Page 1 of 1

Lights-out met die .300Blackout!

Posted: Mon Apr 04, 2016 3:34 pm
by Geno
Manne,
Ek en Ge het so paar bokke by hom op sy plot afgehaal.
Ek het 'n rooibok voorgesit en op omtrent 65m met die .300Blackout en 208gr Amax teen 995fps geskiet.
Ge het sy rooibok bekruip en met die .17Hornet op omtrent 100m geskiet
Die blesbok het ons bekruip en het ek hom op omtrent 35m met die Blackout geskiet.

Albei my bokke was bladskote om te sien hoe die Blackout se doodmaakvermoe is met subsoniese ammo, en Gé se bok was 'n breinskoot.

208gr AMax langs .300Blk doppie.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/culling/IMG-20160404-WA0024.jpg

Gelaaide rondtes.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/culling/IMG-20160404-WA0022.jpg

My rooibok.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/culling/IMG-20160404-WA0023.jpg

My blesbok.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/culling/IMG-20160404-WA0020.jpg

Ge se rooibok.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/culling/IMG-20160404-WA0021.jpg

Skoot is amper te laag, maar die bok is morsdood op die plek.
20gr VMax teen 3650fps.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/culling/IMG-20160404-WA0019.jpg

Video van die blesbok.



Ek sal volgende graag 'n BWB wil skiet met die roertjie om te kyk of ons 'n koeel terug kan kry.
Die blesbok het kwaai vleisskade gehad omrede daar baie been getref is. Daar is ook mantelstukkies tydens die afslag gekry.

Groete

Re: Lights-out met die .300Blackout!

Posted: Mon Apr 04, 2016 4:06 pm
by LoopSoosStroop
Net 'n vragie... hoekom nie sommer 220 gr PMP of Hornady RN nie? Hulle hou dalk beter bymekaar? Goedkoop ook.

Re: Lights-out met die .300Blackout!

Posted: Mon Apr 04, 2016 4:11 pm
by Geno
Ek dink die sagter AMax is juis beter. Man soek steeds n koeel wat oopmaak.
PMP, nee dankie.

Re: Lights-out met die .300Blackout!

Posted: Mon Apr 04, 2016 4:43 pm
by sako 30-06
Awesome, klink soos n .22 maar slaan soos n hammer.

Hoe het die vleisskade gelyk?

Re: Lights-out met die .300Blackout!

Posted: Mon Apr 04, 2016 4:47 pm
by Flip Nel
Geno wrote:Ek dink die sagter AMax is juis beter. Man soek steeds n koeel wat oopmaak.
PMP, nee dankie.
Ek het lank gelede 220gr PMP gebruik in 30-06 wat subsonies was op eland, daai PMP het bitter min oopgemaak, bok het paar meter geloop gaan staan rukkie gestaan en gaan le. Sal nie weer gewone koeels gebruik nie. Selfde getry in 270 150gr PMP subsonies, op dooie bok getry, niks oopgemaak nie.

Re: Lights-out met die .300Blackout!

Posted: Mon Apr 04, 2016 4:58 pm
by LRLaubscher
Ai,

Die lyk baie lekker, en smokkel met my kop. Nou wil ek ook een hê.... :-\

Re: Lights-out met die .300Blackout!

Posted: Mon Apr 04, 2016 5:16 pm
by Gernie
Jinne maar daai gunnetjie is saffies