My eerste Eland Bul
Posted: Tue Sep 06, 2016 1:25 pm
Goeie dag.
Graag deel ek met julle hierdie groot droom van my wat uiteindelik waargeword het op Saterdag oggend 27 Augustus.
Na 4 jaar, menige jagte en baie kilometers se hardestap en werk het die bul uiteindelik oor my pad gekom. Ons is n lekker jaggroep wat al jare lank saam jag en van die lede is al ouer en ander jonger, van die manne meer gesout en ander meer beginner jagters.
Elke jaar, elke jag op elke plaas waar ons gekom het kon ek net nooit n geleentheid kry nie. Soms was die Elande maar net te min vir die groote van die plase en kon ons nooit eers een sien nie. Ander kere was hulle maar net eenvoudig te skelm of wild as gevolg van baie faktore, dan sien ons hulle net vinnig deur baie digte bosse op afstande wat geen normale jagter ooit sal oorgeeg om n skoot eers te probeer nie.
Ek het ontsettend baie geleenthede op ander wild spesies gekry maar elke keer dit eerder vir een van die groentjies aangebied en hulle gehelp en geleer wanneer en waar en watter dier om te skiet.
Ek het soms maar lee hande huistoe gegaan.
Die keer was al die omstandighede en geluk perfek en was die jag ontsettend maklik, so maklik dat dit soos n droom gevoel het.... als net te goed om waar te wees.
Ons het die bul in n trop gewaar en hy was maar ook eers vir n oomblik lekker moedswillig, en het net in die digte bosse op n afstand agter die koeie en kalwers bly wegkruip en nooit n skoot gebied nie. Ewe skielik wil hy ook seker maar kom kyk wat al die ander Elande sien en druk hy sy kop en nek deur n bos en die kruis van my 375 Ruger is perfek tussen sy oee. Ek wou graag probeer vir n hartskoot maar het besluit dat ek nie kon nee se vir die skoot nie, dalk sou dit die enigste skoot wees wat ek kon kry en het toemaar besluit om die sneller saggies tedruk. Nodeloos gese het die 200gr Frontier patroon reg voor die kop getref en die bul het net daar platgeval.
Die stof het gaan le en die ander Elande het verdwyn, toe begin ek besef wat sopas gebeur het en die opgewondenheid oorweldig my omtrent. Met die nader stap na die bul het ek eers gesien hoe mooi die bul toe eintlik was. Ek weet dis nie die grootste bul wat al ooit geskiet is nie maar dit was my eerste en enigste Eland wat ek tot dusver geskiet het en ek was vreeslik trots.
Skietafstand 96meter.
Kaliber 375Ruger.
Patroon 200gr Frontier Spartan HPBT.
Lading 75.5gr S355.
Skoon karkas gewig na als uit en af was 385kg.
http://i1266.photobucket.com/albums/jj533/Hingsding1/Eland%20bul%202016_zpsjoujjsvo.jpg
http://i1266.photobucket.com/albums/jj533/Hingsding1/IMG-20160829-WA0001_zpsar1z40ra.jpg