Page 1 of 1
Mooi Bul
Posted: Mon Aug 08, 2016 10:30 am
by Kubus
Die seisoen raak darem beter.
My derde een vir die seisoen, en hulle raak elke keer bietjie groter.
Nog twee jagte oor, so ek hoop daar kom nog iets groter.
Die een darem 44" horings, alhoewel ek dit langer geskat het.
Re: Mooi Bul
Posted: Mon Aug 08, 2016 10:37 am
by Edu
Baie baie geluk!
Re: Mooi Bul
Posted: Mon Aug 08, 2016 10:41 am
by J le Roux
Daai wye horings is vir my baie mooi.
Re: Mooi Bul
Posted: Mon Aug 08, 2016 10:58 am
by Basjan123
Baie geluk mooi bul daai ......het jy hom dalk geweeg? Ek sien dit is maar nog droog daar ook
Re: Mooi Bul
Posted: Mon Aug 08, 2016 11:20 am
by Frederik
Horings vertoon mooi lengte is nie altyd wat saak maak nie.
Re: Mooi Bul
Posted: Mon Aug 08, 2016 11:59 am
by honda2
Baie mooi koedoe - geluk!
Re: Mooi Bul
Posted: Mon Aug 08, 2016 12:01 pm
by win270
Mooi bul! Baie geluk. Vertel gerus ook van die jag self. Kaliber, afstand, ens.
Re: Mooi Bul
Posted: Mon Aug 08, 2016 8:47 pm
by Kubus
Win 270, dit was n voorsitjag.
Soos my gewoonte is range ek die verskillende moontlike skietafstande op so n skietplek.
Die bos is vreeslik ruig en net plek plek oop kolle.
Sit seker so uur en half en die bul draf reg weg van my af en ek weet ek het nie n kans nie, en verkyk my maar na die horings deur die scope.
Tot my verbasing net voor hy oor die rant verdwyn, moes hy vir iets geskrik het en besluit hy om om te draai reg terug na my toe.
Toe weet ek die eerste oop kol in die bos is my kans.
.30-06 praat, en weg is die bul. Vir die volgende 20 minute beweeg geen bos in sy omgewing nie, en ek kan hom nie sien nie.
Nou gaan ek maar nader, seker maar mis, of bloedspoor loop.
Bos bitter ruig, en al kruipende tot waar ek op hom geskiet het.
Kry hom seker so 10 meter vanwaar ek geskiet het.
Sy asem is uit!!!
165 meter met Sierra 165gr spritzer bow tail.
Dit is droog ja, maar het hom laat uitsleep tot in n oopte vir foto.
Moet bieg, skoot was gemik vir reg voor in bors, maar is op linkerblad in.
Alles het net te vining gebeur.
Re: Mooi Bul
Posted: Wed Aug 10, 2016 7:56 am
by win270
Jy kan steeds trots wees, Kubus. Dis 'n lekker gevoel as jy eers twyfel oor jou skoot en dan tog op hom afkom. Hy het besonderse wye horings.
Re: Mooi Bul
Posted: Wed Aug 10, 2016 8:54 am
by Flip Nel
Baie Geluk, mooi bul
Re: Mooi Bul
Posted: Wed Aug 10, 2016 9:12 am
by JohanvanZyl
Baie geluk! Daai wye horings is regtig mooi
Re: Mooi Bul
Posted: Sat Aug 13, 2016 3:57 pm
by theedge
Baie geluk maat mooi bul