Page 1 of 1
Pa se seun
Posted: Tue Jul 14, 2009 11:23 pm
by Kruger
Wens my eerste koedoe het ook so gelyk. Die mannetjie is baie trots.

Re: Pa se seun
Posted: Wed Jul 15, 2009 12:00 am
by Francois Marais
Kruger
Die Kudu is baie mooi, wonderlik vir n eerste, se die mannetjie ek se "GELUK" Goed gedoen.
Maak die foto groot, dan kan ons mooi sien.
Mooi loop
Francois
Re: Pa se seun
Posted: Wed Jul 15, 2009 2:28 pm
by tafjak
[glow=red,2,300]RAMKAT[/glow]
Ek sien hy is ook nie bang om met die groot kierie te gooi nie. Nou kan sy suster lekker tande kry op die biltong.
Groete
Taffie
Re: Pa se seun
Posted: Wed Jul 15, 2009 2:45 pm
by JACQUES BOTHA
DISSIE SOMMER NET ELKE KOEDOE IN DIE KAROO WAT SO LYK NIE AL WORD HY TUSSEN DIE NOORSE GROOT..
DIS UITHAAL EN WYS OM SO MAN PLAT TE TREK ,,EK BELOWE BAIE BOERE HET NOGGIE EENS SO GROOT MAN PLATGETREK NIE.....
BAIE BAIE GELUK GROOTMAN....DIS N DIKTRIL BUL DAAI VIR DIE OOS KAAP as dit daar was, natuurlik
Re: Pa se seun
Posted: Tue Aug 18, 2009 8:07 pm
by 222
Sy tweede bok. Hy wou die jaar 'n uitdaging h? en 'n "v?r" skoot skiet

(tot my ontsteltenis.) Het dit gelukkig gemaak, ek dink ek kan nou maar aftree

Punt: GSCustom 40grHV
Geweer: Krico 222 Rem
Lading: 17gr S265
Spoed: 3300vt/sek
Afstand: 285m (GELUKKIG het ek die GPS saamgevat anders was dit oor die 500m)

Re: Pa se seun
Posted: Wed Aug 19, 2009 7:07 am
by Freek
Kruger om een of ander rede het ek jou posting gemis. Daai laaitie het rede om trots te wees, vertel hom ek se ook baie geluk! Liewer laat as nooit. Ek self het nog nie eers so 'n kaliber bul geskiet nie...
222 Lyk my die jong manne het moed om sulke lang afstande met die ligte kalibers aan te vat. Mooi skoot op daai blesbok - baie geluk aan die klein baas. Het hy gehardloop of net daar geval na die skoot?
Re: Pa se seun
Posted: Wed Aug 19, 2009 7:48 am
by 222
Freek
Hy het so 15m gehardloop en toe neergeslaan. Het bietjie laat die jaar geskiet die bokke se kondisie is nie so goed nie. Ek was self baie verras het nie gedink die geweer gaan dit maak nie, maar hy het soveel vertroue in die 222 dat hy enige iets sal aanvat. Hy oefen nou elke week want volgende jaar wil hy: "pappa ek wil volgende jaar vir kopskote gaan"

.
Op die oomblik skiet hy meer as ek, gelukkig laai hy darem sy eie patrone (onder toesig).
Re: Pa se seun
Posted: Wed Aug 19, 2009 9:27 am
by Francois Marais
222
Mooi man, is reg, laat hulle vroeg (klein) begin.
Mooi skoot oppi blesbok, sulke skote geen n man somme tonne vertroue, niks beter as vertroue nie.
Mooi loop
Francois
Re: Pa se seun
Posted: Wed Aug 19, 2009 9:44 am
by Freek
As ons almal maar net so 'n nabye verhouding met ons roere wil behou, m.a.w ken jou roer se diepste geheime, swakpunte, sterk punte, breek punte, zero punte ens,ens,ens dan kan ons kans op sukses/ dood skote net beter raak.
Mooi dat die jong garde so van vroeg al af betrokke gemaak word by een van ons belangrikste kulturele erfinisse.

Re: Pa se seun
Posted: Wed Aug 19, 2009 6:05 pm
by 222
Almal
Hy s? ek moet vir die Oom's dankie s? en met die woorde:"ek het pappa mos ges? ek kan, onthou pappa die jakkals wat pappa verlede maand gemis het.." (SAL GLAD NIE HIEROOR UITBREI NIE DANKIE END OF STORY)
Re: Pa se seun
Posted: Thu Aug 20, 2009 8:43 am
by JACQUES BOTHA
222
Punt: GSCustom 40grHV
Geweer: Krico 222 Rem
Lading: 17gr S265
Spoed: 3300vt/sek
GEBRUIK JY DIE DRYFMIDDEL GEREELD EN OP ANDER PUNTE OOK.
Ek het so bietjie gesukkle om die 222 te laat groepe skiet wat ek wou he hy moet skiet.
Die Sako'kie met sy mikro groewe is maar puntenerig gewees aan die begin en ek het gesukkle om regte pille te kry om in sy keel af te laat gly.
Gooi bietjie data as jy 265 gebruik op die 45gr,50gr en 55greinertjies. Ek is weet lus vir speel, ekonomies speel........min kruit baie skote...lag lag lag
Re: Pa se seun
Posted: Fri Aug 21, 2009 1:07 pm
by Ambessa
Hallo 222
222 wrote:...onthou pappa die jakkals wat pappa verlede maand gemis het.." (SAL GLAD NIE HIEROOR UITBREI NIE DANKIE END OF STORY)...
Eish.
...uit die mond van die suigeling...
Ambessa
Re: Pa se seun
Posted: Fri Aug 21, 2009 8:06 pm
by 222
Am
Gelukkig kan mens hulle nog reghelp, soos my pa ges? het "mannetjie jy is nog nie te oud vir 'n pak slae nie"
Nee wat, soos Freek s? vertroue is al wat tel en die het hy baie van, as pa maar net altyd die geduld aan die dag wil l?.
Die belangrikste is dat hy met die terugry ges? het: "Het pappa gesien hoe mooi lyk dit as die bokke hardloop en het pappa gesien die gras loop uit?" Het hy iets gesien wat ek gemis het? (in my ongeduld?)
Re: Pa se seun
Posted: Fri Aug 21, 2009 9:51 pm
by Janjak
222
dis darrem lekker as die bulletjies die pad begin loop. Laat ons ook bietjie stil staan en luister.
Myne wou juis nou net weer slim raak hier oor my regter skouer.
Ek sal hom mar more op die baan self die geweer laat dra.
Re: Pa se seun
Posted: Sat Aug 22, 2009 10:30 pm
by Ambessa
Hallo 222
222 wrote:...belangrikste is dat hy met die terugry ges? het: "Het pappa gesien hoe mooi lyk dit as die bokke hardloop en het pappa gesien die gras loop uit?" Het hy iets gesien wat ek gemis het? (in my ongeduld?)
Skerp laaitie die van jou. Regte natuurliefhebber. Kyk mooi na hom.
Onthou, baie goeie waardes word dikwels geleer deur te luister na die s?goed van die jonger geslagte.
Mooi loop.
Ambessa
Re: Pa se seun
Posted: Sat Aug 22, 2009 10:36 pm
by Ambessa
Hallo Janjak
Janjak wrote:...darrem lekker as die bulletjies die pad begin loop. Laat ons ook bietjie stil staan en luister.
Mooi. Hoe anders sal hulle leer. Luister maak ook fyn na wat die laaities s?, maar dikwels baie sin...
Mooi loop saam met die mannetjie.
Ambessa