Page 1 of 1

Twee Mooi Varkies!

Posted: Tue Jul 12, 2011 10:22 pm
by Nico Harris
Ek en my broer het die twee varkies geskiet! hy het syne laasweek maandag geskiet en ek myne vanaand! die varke loop al amper n maand op skoon mielies! voer 10kg per dag per voerplek! Geno se otter loop nou al langer as n maand op dieselfde dieet...

Image

Image

Groete

Nico

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Tue Jul 12, 2011 11:23 pm
by Dewie
Halo oom Nico

Baja mooi bosvarke
GELUK

Dewie

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Wed Jul 13, 2011 4:43 am
by Gerhard
Mooi man Nico!!!

Daai is stewige varke.

Het jy die karkasse geweeg?

Hoe ver sit jy nou weg van die voer plek?

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Wed Jul 13, 2011 7:13 am
by Nico Harris
Hey Gerhard! die voerplek sit ek 55m weg! altwee die varke het net by die 40kg uitgeslag! ek sukkel die laaste tyd met die wind... as ek te naby sit ruik die goed my elke keur! ek het n spot vir die winter waar die boog kan werk... jy mut nightvision op daai boog sit dan gan ons baie maklikker regkom ;)

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Wed Jul 13, 2011 7:18 am
by Gerhard
Ek sien die manne daar in Wartburg se omgewing kap hulle ook met die geweer op so 60 meter weg van die voer plek af.

Ek sal met die boog n 30 yard  skoot skiet in die nag.

Oefen redelik baie in swak lig toestande.

Is mooi otterjasies daai Niko. Hulle gaan lekke eet. Veral as hulle vet gemaak word op daai mielies.  ;D

Jy moet bietjie foto op sit van jou vark geweer en teleskoop combo sodat di manne kan sien hoe julle dit doen.

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Wed Jul 13, 2011 11:35 pm
by Christiaan
Nico,

Dis 2 lekker otta daai. Hoelaat het hulle ingekom?

Christiaan

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Thu Jul 14, 2011 7:09 am
by Nico Harris
een het 18:40 in gekom en die tweede een het 20:30 ingekom! die geweere wat ons gebruik is n 30-06 met n ATN scope op wat n 2.5 by 40 is ek dink, dit is FDJ op die forum se gun! die ander is n 7x57 met n Yukon op van dieselfde vergroting!

groete

Nico

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Thu Jul 14, 2011 9:41 am
by Hunter xxx
Harris30-06 wrote: Ek en my broer het die twee varkies geskiet! hy het syne laasweek maandag geskiet en ek myne vanaand! die varke loop al amper n maand op skoon mielies! voer 10kg per dag per voerplek! Geno se otter loop nou al langer as n maand op dieselfde dieet...

Image

Image

Groete

Nico
Nico jong julle twee lyk dan die selfde ?
Mooi bosvark daardie.
Skiet jy met n nag scope gee bietjie meer detail op dit.

Groete
Hunter

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Thu Jul 14, 2011 10:25 am
by FDJ

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Thu Jul 14, 2011 10:34 am
by Nico Harris
Trompie sit bietjie julle vark op!

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Thu Jul 14, 2011 10:37 am
by FDJ
Hier is sy.Ek en Nico se neef het Dinsdag aand 18:40 hierdie ou groot sog gekry.

[img width=560 height=420]http://i1035.photobucket.com/albums/a43 ... willie.jpg[/img]

Sy het 46kg uitgeslag

Groete
Francois

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Thu Jul 14, 2011 12:21 pm
by Rasmus
Francois

Het na jou link gaan loer. Hoe verskil jou scope van jou neef sin watter een sal jy aanbeveel. Het jy naby fotos van die mount ens? Wys bietjie asb.

As jy weer moet koop sal jy dieselfde scope koop?

Groete

Rasmus

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Thu Jul 14, 2011 10:11 pm
by theedge
Netjies julle manne

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Thu Jul 14, 2011 10:23 pm
by .::Alwyn-U::.
Lekker nico!

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Fri Jul 15, 2011 5:31 pm
by FDJ
Hi Rasmus

My scope wat die ATN is,is bietjie groter as die yukon van my neef.Die ATN se ir illuminator is heelwat sterker as die een van die yukon wat beteken met die ATN kan ek verder in die aand sien as met die yukon.Die vergrotings van die 2 scopes is dieselfde.Ek wou oorspronklik die yukon gekoop het maar omdat die ATN met die dove tail railing uitkom het hy dadelik net so op my geweer gemount wat beteken ek het nie nodig gehad om my geweer na `n geweer smid toe te vat om `n bracket op te mount wat nodig is vir die yukon nie.
Wat lekker is van die yukon is dat hy met `n remote saamkom wat jy aan jou geweer sit en dan met die druk van een knoppie is jou scope dadelik aan en reg om te skiet.Met die ATN moet jy die scope en die illuminator afsonderlik aansit.Maar nou weer `n lekker funksie van die ATN is dat jy die illuminator se sterkte kan stel.Hy kan baie helder wees of flou.Op die een foto kan jy die + en - knoppies op die ir sien,Die Yukon sin kan jy nie stel nie.Lekker funksie as jy naby jou voer sit.
Dan is die ATN ook so R1000 goedkoper as die Yukon.Jy sal gelukkig wees met enige een maar ek  sal weer die AtN koop bloot oor die feit dat hy so maklik op my geweer mount en dit kos so R800 ekstra om die Yukon te mount by `n geweer smid.Kwaliteit en waarborg gewys is daar geen verskil tussen die 2 nie.

Hier is die foto van die mounting sisteem.Die rail kom so saam met die scope.


Image


Hier kan jy die grote sien van die scope

Image


Image


Altwee die scopes kan jy by B&H Video koop.Die ATN saam posgeld behoort nou so by die R3000 te wees

Groete Francois

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Mon Jul 18, 2011 9:08 am
by Rasmus
Dankie Francois

Sit jou oog teen die scope as mens skiet? Obviously kan mens die goed glad nie in die dag gebruik nie?

Ek kyk dalk om een op my .303 te sit, maar wil nie op haal en afhaal die heeltyd nie.

Groete

Rasmus

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Mon Jul 18, 2011 10:13 am
by FDJ
Hi Rasmus

Nee jou oog sit nie teen die scope nie.Het relief van so 4cm.Nee jy kan nie die scope in die dag gebruik nie.Jy kan wel instel in die dag mits jy nie die klappie voor afhaal nie.Hy het `n klein gat in wat moontlik maak om in die dag deur hom te kyk maar om te skiet nie verder as 50m nie.

Groete
Francois

Re: Twee Mooi Varkies!

Posted: Mon Jul 18, 2011 11:16 am
by Rasmus
Dankie Francois