Page 1 of 1
My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Tue Sep 06, 2016 8:41 pm
by Nico de Jager
Jis manne my klong het hierdie bokke op Wolzefrieden by Stefan Fourie 70km noordoos van Mariental geskiet.
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Tue Sep 06, 2016 9:02 pm
by ruaanb
Lyk vir my pa het nie kans gekry nie geluk aan die jong man!
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Tue Sep 06, 2016 9:13 pm
by DawieKotze
Mastag - maar dis netjies! Kyk na daai bok 2de van links - waar gaan jy in SA sulke bokke kry? En as jy hulle gaan kry, kos hulle seker 'n plaas se geld!!
Nico - het julle daai bok geweeg?
Geluk aan die jongman!
Groetnis.
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Tue Sep 06, 2016 10:01 pm
by theedge
Baie netjies maat - trotse man daai
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Tue Sep 06, 2016 11:40 pm
by dehacked
Mooi man.
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Wed Sep 07, 2016 6:31 am
by toelie
Lekker man
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Wed Sep 07, 2016 7:50 am
by Dolf014
Baie geluk aan die jong man.
Let op na die tegniek hoe die bokke se bene oor die boonste pyp van die tralies gehak word. Daar is nie skerp hakke aan die tralies nie. n Tegniek wat mens min sien.
Groete.
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Wed Sep 07, 2016 7:57 am
by Boesman10
Sjoe dit is lekker ondervinding vir 'n jong man.
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Wed Sep 07, 2016 8:16 am
by Chevvy SS
Netjies jongman! Stem saam, daai 2de bok van links is 'n meneer.
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Wed Sep 07, 2016 8:43 am
by Flip Nel
Baie Geluk, mooi geskiet
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Wed Sep 07, 2016 9:51 am
by honda2
Baie geluk - jy skiet mooi reguit!
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Wed Sep 07, 2016 10:29 am
by Carl
Geluk met jou seun Nico. Dis goed geskiet, en ja daai 2de ram is 'n Bul
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Wed Sep 07, 2016 10:45 am
by Plaashaas
Baie geluk jongman.
No2 is n monster
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Wed Sep 07, 2016 12:26 pm
by Stefan Fourie
Dit was pret gewees, nogmaals baie geluk. Met 'n 25-06 in winderige toestande wil dit gedoen wees.
Menige gesoute jagter kan by hierdie jongman leer springbok skiet, as die bokke gaan staan is dit net enkele sekondes voor die skoot klap.
Hy het bad luck met die vlakvarke gehad, een grote bied geen skoot en by die ander twee het hy 'n takkie raakgeskiet. Daai rekening sal ons volgende jaar met mening moet open, hou hierdie spasie dop!!
Bokke is nie geweeg nie.
Groete
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Wed Sep 07, 2016 1:23 pm
by Gernie
Dolf014 wrote:Baie geluk aan die jong man.
Let op na die tegniek hoe die bokke se bene oor die boonste pyp van die tralies gehak word. Daar is nie skerp hakke aan die tralies nie. n Tegniek wat mens min sien.
Groete.
Ja dit is, ken hom ook so.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: My laaitie se eerste Namibie jag.
Posted: Thu Sep 08, 2016 8:23 pm
by Nico de Jager
Jis manne, baie dankie. Ja nee ek het nie n skoot geskiet nie. Maar klein Nico het n lekker jag gehad.
Ja bok nr 2 is n mooi bok. Stefan hulle se plaas bestaan uit duine en dan die hardeveld. Die bokke wat op die hardeveld loop is baie groter as die duine-bokke. Maar dit grens aan die onmoontlike om daar n kans op n bok te kry. Te ruig en amper onmoontlik om te ry. Ons het nr 2 ook in die duine geskiet maar ek dink hy het kom kuier uit die hardeveld.
Stefan, weereens dankie en ook vir jou rustige manier waarop jy met Nico gewerk het.
Groete