Page 1 of 1

Takbok

Posted: Thu May 05, 2016 11:56 am
by Brno308 jagter
Kerels ek was die afgelope naweek in die Oos-Kaap en was gelukkig gewees om die Takbok te voet te kon jag. Dit het my 3 volle dae se loop gekos en op die laaste middag van ons jag, toe kry ek die geleentheid en trek toe die stag plat. Ek het met my 25-06 Remington gejag gelaai met 53gr S385 en 117gr Sierra Game King punt in Sako Doppe teen 2910 ft/s. Wat 'n besonderse voorreg is dit nie om gesond te kan wees en te voet te kan jag nie!

Re: Takbok

Posted: Thu May 05, 2016 12:00 pm
by henried
Baie geluk.

Re: Takbok

Posted: Thu May 05, 2016 12:01 pm
by Rooster1089
Pragtige Takbok daai, baie geluk!!!

Re: Takbok

Posted: Thu May 05, 2016 12:05 pm
by JohanvanZyl
Baie mooi bok! Baie geluk. Hulle is lekker skelm. Het self die naweek 2 dae lank geloop, maar die ramme het my ontglip. Kon darrem 'n ooi kry.

Re: Takbok

Posted: Thu May 05, 2016 12:06 pm
by fanie.myburgh
Baie mooi. Ekt ook een op my lysie as ek junie maand Cradock toe gaan.

Sent from my E5823 using Tapatalk

Re: Takbok

Posted: Thu May 05, 2016 12:10 pm
by win270
Pragtige ram daardie. Jy gaan daardie vel ook geniet in jou huis. Hoeveel het hy uitgeslag?

Re: Takbok

Posted: Thu May 05, 2016 12:16 pm
by Maanboef
Netjies!!!

Re: Takbok

Posted: Thu May 05, 2016 12:24 pm
by Boersonderroer
Pragtig, waar het jy hom gekry?

From a Experia far away

Re: Takbok

Posted: Thu May 05, 2016 12:27 pm
by JuanVE
Netjies, baie mooi bok wat jy gekry het, waar in die Oos-Kaap het jy gejag?

Re: Takbok

Posted: Thu May 05, 2016 1:04 pm
by Brno308 jagter
Dankie Manne, hy het 47kg uitgeslag karkas gewig, heeldag saam sy ooie geloop en laat die middag toe los hy sy ooie en wei alleen toe kry ek die geleentheid om 'n skoot in te kry. Koedoes was ook vollop maar mag hulle slegs in Junie en Julie jag!

Re: Takbok

Posted: Thu May 05, 2016 10:06 pm
by theedge
Baie netjies en geluk

Re: Takbok

Posted: Thu May 05, 2016 10:54 pm
by Baasvark
Baie geluk!
Gaan self die jaar my eerste een in daardie wereld soek!

Re: Takbok

Posted: Fri May 06, 2016 3:10 am
by koos 2
Baie geluk aan die jagter

Re: Takbok

Posted: Fri May 06, 2016 10:30 am
by OU VOORSLAG
Baie geluk en netjies gedoen.

Re: Takbok

Posted: Mon May 09, 2016 3:30 pm
by jamalley
Baie mooi en baie geluk

Re: Takbok

Posted: Mon May 09, 2016 3:39 pm
by Joe13
Baie geluk, baie bly jy jag op voet, kan nie regtig bakkie jagters ernstig opneem nie.

Re: Takbok

Posted: Mon May 09, 2016 4:11 pm
by FHM
Joe13 wrote:Baie geluk, baie bly jy jag op voet, kan nie regtig bakkie jagters ernstig opneem nie.
Baie geluk BRNO 308 - dis wraggies n voortreflike bok daai!

Joe,
wag maar dat die artrites / ou operasie aan enkels en knie en ander ouderdoms dinge jou begin inhaal... ;)

Re: Takbok

Posted: Mon May 09, 2016 5:04 pm
by alecjohnson
Baie mooi! Ek is skoon jaloers!

Re: Takbok

Posted: Mon Aug 01, 2016 8:52 am
by Brno308 jagter
Kerels ek was die naweek by die poskantoor en was baie beindruk met Rowland Ward se diens, my Takbok is geregistreer en ekt my sertifikaat ontvang, ek loop oor van trots! Horings gemeet deur Andre van Rooyen Taxidermist in Roodepoort, Gauteng

Re: Takbok

Posted: Mon Aug 01, 2016 8:58 am
by win270
Op watter plaas by Steynsburg het jy gejag, Brno?