Page 1 of 1
Tre-Spade Takaje Vacuum Sealer
Posted: Mon Aug 08, 2016 1:55 pm
by hennief
Middag
Ek wil graag 'n vacuum sealer koop. Die masjiene met die chambers is maar bietjie aan die duur kant, so ek oorweeg iets soos die Lava. So het ek op die Tre-Spade Takaje afgekom. Dit lyk asof die specs goed vergelyk met die Lava en die sakkies lyk my is ook goedkoper.
Takaje Deluxe Vacuum Pack Machine.jpg
Specifications
Weight: 3,5kgs
Power: 220 – 240V – 50Hz
Dimensions: 365 x 185 x 110mm
Sealing Rod Length: 330mm
Absorption: 200 w
Max Depression: 800 mbar
Pump Suction: 16 L/MIN
Takaje Vacuum Pack Price R5 575,00 EX VAT
Vacuum Bags – Embossed – 15 x 25cm (pack of 50) R71,25 EX VAT
Vacuum Bags – Embossed – 20 x 30cm (pack of 50) R110,00 EX VAT
Vacuum Bags – Embossed – 25 x 35cm (pack of 50) R158,75 EX VAT
Besit enige van julle die masjien en wat is die terugvoer? Of is daar alternatiewe waarna ek kan kyk?
Groetnis
Hennie
Re: Tre-Spade Takaje Vacuum Sealer
Posted: Mon Aug 08, 2016 5:26 pm
by henning
Ek het n tre-spade vleis meul en wors stopper en hulle produkte is goed maar duur.
Ek soek ook n vacuum pack masjien en hou hierdie draad dop.
Groete
Henning
Re: Tre-Spade Takaje Vacuum Sealer
Posted: Mon Aug 08, 2016 5:35 pm
by PWV
Ek ook.
Re: Tre-Spade Takaje Vacuum Sealer
Posted: Mon Aug 08, 2016 6:02 pm
by henning
Hennief, hoop nie jy gee om dat ek jou draad so bietjie hi-jack.
Ek het n vriend wat verf maak vir n bestaan. Hy het n vleis meul gekoop om die verf bolle soos in die rou produk te maal sodat dit beter oplos in sy mengsel. Dit het toe nie reg gewerk nie so toe verkoop hy die vleis meul aan my vir R1000.
Die meul kos nou by die R7000. Gelukkig besef hy nie die waarde van die meul nie. Dit het net heelwat tyd gevat om die verf goed van die lemme af te kry.
Groete
Hennig
Re: Tre-Spade Takaje Vacuum Sealer
Posted: Mon Aug 08, 2016 6:19 pm
by Bierseun
Waar koop jy hom Hennie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Tre-Spade Takaje Vacuum Sealer
Posted: Tue Aug 09, 2016 1:03 pm
by Citfield
Hennie.
Hoor bietjie by Safari Vac in die moot in Pta. Hulle was so rukkie terug besig met 'n klein tabel model chamber model. Wat nogals interesant is van die masjien is dat hy n ding buite het om n hele karkas te vacuum pak.
Hulle het hierdie masjiene gebou vir die ou weermag.
Regards/Groete,
Allen
Re: Tre-Spade Takaje Vacuum Sealer
Posted: Tue Aug 09, 2016 7:51 pm
by Jaco Swart
Naand
Ek het vir my n groot vacuum masjien gekoop so my Lava masjien wat min gebruik is , is in die mark
Ek soek R 3500 vir hom
Julle kan my kontak indien julle belangstel
Groete
Jaco
071 4900 168
Re: Tre-Spade Takaje Vacuum Sealer
Posted: Wed Aug 10, 2016 4:42 am
by hennief
Jaco, gee my asb opsie op daai masjien.
Bel jou gedurende die oggend.
Hennie
Re: Tre-Spade Takaje Vacuum Sealer
Posted: Wed Aug 10, 2016 7:49 am
by hennief
Ek het so twee jaar terug my Tre Spade meul by Voyabex in Kraaifontein Industrial gekoop. Hulle was op daai stadium by vêr die goedkoopste. Een keer gehuil en nog nooit terug gekyk nie, seker een van die beste beleggings wat ek al ooit gemaak het.
Henning, ek dink daai vriend van jou sal dalk bietjie vies wees as hy weet wat daai goed nou nuut kos.
No 22 meul kos blykbaar nou in die omgewing van R16,000. Ek het myne twee jaar terug gekoop vir rondom R10,000.
Re: Tre-Spade Takaje Vacuum Sealer
Posted: Wed Aug 10, 2016 11:08 am
by Jaco Swart
Die Lava masjien is verkoop