Page 1 of 4

JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Thu Apr 14, 2016 9:18 am
by Geno
Manne,
Ons is baie opgewonde oor die besending JLK koeëls wat oppad is. Soos sommige lede weet, is ons al amper 2 jaar besig om dit te probeer doen.
Dit behoort binne die volgende 2 maande hier te land en reg om te gaan.
Pryse kan ons nie nou al noem nie, maar ons glo dit sal baie kompeterend wees en sal eerste hier op die forum kom pryse deurgee.

Koeels wat oppad is:
.224 cal 60 gr. LD, box 100
.224 cal 60 gr LD, box 250
.224 cal 65 gr. LD, box 100
.224 cal 65 gr. LD, box 250
.224 cal 70 gr. VLD, box 100
.224 cal 70 gr. VLD, box 250
.224 cal 75 gr. HPBT VLD, box 100
.224 cal 75 gr. VLD, box 250
.224 cal 77 gr Tactical, box 100
.224 cal 77 gr Tactical, box 250
6mm 105 gr VLD, box 100
6mm 105 gr VLD, box 250
6.5mm 130 gr VLD, box 100
6.5mm 130 gr VLD, box 250
6.5mm 140 gr VLD, box 100
6.5mm 140 gr VLD, box 250
7mm 168gr. HPBT VLD, box 100
7mm 180 gr. HPBT VLD, box 100
.308 cal 155 gr. VLD Palma, box 100
.308 cal 175 gr VLD, box 100
.308 cal 180 gr Long BT VLD, box 100
.308 cal 190 gr VLD, box 100
.308 cal 210 gr Long BT VLD, box 100

Spesifikasies as volg:

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/JLK/224FBLDspecs.JPG
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/JLK/224FBLD.JPG


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/JLK/224specs.JPG
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/JLK/224Tac.JPG
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/JLK/224VLD.JPG


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/JLK/6somethingspecs.JPG
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/JLK/6somethings.JPG
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/JLK/6vld.JPG



https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/JLK/284308specs.JPG
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/JLK/284308vld.JPG



https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/JLK/308vldspecs.JPG
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/JLK/308vld.JPG

Ekself gaan die 130gr 6.5mm koele skiet, en dink dis net wat die dokter bestel het vir springbokke anderkant 500m en staal tot op 1000m.


Groete
Eugene

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Thu Apr 14, 2016 9:24 am
by Capt. Yoda
Lekker ek kan nie wag vir my pakkie 210s om te toets nie...

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Thu Apr 14, 2016 9:25 am
by Arnold
Ek sal n bietjie hierna moet kyk ... het julle klaar betaal of kry julle darem nou n effense beter Rand/Dollar koers?

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Thu Apr 14, 2016 9:26 am
by Geno
Alles reeds betaal en vervaardig. Alle permitte gereel. Dit moet nou net op die skip klim.

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Thu Apr 14, 2016 9:27 am
by henried
Geluk julle, baie sukses.

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Thu Apr 14, 2016 9:29 am
by Johan Nel
Ek sien die 168gr in 7mm behoort mooi te stabiliseer in my mausertjie! Ek hou hierdie draad met afwagting dop. Welgedaan Geno julle.

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Thu Apr 14, 2016 9:39 am
by Capt. Yoda
Die manne wat hulle nie ken nie kan maar bq gaan lees oor hulle. Die koels word nog met die hand gemaak soos in die ou dae en jy kan hulle maar gebruik om te jag ook.

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Thu Apr 14, 2016 11:28 am
by JGZ
Geno is daar bietjie inligting oor die 224 70gr VLD? Lengte en BC?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Thu Apr 14, 2016 11:34 am
by Sniper18
JGZ wrote:Geno is daar bietjie inligting oor die 224 70gr VLD? Lengte en BC?
Ek sal ook graag wil weet.

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Thu Apr 14, 2016 11:44 am
by Geno
Ek sal bietjie hoor by die vervaardiger. Dis 'n koeel wat ek nognie op QL sien nie.

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Thu Apr 14, 2016 12:18 pm
by Petrie303
Hi,

Sal graag wil weet teen watse pryse jul dit gan kan inbring..

