Page 1 of 1
Wilds tjops vir die braai
Posted: Mon May 09, 2016 4:19 pm
by Boesman10
Wie het al 'n wilds karkas laat verwerk in tjops en is daar enige spesiale marinade nodig vir die braai van die tjops?
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Mon May 09, 2016 4:48 pm
by win270
Gesels gerus met ROBBIE1 op hierdie forum of skakel direk na sy slaghuis, Die Wildshoekie.
http://www.wildshoekievleismark.co.za/wcontact.php
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Mon May 09, 2016 5:03 pm
by alecjohnson
Boesman, Ek het al Gemsbok tjops gemaak en dit het briljant geloop, my "marinade" was olyfolie en safari biltongspice. Braai medium rare.
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Mon May 09, 2016 5:11 pm
by Gawie(13mm)
Takbok loop mooi met gewone Steak en tjop speserye. 'n Dorpsjapie sou sweer dit is Karoo lam.
Gemsbok en koedoe het ek al saal-tjops gebraai soos Alec. Ingevryf met olyf olie en my gewone braai speserye tot net voor medium gaar. Saam met 'n lekker peper sousie is dit konings kos.
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Mon May 09, 2016 8:10 pm
by ruaanb
Geheim met wild chops is die medium rare gedeelte. Marinade gebruik ons wat op daai stadium beskikbaar is maar soos Gawie hom doen loop ook heel lekker.
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Mon May 09, 2016 10:26 pm
by Frikkie Coetzee
Aand ete vanaand was gemsbok t bones. Medium rare. Net met braai sout en olyf olie. Baie baie lekker.
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Tue May 10, 2016 11:52 am
by RUPERT
Springbok boud chops op die braai liggies gemarineer. Beter as skaap tjops
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Tue May 10, 2016 8:29 pm
by lalvisser2
Springbok tjops......smeer in met olie...spice na smaak.......klad met koekmeel. Druk in stadige oond vir 3 ure.
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Wed May 11, 2016 5:01 pm
by koos 2
Laas jaar na ons springbok jag het ek 3 karkasse net soo n skaap laat sny. Werklik lekker gekom. Jy kan amper enige marinade gebruik
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Wed May 11, 2016 10:31 pm
by Baasvark
Een keer springbok so tjops gesny.
Taaiste vleis wat ek nog geeet het!
Die honde het wel vet geword!
Sal dit die jaar weer probeer.
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Thu May 12, 2016 8:26 am
by BeesBreet
Boesman10 wrote:Wie het al 'n wilds karkas laat verwerk in tjops en is daar enige spesiale marinade nodig vir die braai van die tjops?
Eland rump steaks en T-bones... Hy moet rare of medium rare wees!
Bosvark tjops was nog altyd my gunstelling, maar hy werk heel lekkerste in daai ou "kerk bazaar" kerrie sosatie sous!
Takbok is ook nou bo op my lysie! (Dankie Nico)
Alle wild proe vir my altyd beter as hy vinnig gedood is en nie van jou bewus was nie, en as hy goed uitbloei en verwerk word. 'N jonger dier is ook amper n vereiste.
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Thu May 12, 2016 8:28 am
by BeesBreet
Gemsbok schnitzels ook al geeet. Weereens nie dood gaar nie, ook lekker. Was in n ou cast-iron skillet gebraai op n ou aga stoof!
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Thu May 12, 2016 3:29 pm
by koos 2
BeesBreet wrote:Gemsbok schnitzels ook al geeet. Weereens nie dood gaar nie, ook lekker. Was in n ou cast-iron skillet gebraai op n ou aga stoof!
Baie lekker, laas jaar ook dit vir die eerste keer gedoen.
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Fri Aug 26, 2016 9:19 am
by Die Herlaai Tafel
Hoe lank laat julle manne daai tjops in die marinade lê?
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Fri Aug 26, 2016 9:37 am
by ruaanb
Enige iets van 2 ure tot 2 dae maar soos jy verkies. So 2 naweke terug springbok blad chops gebraai wat net 2 ure gelê het in marinade en dit was goed gaaf. Met die wild chops pasop vir daai vliesie aan die rand waar die vetjie van 'n skaaptjoppie gewoonlik sit. Ek sny dit af as daar nie 'n vetjie op is nie want dit is daai vliesie wat jou tande kan hard laat werk.
