Page 1 of 1

My Rooies

Posted: Tue Jul 12, 2011 10:03 am
by Hugov
Hello almal. ek hoop dit gaan sommer baie goed.
Ek was gelukkig genoeg gewees om hierdie twee mooi ramme te klits hierdie laaste naweek.
Ons het daar naby Cumberland gaan jag,was n ongelooflike trippie gewees daar is in totaal 20 Rooies,n koedoe koei,bwb en n mooi vark gejag.

Ek het ongelukkig nie kiekies van my bwb nie. Maar hier is die rooies.
Groetnis H

[img width=560 height=373]http://i867.photobucket.com/albums/ab23 ... 034_n1.jpg[/img]


Albei is geskiet met my Brno 3006 gelaai met 180 grein Barnes TTSX. Daai koele maak dood!!!

[img width=560 height=373]http://i867.photobucket.com/albums/ab23 ... 276_n1.jpg[/img]

Re: My Rooies

Posted: Tue Jul 12, 2011 10:23 am
by PITSMIT
hugo dis mooi ramme ou mater lyk of dit n nat trippie ook was

Re: My Rooies

Posted: Tue Jul 12, 2011 11:02 am
by Monrique (SJ)
Netjies man Hugo

Groetnis

Re: My Rooies

Posted: Tue Jul 12, 2011 11:09 am
by 300Winmag
Mooi man !! Ek begin sommer weer jeuk !

Re: My Rooies

Posted: Tue Jul 12, 2011 11:28 am
by Dewie
Leker oom Hugo
Dit lyk na 'n mooi plaas

Dewie

Re: My Rooies

Posted: Tue Jul 12, 2011 11:37 am
by Hugov
Dankie Kerels.
was regtig n mooi plaas Dewie, en baie wild daarby. Daar loop n 30 duim ram op die plaas. het hom twee keer raakgeloop maar hy dra effens van n wrede "price tag"  :-X

Mr Pitsmit ons was gelukkig gewees met fantastiese weer, Daai nat vloer is maar die slagpale wat hulle afgespuit het.
Dit het wel op die laaste dag so effens toegetrek en bietjie gedrup.
Maar ek het weereens besef hoe dankbaar ons moet wees vir die pragtige land wat die liewe Here ons mee geseen het.
Groetnis H

Re: My Rooies

Posted: Tue Jul 12, 2011 12:07 pm
by PITSMIT
hugo nou praat jy mens besef nie aldag wat jy het nie ons is partymaal "gewoond"  aan veld toe gaan en skiet en jag

dis hoekom die oorsese manne so aangaan om hier te kan kom jag

voorwaar n raak aanmerking van jou daai

Re: My Rooies

Posted: Tue Jul 12, 2011 12:31 pm
by DawieKotze
Voorwwar mooi ramme - geluk!!

Hugov wrote: Maar ek het weereens besef hoe dankbaar ons moet wees vir die pragtige land wat die liewe Here ons mee geseen het.
++++1000 de!!

Re: My Rooies

Posted: Thu Jul 14, 2011 8:54 am
by BLOUVALKIE
hallo oom hugo

daai rooibokke is baie mooi myne is ook omtrent daai groote.

lekker dag

BLOUVALKIE

Re: My Rooies

Posted: Thu Jul 14, 2011 10:12 pm
by theedge
Baie mooi gedoen maat

Re: My Rooies

Posted: Thu Jul 14, 2011 10:23 pm
by .::Alwyn-U::.
Al te lekker!