Page 1 of 1

My laaste trippie vir 2016 se winter....

Posted: Sun Oct 02, 2016 1:15 pm
by Ben Remington
Goeie dag...

Dit was weer 'n lekker gesinsjag, 'n maat van my het gevra om vir hom hierdie ou koei uit te skiet en 'n jong bul as ek een raak loop...

Die ou koei het ek na so 'n uur se stap sien wei in 'n oop kol van so radius van 200m.....ek het die stokke oopgemaak en gerange , die afstand was so 165m....sy was lekker rustig met die kop in die gras en het effe skuins weg van my gestaan. Die skoot het geklap en mooi geklink...sy het uit die oop kol gehardloop en het omtrent geen afwyking begin toon nie....my hond was so 2km verder op die bakkie en ek het gebel dat hulle hom bring, en so 250m verder het sy gelĂȘ met 'n mooi dubbellong skoot en die kondisie was swak...omtrent geen tand meer in die bek nie. Die jong bul het ek geskiet op so 90m en sy kondisie ook glad nie te goed nie, maar die natuur is altyd vol verrassings. Die diere het swaar gekry in die 5 jaar lange droogte. Hier is paar fotos.

Myburgh sou 'n mooi kudu skiet as ons een gekry het, maar as als reg loop sal sy bok binnekort val.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160903_121410_zpsldhvv4kb.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160903_104708_zpsen5i0bfu.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160910_080959_zpsb5szzmjg.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160910_071000_zpskrntlrki.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160910_080657_zpsgr0icv0w.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160910_070940_zpssietlaed.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160910_082112_zpsdrngqsce.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160910_111008_zpsvdewspbj.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160910_083208_zpsrw9rptgx.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160910_111301_zps60ykuyju.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160910_113412_zpsd3gjcbnu.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160910_113953_zpscfqutorh.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160910_144040_zpszfdjdzds.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160910_081443_zpsyg5payuh.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160910_081426_zps54et3ikm.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160910_081516_zpss9vxb3cy.jpg

Re: My laaste trippie vir 2016 se winter....

Posted: Sun Oct 02, 2016 6:58 pm
by Armand Steenkamp
Mooi Ben! Geluk met die bokke! Dis nou maar orals droog! Ons hoop maar vir n vroee somer reentjie

Groentis

Re: My laaste trippie vir 2016 se winter....

Posted: Mon Oct 03, 2016 12:03 pm
by ruaanb
Netjies Ben soos altyd maak jy ons jaloers!

Re: My laaste trippie vir 2016 se winter....

Posted: Tue Oct 04, 2016 12:42 pm
by Vlakvark Soldaat
Daarsy Ben, dis mos hoe dit moet wees! Ek bring beslis my laaities na julle toe!