Page 1 of 1

2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 1:50 pm
by ablm468
Hier is van die fotos waar ons in Vrede in moeilike wind gejag het.

Die Bwb was 340m en die Blesbok 320m, het met die 30-06 met 180gr Hornady interlock geskiet teen so 2550 fps. Scope was ingestel op 200m en het die dik gedeelte van die post gebruik vir die ver skote. Al die bokke het net een skoot nodig gehad, min vleisskade, die Hornady's het goed gewerk dit is die geld werd. Het agtergekom dit help as jy windop of windaf skiet as die wind so sterk waai.

[img width=560 height=420]http://i1111.photobucket.com/albums/h46 ... LmpwZw.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1111.photobucket.com/albums/h46 ... LmpwZw.jpg[/img]

Het nog ander fotos van vorige jare se jag wat ek sal plaas.

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 1:52 pm
by marno
Baie mooi gedoen!

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 2:01 pm
by Dewie
Halo oom
Mooi bokke wat oom gejag het

Dewie

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 2:06 pm
by ablm468
Hier is foto van blesbokke wat naby Bronkhorstspruit geskiet het in Mei 2011 met .223. Gewone Pmp volmantel 55gr teen 3100fps. Lekker geweertjie daai. hy gooi mooi.

[img width=360 height=480]http://i1111.photobucket.com/albums/h46 ... -00038.jpg[/img]

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 2:09 pm
by Dewie
Halo oom
Lyk asof oom hule pret gehad het
Hoeveel bokke het oom die naweek geskiet

Dewie

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 2:11 pm
by BLOK
Mooi gegooi, en darem lekker as die kinder hou waarvan pa hou.

Blok

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 2:22 pm
by Geno
Baie nice!

Groete,
Eugene

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 2:44 pm
by ablm468
Op Vrede het ek 2 bwb geskiet en 5 x blesse en by Bronkhorstspruit het ek 7x blesse geskiet.

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 2:49 pm
by Verkenner
Dag Hansman en mede forum lede.
Baie geluk met die sukses, en die laaitjie lyk amper trotser as jy. ;D
Ek hou die Hornady punte lankal dop. Jy se jy het hulle met die Interlocks geskiet, is hulle maar nie die goedkoper een nie want die Interbonds is die duurder een ? As hy dan so mooi werk vir jou sal ek ook eerder die goedkoper opsie wil gaan.

Wat n vooreg het ons om saam met ons kinders te kan leer jag!


Verkenner  

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 3:03 pm
by spekieries
Hansman

Daai plaas by Vrede lyk bekend, is dit die man met die leeus in die kampie. Mooi gegooi hoor.

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 3:11 pm
by erx
Hi Hansman, watse kaliber is die geweer in die eerste fotos?

Groete
erx

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 4:04 pm
by BLOUVALKIE
hallo oom hansman

dit lyk of oom lekker geskiet het dis mooi bokke daai.

wat is oom se seun se naam?  my naam is Jacque en ek is 10jaar oud.  het hy al 'n bok geskiet

my pa vra hoekom steek oom die wildebees in die gras weg ;D ;D ;D

lekker aand

BLOUVALKIE

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 4:06 pm
by BLOUVALKIE
oom kan in die trofee kamer net so bitjie onder oom se post vir oom se seun my bokke wys wat ek geskiet het dis onder "al my trofees sov?r"

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 9:42 pm
by erx
Hallo Blouvalkie, ek is ook 'n blouvalk maar sit in 'n canarrie cage!
Nice "trofees" wat jy al geskiet het! Veral jou laaste rooibok!

Groete
erx

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Thu Jul 07, 2011 9:49 pm
by ablm468
Blouvalkie my seun se naam is John hy is nou 7 word 8, het nog nie 'n bok geskiet nie maar kan al 'n goeie groepering met die 223 skiet. Plan is om volgende jaar rooibok of springbok te skiet. Jammer oor die Bwb die ph het die foto so geneem ek het dit eers later gesien.

Erx

Die eerste een is my Brno 30-06 ek het die geweer al in 1998 gekoop was my eerste geweer. Dit is soos 'n ou vriend jy ken al sy streke. Hy het al baie bokke laat val.

Spiekeries

Jy's reg dis Moreson ranch daai.

Verkenner

Ek moet erken die Hornadys het my verbaas het nog altyd sommer met PMP's gejag die is definitief beter, minder vleisskade, het ongelukkig nie fotos van die blaaie geneem nie maar kan jou verseker daar was min skade.

Ek is tevrede, sal hulle weer gebruik.

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Fri Jul 08, 2011 10:59 am
by BLOUVALKIE
erx wrote: Hallo Blouvalkie, ek is ook 'n blouvalk maar sit in 'n canarrie cage!
Nice "trofees" wat jy al geskiet het! Veral jou laaste rooibok!

Groete
erx
dankie oom erx ons hijack nou 'n ander oom se post ;D ;D

skuus oom hansman ;)

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Fri Jul 08, 2011 11:11 am
by erx
Blouvalkie

Jy moet maar vir my reel vir so mooi rooibok soos daai een van jou, ek het nog nooit een geskiet.

Sorry vir die Hijack Hansman ;D

Re: 2011 jagfotos Vrede

Posted: Fri Jul 08, 2011 11:41 am
by BLOUVALKIE
dis reg oom enige tyd daar is baie in die ooskaap en die pryse is nie sleg nie

groete
BLOUVALKIE