Page 1 of 1

Groot Katte

Posted: Wed Jul 15, 2009 1:58 am
by Francois Marais
Hi Almal

So n paar katte wat ek met jagters oor die afgelope twee jaar geskiet het.

Image

Groot wyfie, uit n blind geskiet by n aas.

Image

Ook n groot wyfie, haar het ek met n foxpro geroep laat middag, met sononder.

Image

Groot mannetjie, met honde vanaf n aas gejaag, het 3 en n half uur met die honde op die grond bakklei, wou nie boom klim nie. Twee honde redelik seergemaak.

Image

Hierdie is ook n groot mannejie, het een van my spoorsnyers gevang, gelukkig was ek naby en gou by, hom het ons ook met honde gejaag vanaf n aas. Toe hy ons gewaar het hy een van die honde uit die pad gehardloop om by ons te kom, oppad na ons toe het die klient en n PH hom raak geskiet maar nie dood nie, toe spring hy tussen ons deur en gryp die spoorsnyer, ek was naby en het hom geskiet terwyl die spoorsnyer nog met hom stoei.

Mooi loop

Francois

Re: Groot Katte

Posted: Wed Jul 15, 2009 12:32 pm
by tafjak
Francois

Wat weeg die katte?

Taffie

Re: Groot Katte

Posted: Wed Jul 15, 2009 1:16 pm
by Francois Marais
Taffie

Die wyfies is so tussen 40-50 kg en die mannetjies gaan so 65-75 kg, groot manne weeg tot so 90 kg, maar hulle is maaar skaars.

Mooi loop

Francois

Re: Groot Katte

Posted: Wed Jul 15, 2009 1:47 pm
by tafjak
Francois

Dankie.

Taffie

Re: Groot Katte

Posted: Wed Jul 15, 2009 2:48 pm
by JACQUES BOTHA
taffie
Daar in nam maak party van die ph's  daai katte met die kaal hand dood...
vra vir FM .
hoeveel het daai jong kat geweeg wat die PH met die kaal hande dood baklei het  FM???????

greetings

Re: Groot Katte

Posted: Wed Jul 15, 2009 5:05 pm
by Francois Marais
J

Het jou n mail gestuur

Mooi loop

Francois

Re: Groot Katte

Posted: Wed Jul 28, 2010 3:06 pm
by hagar
As my skip inkom, sal ek daar by jou bietjie kom luiperd roep met n fluitjie!

Re: Groot Katte

Posted: Wed Jul 28, 2010 8:59 pm
by Francois Marais
Hagar

Jy is baie welkom, met die wat ons nu nie meer honde mag gebruik nie gaan hulle BAIE word, die beesboere gaan my l;ater betaal om hulle te skiet.

Mooi loop
Francois

Re: Groot Katte

Posted: Wed Jul 28, 2010 9:34 pm
by Piet Breedt
Francois, lyk my jy kry hulle almal daar om dieselfde koppie.

Re: Groot Katte

Posted: Thu Jul 29, 2010 1:08 am
by Francois Marais
Piet
lyk my jy kry hulle almal daar om dieselfde koppie.
;D ;D

Nee, nie regtig nie, drie verskillende plase in die Khomas Hoogland, en dan kies ek maar n mooi klip vir die fotos.

Mooi loop
Francois

Re: Groot Katte

Posted: Thu Jul 29, 2010 8:02 am
by Gerhard
Daai laaste kat wat op jou spoor snyer geklim het....

Het die klient probeer skiet met 'n scope op die geweer toe die kat in kom?

Wie se honde was dit gewees en wat se honde was dit?

Ek het so ruk terug met blue ticks die bosvarke bietjie rond gejaag...  ;)

Re: Groot Katte

Posted: Thu Jul 29, 2010 10:46 am
by Francois Marais
Gerhard

Man ja, die man het scope opgehad, gewoonlik klim hulle mos boom, ma hierdie man wou nie, honde was Bluetick, Redtick kruisings. Kom uit die ooskaap as ek dit nie mis het nie.

Mooi loop
Francois

Re: Groot Katte

Posted: Fri Jul 30, 2010 6:40 am
by frinam
Baie mooi foto's Francois, jy is sommer 'n tiervanger van formaat!!! Voorspoed met die oesery oor die volgende tyd, laat maar weet hoe dit gaan. Frikkie