Page 1 of 1

Geleentheids lisensie beperkings

Posted: Sun Aug 14, 2016 12:13 pm
by finch
Ek het aanvanklik geleentheids jag of sportskiet lisensies vir al 3 my vuurwapens gekry n hele paar jaar gelede. Nou wil ek om my kluis se laaste gatjie vol te maak n haelgeweer koop.

Is die beperking op geleentheids lisensies steeds 4 vuurwapens of het die wet al verander van 2010 toe ek laas deur die proses gegaan het?

Plus is n motiveerings brief, lidmaatskap by sa jagters en n paar uitnodigings van boere steeds voldoende vir n geleentheids lisensie?

Byvoorbaat dank vir enige raad.

Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk

Re: Geleentheids lisensie beperkings

Posted: Sun Aug 14, 2016 12:27 pm
by tripodmvr
Beperking is nog steeds 4 vuurwapens. Enigiets wat jagverwant is kan as stawing van jou aansoek gebruik word.