Page 1 of 2

Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Mon Jul 18, 2011 5:18 pm
by Ponkie
Manne

Ons was bietjie Namibie toe genooi vir 'n jag. Dit was hemels, die wild is vet en mak en alles was net 'n plesier! Hier is so paar fotos vir diegene wat dit nog nie op facebook gesien het nie. Ons het al die wild met my Pa se p14 30-06 gelaai met 168gr PMP geskiet. Skote was alles breinskote, behalwe die eland. Afstande was nie so ver as wat ek verwag het nie, was nooit verder as 250m nie.
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C04225.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C04197.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C04191.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C04188.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C04177.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... 041622.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C04159.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C04154.jpg[/img]
3 Bulle binne 45min. [img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C04204.jpg[/img]
en die baas van die plaas...[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... C04193.jpg[/img]

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Mon Jul 18, 2011 5:28 pm
by .::Alwyn-U::.
Lyk bitter lekker ponkie! Mooi gegooi

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Mon Jul 18, 2011 5:30 pm
by Ponkie
Alwyn

Sien jy sit ook op die forum, verlang seker ook huistoe! Ons het klomp club-kuiers in die volgende 2 weke! Hoop ek sien jou in die King-fisher!

Groetnis

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Mon Jul 18, 2011 5:35 pm
by Dawid
Ponkie

Smaak my julle het regtig goed gedoen daar. Baie geluk.

Ek self wil nog in Suidwes loop jag maar my beurt sal kom.

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Mon Jul 18, 2011 6:19 pm
by MEERKAT
Hallo Ponkie

In watter deel van Suidwes het julle gejag? Sien die veld is baie mooi , die manne sukkel seker maar bietjie om die swart strepe in die hande te kry.

Mooi loop
MEERKAT

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Mon Jul 18, 2011 6:25 pm
by .::Alwyn-U::.
Ponkie wrote: Alwyn

Sien jy sit ook op die forum, verlang seker ook huistoe! Ons het klomp club-kuiers in die volgende 2 weke! Hoop ek sien jou in die King-fisher!

Groetnis
Ek sal eers volgende week draai kom maak! 1ste week is maar ook rof hier oorkant die tennisbane..  ja jong ek verlang na my gewere!

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Mon Jul 18, 2011 6:32 pm
by Jagtersdok
Dit lyk hemels

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Mon Jul 18, 2011 6:54 pm
by DSBW
Ponki

Ek is baie bly julle het Suidwes gasvryheid en jag geniet. Hierdie is die land van melk en heuning ou maat, ek laat nie 'n dag verby gaan sonder om Dankie te s? vir die feit dat ek hier kan bly nie.

As ek so na die fotos kyk, veral die melkbosse, dan was dit ?rens in die Suide gewees?

Groete

Dawie

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Mon Jul 18, 2011 6:57 pm
by Ponkie
Oom Wallie

Hulle noem die gedeelte waar ons gejag het, Namibie se swart rante. Dis so 50km oos van Helmeringhausen. Ons het van Keetmans af Berseba toe gery en daarvandaan so 100km in 'n Noorwestelike rigting.

Die veld was besonders goed. Die Oom se dis een van die beter plase in die swart rante en dit kon ek met my eie oge sien. Dit was nie net Brag nie, dis werklik so. Ek spaar solank my sente om volgende jaar weer te gaan jag.

Groetnis
Ponkie

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Tue Jul 19, 2011 12:08 am
by Francois Marais
Ponkie

Bly julle het onse ou wereld geniet, ja, elke man se plaas is maar die beste plaas, hoe kan dit dan nou anders.... ;D ;D

Mooi loop
Francois

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Tue Jul 19, 2011 6:59 am
by Hugov
Baie mooi!!
Dit moet darem die "ultimate" trippie daai wees. Kan nie wag om eendag Nam toe te gaan nie.
Groetnis H

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Tue Jul 19, 2011 7:44 am
by BLOK
Aitsa!!

