Page 1 of 1

Vlakvark

Posted: Thu May 19, 2016 9:38 am
by Brno308 jagter
Jagters

Ek deel graag met julle 'n foto van 'n Vlakvark wat gejag het in Buffelsdrift in distrik Ellisras teen die Limpopo river. Op die spesifieke plaas is daar menigde varke van trofee gehalte omrede die grond sag is teen die rivier en die varke se tande nie afbreek met ouderdom nie.

Ek het die vark op die blaaie geskiet met 'n 180gr Nosler Partition in my 30-06. Soos vark se kind mos maar is het hy eers so paar tree gehardloop voor ons hom gekry het waar hy morsdood was. Regter tant het 12 duim gemeet na ek hulle uitgekook het, ek gaan vir my 'n mes laat maak van daai tande.

Re: Vlakvark

Posted: Thu May 19, 2016 9:42 am
by honda2
Lekker man! Lyk soos n mooi vark daai.

Re: Vlakvark

Posted: Thu May 19, 2016 9:47 am
by Rooster1089
Baie mooi vark, geluk!!

Re: Vlakvark

Posted: Thu May 19, 2016 10:09 am
by Brno308 jagter
Dankie Kerels

Re: Vlakvark

Posted: Thu May 19, 2016 11:24 am
by toelie
Mooi ottie daai

Re: Vlakvark

Posted: Thu May 19, 2016 1:00 pm
by QWest
Dis 'n briljante vark daai

Re: Vlakvark

Posted: Thu May 19, 2016 5:52 pm
by Ashley
Mooi stel tande aan daai outjie!
Geluk!

Re: Vlakvark

Posted: Thu May 19, 2016 6:12 pm
by ruaanb
netjies!

Re: Vlakvark

Posted: Tue May 31, 2016 4:33 pm
by Vlakvark Soldaat
Tommie, jou muishond! Nou is ek lekker jaloers!

Re: Vlakvark

Posted: Tue May 31, 2016 4:48 pm
by Brno308 jagter
Louis, nie gedink ons gaan mekaar hier raakloop nie!

Dis tyd dat ons bietjie resepte uitruil vir die 25-sukses! Ek het myne gekry en geniet hom baie!

Re: Vlakvark

Posted: Tue May 31, 2016 5:05 pm
by Vlakvark Soldaat
Jong, ons kan resepte uitruil, maar myne is effens warm!

Re: Vlakvark

Posted: Tue May 31, 2016 6:06 pm
by J le Roux
Brno308, geluk met die mooi vark wat jy mer jou 30-06 geskiet het! ;)