Groete,
Petrie

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Thu Apr 14, 2016 12:26 pm
by Geno
Petrie303 wrote:Hi,

Sal graag wil weet teen watse pryse jul dit gan kan inbring..

Groete,
Petrie
Geno wrote: Pryse kan ons nie nou al noem nie, maar ons glo dit sal baie kompeterend wees en sal eerste hier op die forum kom pryse deurgee.
Ek sal julle laat weet Petrie.
Groete

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Thu Apr 14, 2016 12:58 pm
by swc-tr
+1 Mooi man!!

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Thu Apr 14, 2016 1:30 pm
by Wildjagter
Saam jul opgewonde Geno. Jammer julle kon nie van daai 108gr .257 ook inbring nie.
Sal hulle graag wou toets. Daar nie n manier hoe jul op n tyd van hulle kan kry nie?
Groete
Cobus

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Mon Apr 18, 2016 6:21 pm
by Hennie Oelofse
Thanks Geno,

Daai 180gr 7mm punte het my oog gevang... ek hou die draad mooi dop.

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Mon Apr 18, 2016 8:39 pm
by snakker
Is daai bc's wat aangehaal word akkuraat?! Indien wel is hulle beter as enige BERGER VLD Punte (best in class), klink baie belowend... Wanneer gaan ons pryse hoor asb?

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Mon Apr 18, 2016 8:53 pm
by Capt. Yoda
snakker wrote:Is daai bc's wat aangehaal word akkuraat?! Indien wel is hulle beter as enige BERGER VLD Punte (best in class), klink baie belowend... Wanneer gaan ons pryse hoor asb?
Ja die BC is getoets en is reg (as jy na die G7 bc waarde kyk sal jy sien die koels se bc is basies dieselfde, jy kan aan n JLK dink as n Berger wat met die hand gemaak is.Baie ouens glo (Bryan Litz het ook een keer op n ander forum daar na verwys)hulle gebruik dieselfde Die print vir al 2 se VLDs. As jy n 180gr VLD Berger en JLK langs mekaar sit gaan jy sukkel om die verskil te sien.Is baie goeie koels die

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Mon Apr 18, 2016 8:55 pm
by Hennie Oelofse
Ek kry nie enige info op die punte nie? Is hulle bedoel vir jag? Solids? Of mushroom hulle?

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Mon Apr 18, 2016 8:58 pm
by Capt. Yoda
Dit is tyken koels wat jy me kan jag wat net soos n Berger reageer op n bok

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Mon Apr 18, 2016 9:01 pm
by Hennie Oelofse
Oooh ok, ek sien. Ek sal bietjie gaan loer wat maak daai berger punte...

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Tue Apr 19, 2016 5:49 am
by phb
Sal ook kyk na daai 6.5's laat weet maar die pryse as hulle land!

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Tue Apr 19, 2016 7:31 am
by Geno
Wildjagter wrote:Saam jul opgewonde Geno. Jammer julle kon nie van daai 108gr .257 ook inbring nie.
Sal hulle graag wou toets. Daar nie n manier hoe jul op n tyd van hulle kan kry nie?
Groete
Cobus

Die .257's is nie op die stadium in produksie nie. Ons wou wel van hulle laat kom.

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Tue Apr 19, 2016 7:56 am
by savage(P Coetzer)
Geno het jy dalk n tabel wat die minimum twist vir elke gegewe koeel het?

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Tue Apr 19, 2016 7:59 am
by Geno
savage(P Coetzer) wrote:Geno het jy dalk n tabel wat die minimum twist vir elke gegewe koeel het?
More Pieter.
In elke prentjie by die spesifikasies is optimale twist vir die onderskeie koeëls aangedui.
As jy die lengte, twist en spoed by bv. JBM ballistics (http://www.jbmballistics.com/cgi-bin/jbmstab-5.1.cgi) gaan intik, sal jy ook 'n aanduiding van die SF met jou kombinasie kan kry.

Re: JLK Koeëls - Min dae!

Posted: Tue Apr 19, 2016 8:07 am
by savage(P Coetzer)
Dankie man. Moes net my oë oopmaak...