2011 Op geelhout Safari's - Pa se dogter en vrou maak trots
Posted: Wed Jul 13, 2011 6:54 pm
Ja die groot naweek het aan gebreek.
Dit was tyd dat my dogter (9jaar oud) haar eerste bok plat trek.
My groot vriend Wouter Roets het dit goed gedink dat ek en Nats saam alleen in die veld ingaan om die spesiale geleendheid te deel. Geen gids of iemand net ons 2.
Hy het vir ons sy plaas beskikbaar gestel, en ook vir Nats haar eertse bok geskenk.
Baas Wout my groote ou vriend. Ek dank God dat hy vir my en jou in vriendskaps band gestel het. Ons deel 2 passies wat hoogste dele in ons lewens tel, ons gesin en jag/gewere.
Dankie vir die besonderse fantastiese naweek wat ons saam met jou en jou amasing gesin kon deel. Julle is sout van die aarde en 'n vriendskap tussen ons, ons vrouens en kinders is gesme? wat vir ewig sterk sal staan.
Dankie ook aan Janus en sy vrou vir die tydjie wat hulle daar was en lekker saam gekuier het.
Oom Koos baie dankie vir jou ook wat die naweek met ons gedeel het en al die stories wat ons kon uitruil.
Manne hier gaan hy.
Die veld was reig en ek en sussa het besluit ons gaan 'n draai ry net om te kyk hoe die veld lyk en wat die wind maak, die plan was om toe maar te gaan voorsit omdat so reig is, maar nie voor ons eers bietjie probeer stap en kyk het nie.
Ons het toe by water/lek gat gaan sit later nadat ons deur die veld gestap het die voertuig was so 500meter weg gelos en ons het so detour deur die veld gevat.
So 20 minute teen die sinkdam se wal gesit en rooibok ooi kom in. Sy weet nie van ons nie, die skadu bedek ons goed.Die probleem is elke keer as sy tot stilstand kom dan staan sy agter 'n bos en daar is geen skoot nie. So hou sy vir ons 'n uur lank op aandag en toe skielik kom daar 'n warrel in die wind en sy ruik ons, weg hol sy toe.
Sus is redelik omgekrap maar sy het baie goeie geduld aan die dag gel?. Ons besluit toe om die voertuig te gaan gaal en koppie koffie te gaan nuttig en dalk na minder reig area te gaan. Net by die voertuig aan gekom en oor die skouer geloer daar staan troppie rooibokke, ek s? toe nee wat die koffie moet wag kom ons gaan kyk of ons hulle kan bekruip. Ons bekruip hulle toe tot so 160meter, maar ek was nie heel oplettend nie en mis die blouwilde beeste wat in die veld regs van ons staan. Toe hulle weg vlieg weet ek nie wie het groter geskrik ons of hulle nie, noodloos om te s? die rooibokke kry toe ook 'n skrik en is met blits daar weg. Ons hou die rigting dop waarin hulle beweeg en ek maak 'n berekende besluit om net in die pad te kom en effens aan te stap, dit tel toe absoluut in ons guns, want kort voor lank sien ons die eerste ram daar voor oor die pad beweeg. Ons stap toe vinnig nader om bietjie afstand op te maak. Die wind was mooi in ons guns en get bietjie sterker gewaai so die voetstappe se klank was ook redelik gedemp.
Ek maak toe die Harris bipod se pote oop en Natalese gaan sit plat op haar agterstewe. Sy steun haarslef toe effens deur met haar rug teen my bene te gaan sit. Sy haal toe die K98 aksie van die 243 oor en druk een van die Hornady Interbond 85gr rondtes in die kamer oor. Ek gebruik my Leupold RX 600 Rangefinder en die afstand meet toe 218meter. Ek vra haar of sy reg voel want dit is ver, en ek weet in my agter kop ons het net geoefen tot op 100meter. Sy s? toe dat sy reg is en voel sy kan maar skiet. Daar stap toe nog 2 knyp koppe oor en ek s? vir haar "AS Hulle stil staan en jy het die skoot kan jy maar gooi" Ek fluit 'n eerste keer, maar die twee hou net aan stap. Ek fluit toe effens harder en toe gaan staan hulle en kyk in ons rigting. Sy vra toe, "Pa, kan ek maar skiet?" en ek antwoord "Ja my kind" en net daar loop die skoot. Aan die ander kant hoor ek hoe klap die skoot kliphard en ek weet dit is 'n 'Solid shot" my hart klop in my keel my bors is breed en sy kyk vir my en s? "Pa hy is daar, ek het hom" Die twee Knypkop ramme vlieg dar weg beweeg regs oor die pad en toe paar sekondes later beweeg net eeen weer links oor en ek weet daai ram l? net daar iewers.
Ons stap nader en ek wys vir haar hoe mens 'n merker moet h? waar die bok omtrent was, ook kry sy kans om die bloed op die grond te sien en sommer vinnig tel sy op hoe om die spoor te volg en daar l? hy.
Ek het nog net 2 keer in my lewe so trots gevoel. Die Dag toe sy gebore is, die dag toe sy op 6jarige ouderdom Springbok klere vir Karate gekry het en nou met die eerste bok. Dit was amazing.
Die skoot het presies op die knoppe getref, effen laer as wat mens kan s? is perfek, maar dit was my fout want met die opgewondenheid het ek vergeet om vir haar te s? om klein bietjie ho?r te mik. Maar nogtans in my o? perfekte skoot.
Pa en dogetr Natalese
[img width=560 height=373]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ok/011.jpg[/img]
Oom Wout by
[img width=560 height=373]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... /017-1.jpg[/img]
Sus word gedoop
[img width=560 height=373]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ok/020.jpg[/img]
Nou is sy deel van die jagters geledere
[img width=560 height=373]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ok/021.jpg[/img]
mamma het toe ook nie teleur gestel nie. Sy het 'n pragtige vet blesbok ooi geskiet.Sy het quarter toward gestaan na links Sy het ook met die 243 Win geskiet
[img width=560 height=373]http://i969.photobucket.com/albums/ae17 ... ok/115.jpg[/img]