Page 1 of 1

Handwapen vir selfverdediging lisensie verval

Posted: Thu Mar 31, 2016 5:35 pm
by Jean Marais
Ek hoop iemand hier kan my dalk met raad bedien.

'n Kollega van my se handwapenlisensie het reeds 2 jaar gelede verval. Hy't 'n hengse probleem.

Ek het met ons DFO by my plaaslike stasie gepraat en hy sê net eenvoudig dat die wapen vrywillig ingehandig moet word sonder vervolging, daar's niks wat hy kan doen nie, hy werk op die direktief vanaf hoofkantoor. Hy vra my toe ook of die ou ander wapens ook het, wat wel die geval is. Toe sê hy dat hy as DFO, die man onbevoeg kan laat verklaar en op al sy wapens beslag laat lê omdat hy nie die wet nagekom het nie, en dat sy bevoegdheid nou "questionable" is.

My vraag is nou: Kan dit gebeur?
Hoe kom die ou uit die penarie uit sonder dat hy sy handwapen verloor?

Of is die koeël in die geval "deur die kerk"?

Re: Handwapen vir selfverdediging lisensie verval

Posted: Thu Mar 31, 2016 5:41 pm
by Eugene
Wag vir SA Jagters se hofaansoek. Dit behoort finaliteit te bring aan die probleem.

Re: Handwapen vir selfverdediging lisensie verval

Posted: Thu Mar 31, 2016 6:16 pm
by Jake1
Eugene hoe lank dink jy kan dit vat voor daar uitsluitsel is?

Re: Handwapen vir selfverdediging lisensie verval

Posted: Thu Mar 31, 2016 7:29 pm
by Hein M.
Ek dink daar is heelwat persone wat met dieselfde penarie sit - en angstig wag...

Re: Handwapen vir selfverdediging lisensie verval

Posted: Fri Apr 01, 2016 6:25 am
by Eugene
Jake, dis moeilik om te sê, seker 'n maand of 3....

Re: Handwapen vir selfverdediging lisensie verval

Posted: Fri Apr 01, 2016 6:50 am
by Chris Swart
Ek het gister 'n skrywe ontvang van NSA af, volgens hulle het die Handelaars vereniging 'n hofsaak geloods op dringende basis.
Die saak is die 5de April voor die hof, so daar kan dalk vroër 'n tydelike uitkoms wees.

Wat jou vriend betref, ek dink hy moet maar regshulp inwin. Dit is nie net 'n laat aansoek nie, sy lisensie is reeds ongeldig.
As ek moet RAAI, gaan hy dalk die pistool by 'n handelaar moet inhandig, en heel van voor af aansoek doen.

Re: Handwapen vir selfverdediging lisensie verval

Posted: Fri Apr 01, 2016 12:27 pm
by kwagga
My vrou se pistool lisensie het meer as 3 jaar terug verval.
Ek het die pistool oor die naweek "gestrip" sodat hy nutteloos is en my vrou het toe die pistool gister by SAPS ingehandig sonder enige verdere probleme of risiko.
My vrou het dit om 3 redes gedoen:
- pistool altyd in die kluis toegesluit waar dit niemand gaan help nie
- dis 'n Vektor CP1 wat nou nie juis die betroubaarste pistool is nie.
- ontslae van enige moontlike kriminele vervolging

Dis maar 'n geval van besluit wat vir jou as persoon die beste is.........

Re: Handwapen vir selfverdediging lisensie verval

Posted: Fri Apr 01, 2016 1:04 pm
by JTM
'n Handelaar mag nie 'n vuurwapen inneem waarvan die lisensie reeds verval het nie. Dit is volgens Wildman se mense hier plaaslik.

Re: Handwapen vir selfverdediging lisensie verval

Posted: Fri Apr 01, 2016 2:15 pm
by Jean Marais
kwagga wrote:My vrou se pistool lisensie het meer as 3 jaar terug verval.
Ek het die pistool oor die naweek "gestrip" sodat hy nutteloos is en my vrou het toe die pistool gister by SAPS ingehandig sonder enige verdere probleme of risiko.
My vrou het dit om 3 redes gedoen:
- pistool altyd in die kluis toegesluit waar dit niemand gaan help nie
- dis 'n Vektor CP1 wat nou nie juis die betroubaarste pistool is nie.
- ontslae van enige moontlike kriminele vervolging

Dis maar 'n geval van besluit wat vir jou as persoon die beste is.........
Ek dink dis maar wat met die ou ook gaan gebeur. 2 Jaar is reeds te lank. Dit sou 'n ander saak gewees het as dit nog binne die 90 dae geval het.

Re: Handwapen vir selfverdediging lisensie verval

Posted: Fri Apr 01, 2016 2:18 pm
by Capt. Yoda
kwagga wrote:My vrou se pistool lisensie het meer as 3 jaar terug verval.
Ek het die pistool oor die naweek "gestrip" sodat hy nutteloos is en my vrou het toe die pistool gister by SAPS ingehandig sonder enige verdere probleme of risiko.
My vrou het dit om 3 redes gedoen:
- pistool altyd in die kluis toegesluit waar dit niemand gaan help nie
- dis 'n Vektor CP1 wat nou nie juis die betroubaarste pistool is nie.
- ontslae van enige moontlike kriminele vervolging

Dis maar 'n geval van besluit wat vir jou as persoon die beste is.........

Pel van my het ook self n revelver so onskadelik gemaak en gaan in handig. Hy het jare se 11.1.11 gehad toe hulle agter kom die ding werk nie meer nie