Page 1 of 2
My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Sun Oct 02, 2016 10:41 am
by Ben Remington
Goeie dag....
Hoop dit gaan goed met almal. Myburgh het so 'n jaar gelede'n baie mooi duikerram met 'n vriend se .223 geskiet en van daardie dag af is dit sy droom kaliber. As ons net praat oor gewere dan is dit al wat uit sy mond kom. Ek kon sy droom vir hom waar maak sonder dat hy enige snuf in die neus gekry het. Ek het die geweer vir hom bestel en is met hom na die handelaar toe, daar aangekom het ek gemaak of ek van niks weet nie en vir die handelaar gevra of hy dalk 'n .223 in voorraad het ...hy het die geweer vir Myburgh aangegee en die gesig van 'n sewejarige seun het 'n knop in my keel gesit, maar Myburgh het van niks geweet nie....
Hy het met die geweer op die grond gaan lê oor 'n skietsak soos hy gewoond is in die veld...hy het gekorrel oor die loop en gevoel en gevat aan die geweer, ek kon sien dis sy droom geweer. Ek vra toe vir hom: ''Boesman hoe lyk diè skiet -yster vir jou?'' Hy sê toe:'' Pa as ons eendag vir my een koop moet dit net so een wees.'' Dit is toe wat ek vir hom sê dat dit sy geweer is....daar was nog mense in die winkel en hy het om my gestap en my van agter af om my bene gevat en ek kon voel hy huil van vreugde en ek het sy dankbaarheid gevoel soos hy staan en snik en hy was oorstelp van vreugde...
Groetnis
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160922_143757_zpsswmcosyn.jpg
http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160922_143914_zpszc4bdbkp.jpg
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Sun Oct 02, 2016 10:43 am
by Smitstertjies
Wonderlik!
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Sun Oct 02, 2016 10:55 am
by ruaanb
Amazing Pa jy...voorbeeld vir baie van ons.
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Sun Oct 02, 2016 11:00 am
by Aceofspades
Daardie glimlag is goud werd.
Kriek
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Sun Oct 02, 2016 11:36 am
by Frederik
Een van die beste investeerings wat jy in jou seun gemaak het. Onthou baie goed to Aaron my seun sy 6.5 x 55 vir die eerste keer vasgehou het laas jaar.
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Sun Oct 02, 2016 11:46 am
by LongWolf

baie nice.
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Sun Oct 02, 2016 12:21 pm
by Tikka_25-06
Baie dankie vir die deel, as n pa van 2 seuns deel ek die sentiment en het self n knop ini keel gekry net om jou storie te lees!
Sent from my EVA-L19 using Tapatalk
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Sun Oct 02, 2016 12:27 pm
by Francoisv
Eersteklas.
Francois Vogel
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Sun Oct 02, 2016 3:19 pm
by Giepie
Tikka_25-06 wrote:Baie dankie vir die deel, as n pa van 2 seuns deel ek die sentiment en het self n knop ini keel gekry net om jou storie te lees!
Presies net so hier.
Mooi man
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Sun Oct 02, 2016 3:32 pm
by Baasvark
Kry ek self 'n knop in die keel!!!!
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Sun Oct 02, 2016 5:13 pm
by wlm
My 2 manne is seker bederf met gewere. Ons skiet baie en die goed is alledaags vir hulle.
Ek glo egter dat ek maar liewer geld spandeer aan skiet en herlaai as wat ek hulle iewers langs die pad verloor en dalk geld aan dwelmrehabilitasie moet spandeer.
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Sun Oct 02, 2016 6:27 pm
by M98mauser
Dis great om iets so spesiaal met jou kind te deel en sal julle n leeftyd se plesier en bherrineringe verskaf.geniet dit.
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Sun Oct 02, 2016 6:53 pm
by Broadbandboer
Netjies Bennie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Sun Oct 02, 2016 6:56 pm
by Williel
Baie geluk jongman!! Dis n lekker roer met n baie mooi kolf. Van jou laaste fotos tot nou het jy gerek, seker daai graad 1 pap wat jy inkry. Onthou. veilgheid eerste.
Mooi gebaar en dankie vir die deel Ben.
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Mon Oct 03, 2016 9:06 am
by FHM
Respek Ben,
ek glo die jongman gaan sy maters en familie nooit ophou vertel van sy nuwe roer nie!!!

Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Mon Oct 03, 2016 9:12 am
by Carl
Mooi storie Ben dankie. Hoop die jong man groei tot 'n groot jagter

Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Mon Oct 03, 2016 10:19 am
by Hennie Dreyer
Kry ek ook sommer 'n knop in die keel. Wonderlik!!
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Mon Oct 03, 2016 10:53 am
by RUPERT
Jy is n Yster van n Pa
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Mon Oct 03, 2016 11:08 am
by FrancoisW
Jy is verseker 'n voorbeeld vir baie. Dankie vir die deel.
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Mon Oct 03, 2016 11:23 am
by Konrad308
Baie mooi storie! Geluk met die jong jagter se nuwe roer.
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Mon Oct 03, 2016 11:28 am
by honda2
Wonderlik! Mag hy baie vreugde uit die roer kry.
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Mon Oct 03, 2016 12:35 pm
by Marlin
Ek kry skoon hoender vleis as ek sulke dinge lees. Awesome. Dit is ons plieg as mense / mans om die jong span lus te maak vir skiet en die buite lewe. Weg van tv en binne wees. Jy stap voor met jou voorbeeld aan ons. Dit is ook so mooi om te hoor jou seun was emosioneel daaroor, dit wys ons hy het dit waardeer.
Awesome!!!!
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Mon Oct 03, 2016 11:38 pm
by JPS
Awesome!
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Tue Oct 04, 2016 8:40 am
by THOMAST
Ben, ek het jou storie nou al drie keer gelees, sommer vir die lekkerkry.Elke keer as ek lees, kry ek sommer weer lekker.
Dis pragtig.
Ek verlang na daai dae met my 3 seuns (nou al manne, een getroud en twee op universiteit)
Re: My beste pel kon sy oë en ore nie glo nie...
Posted: Tue Oct 04, 2016 10:01 am
by Wouter Roets
Ben
Hierdie is kosbaar verby!
Groetnis
Wouter