS
Mooi gegooi 300

Re: My eerste springbok!

Posted: Mon Jun 27, 2011 8:49 am
by PITSMIT
mooi 300winmag

altwee daai bokke se vleis is prima my maat.  dis vd lekkerste varsvleis wat jy kan kry

mooi gegooi

Re: My eerste springbok!

Posted: Mon Jun 27, 2011 9:05 am
by BLOK
Ek kan net se dat dit rerig lekker was om saam Van der Walt te jag. Soos hy se was ons al 7uur op die baan en in daai temperatuur gaan dit rof, maar ek was oortuig dat ons die bokke gemaklik sal laat val.

Die skote op die twee bokke was altwee baie goeie skote met beide oor die 200meter. Ek was verbaas oor die min vleis skade van die koels veral op die rooibok selfs al het hy die been getref was dit net die vleis by die gat en nie die hele blad wat bloederig is soos met baie ander koels nie.

Soos Van der Walt se van die koue vroeg oggend was dit koud maar na daai springbok is ons toe teen die koppie op en dis toe die wind opkom en die wolke daai lug grys pak van die koue. Manne julle ken mos die terme leeukoud.

Dis darem ook snaaks hoe die wild net daai instunk het van hulle word gejag. Net na daai springbok geval het toe staan almal stil en hardloop nie eers weg as jy naby hulle kom nie, n mooi groot ram het sommer hier naby ons in die gras kom le terwyl ons vir die bakkie gewag het om die ooi te kom laai. En soos Van der Walt gese het daai ribbokke het die pryslys gesien want jy loop tot bo op hulle voor hulle weghardloop.

Was regtig n lekker jag gewees saam met Van der Walt.

Blok.