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Fri Aug 26, 2016 10:21 am
by Viking
ruaanb,
Daai vliese is rugstringsenings wat teen die kant van die sirloin sit. Op 'n springbok en skaap sien ons dit nie so duidelik soos op die Kudu rugstring nie.
100_3659.JPG
100_3660.JPG
Medium rare....almal wat kwyl kan nou maar begin braai dis naweek!!
100_3678.JPG
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Fri Aug 26, 2016 10:33 am
by Riaan Kriel
Water my mond nou..... Nee man Viking, nie so vroeg op 'n vrydag dit al aan ons doen nie

Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Fri Aug 26, 2016 10:47 am
by Viking
Net omdat ek KAN...!!!!
Gebruik genoeg suurlemoen, olie, gemengde speserye (na eie smaak) en rooi wyn - vir die braaier natuurlik die meeste!!
100_3668.JPG
Boesman wou nie hijack nie, maar Riaan het my uitgelok!!
Feit bly of die sirloin met of sonder die been gebraai word is jou keuse - wilds tjops is net so lekker.
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Fri Aug 26, 2016 10:48 am
by ruaanb
Dirk jou yster!
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Fri Aug 26, 2016 11:42 am
by Trompie
Baasvark wrote:Een keer springbok so tjops gesny.
Taaiste vleis wat ek nog geeet het!
Die honde het wel vet geword!
Sal dit die jaar weer probeer.
Moet altyd in ag neem hoe die bok geskiet was...met voorsit jag of bakkie jag hardloop die bokke hulself gewoonlik vol adrenaline and dit affekteer die vleis. Springbokke word oor die algemeen mos maar so geskiet?
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Fri Aug 26, 2016 11:48 am
by prohunt
Trompie wrote:Baasvark wrote:Een keer springbok so tjops gesny.
Taaiste vleis wat ek nog geeet het!
Die honde het wel vet geword!
Sal dit die jaar weer probeer.
Moet altyd in ag neem hoe die bok geskiet was...met voorsit jag of bakkie jag hardloop die bokke hulself gewoonlik vol adrenaline and dit affekteer die vleis. Springbokke word oor die algemeen mos maar so geskiet?
Hang die karkasse net eers met vel aan vir ten minste 7 dae in die koelkamer dan is al die taai uit hom uit en hy verwerk ook baie lekker.
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Fri Aug 26, 2016 11:54 am
by Petrus.nel
Springbok steak op die kole. Nog lekker rooi binne. Net voor braai ingele in suurlemoen en spice. (Nie seker wat my vrou nog in het nie) 2 min op n kant met warm kole. So sag soos murg.
Tikka T3 hunter .308
Glock 17 gen3. 9mm
Mauser mod2000 .243
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Fri Aug 26, 2016 11:54 am
by Petrus.nel
[IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/2016082 ... 0a3908.jpg[/IMG]
Tikka T3 hunter .308
Glock 17 gen3. 9mm
Mauser mod2000 .243
Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Fri Aug 26, 2016 1:17 pm
by Gawie(13mm)
Trompie wrote:Baasvark wrote:Een keer springbok so tjops gesny.
Taaiste vleis wat ek nog geeet het!
Die honde het wel vet geword!
Sal dit die jaar weer probeer.
Moet altyd in ag neem hoe die bok geskiet was...met voorsit jag of bakkie jag hardloop die bokke hulself gewoonlik vol adrenaline and dit affekteer die vleis. Springbokke word oor die algemeen mos maar so geskiet?
Nee maat. Dit is net die bokke wat gekwes word en dan gejaag word, wat se vleis vol allerhande sure en goeters is. By 'n gewone voorsit springbokjag kan daai bokkies maar heeldag draf. Dit maak niks aan die vleis nie. Skiet hom nou deur die pens of boude en laat die perde of motorfiets hom jaag. Jy kan boogsnare maak met daai rugstringe.

Re: Wilds tjops vir die braai
Posted: Sun Aug 28, 2016 7:15 am
by kragvark
Beste raad! Jy gaan jou vingers afeet! Sny jou springbok chops...
Gooi hul bietjie 6 gun aan elke kant...
Kry vir jou vacuum pack sakkies.
Pak jou choppies daarin.
Gooi vol monkeygland sous.
Vacuum pack.
As jy dit gaan vries haal die pakkie so 2 dae voor jy gaan braai uit en sit hul in die yskas. Braai medium to rare!
Hierdie is i wen resep! Laat weet my wat jul dink.
[IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/2016082 ... 68f10c.jpg[/IMG]
Sent from my iPhone using Tapatalk