Man dit lyk vir my julle het omtrent n lekker jag gehad. Ek kry nou sommer lus vir so groot jag trippie. Het hierdie jaar nog nie self n groot trip gehad nie en ek glo nie ek gaan daarby uitkom nie.

Mooi gegooi manne.

Blok

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Tue Jul 19, 2011 1:42 pm
by Lourens
Mooi so Ponkie en vrinne, dit lyk voorwaar of julle 'n fees gehad het! Ek het 2006 laas in Namibie gejag en my hart huil om dringend terug te gaan!! Soos Danie se dis die land van melk en heuning daai!!

Groete,
Lourens

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Wed Jul 20, 2011 10:15 pm
by Tiny
Hoe verlang ek nou sommer na daai tannie se mieliepap en vleis vir ontbyt.. En daai 88 cruiser.. En daai laaste groot bul, Pokie.. Joh.. Ek sal more terug gaan as ek kan.. Dit was regtig 'n belewenis..

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Sun Jul 24, 2011 8:50 am
by PITSMIT
polla lyk soos n fees wat julle gehad het daaikant.  my suidwes beurt sal nog kom eendag

mooi gegooi almal

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Sun Jul 24, 2011 11:55 am
by Ponkie
Oom Jackie

Ja dit was voorwaar 'n fees! Ek het nog altyd 'n sagte plek vir die land en sy natuur gehad, maar nou is dit net sterker! Daar word net 2 weke in 'n jaar op die plaas van 8000ha gejag. Die ou Oom is afgetree en verhuur die grond, maar die jagregte is uitgehou. Ek en Tiny het maar vir ons 'n ekstra spaarrekening oopgemaak, sodat ons kan geld by mekaar maak vir 2012. Ons kom beslis weer, net vir bietjie langer hierdie keer!

Groetnis
Ponkie

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Sun Jul 24, 2011 1:42 pm
by Dewie
Hallo oom

Lyk asof oom hule besig was
Mooi bokke

Dewie

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Sun Jul 24, 2011 4:18 pm
by Ponkie
Dewie wrote: Hallo oom
Lyk asof oom hule besig was
Mooi bokke

Dewie
Dewie nee jong ek is sommer nog lank nie 'n Oom nie! Ek is nog lank van vrou vat af! ;D

Groetnis
Ponkie

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Sun Jul 24, 2011 6:10 pm
by .::Alwyn-U::.
Nee man OOM PONKIE, moenie so praat nie ;D

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Mon Jul 25, 2011 6:25 am
by Piet Breedt
Oom Ponkie, volgende week is my beurt daar naby Otjiwarongo. Ek hoop ons jag gaan ook so suksesvol soos julle sin wees. Mooi geskiet.

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Mon Jul 25, 2011 11:25 am
by Ponkie
Oom Piet

Nee man, los nou die OOM storie...! haha!

Die skote in NAM is glad nie so ver soos wat ek verwag het nie, die wild is mak. Vir 'n man van Oom se kaliber is dit voltalle heeldag lank. ;D

Groetnis
Ponkie

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Tue Aug 09, 2011 2:35 pm
by BLOUVALKIE
hallo oom Ponkie

daai kudus is pragtig

eland het 'n mooi lyf

daai gemsbok het lang horings

groete
BLOUVALKIE

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Wed Aug 10, 2011 10:28 am
by Ponkie
Blouvalkie

Dankie man, maar ASB, los die Oom storie! Ek en jou Pa het mos nou al hieroor gepraat...! Haha!

Daai Eland se T-bones loop mooi mooi saam so Jimmy-sousie!

Groetnis
Ponkie

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Thu Oct 06, 2011 4:12 pm
by BLOUVALKIE
oom ponkie

ons het jimmy-sous geeet maar een keer toe ons dit oop maak is dit net soos water


nou eet ons net knorr spare rib

groete
Jacque

Re: Suidwes-jag... BESLIS weer!!

Posted: Thu Oct 06, 2011 7:23 pm
by Christo J
Baie geluk oom Ponkie en vrinne, voorwaar n puik paar bokke! Hoe werk die vleis terugbring SA toe, het julle probleme gehad?