Page 1 of 1
Volstruis voete
Posted: Fri Oct 14, 2016 10:43 am
by Dolf014
Noudat ek minder veld toe gaan, het ek meer tyd vir ander dinge.
Het aanvanklik geen plan gehad hoe om aandenking te maak van my volstuisjag nie.
Het toe maar so gemaak.
Glad nie wats wonders nie; maar dis myne.
Re: Volstruis voete
Posted: Fri Oct 14, 2016 10:50 am
by Supacow
Is dit n kapstok?
Re: Volstruis voete
Posted: Fri Oct 14, 2016 10:57 am
by RUPERT
vertel bietjie meer hoe jy dit gedoen het asb
Re: Volstruis voete
Posted: Fri Oct 14, 2016 11:05 am
by FHM
Baie netjies dolf, is makliker as n bors mount ne?
Nee dis mooi maat!
Re: Volstruis voete
Posted: Fri Oct 14, 2016 11:58 am
by Dolf014
Supacow; nee, nie kapstok nie. Sommer maar net n aandenking. Alhoewel; as ek hom laag genoeg teen die muur opsit kan jy hom seker maar gebruik as kapstok.
Proses;
1. Saag bene af en krap daai lelike geel murg met draad uit. Spoel uit en skrop voete met nael borsel en seep water.
2. Spuit formalien in op al die sagte plekke.
3. Gebruik draad om die pote in regte vorm te hou.
4. Maak pote toe onder growwe sout vir 2 maande.
5. Smeer vernis. Die wat ek gebruik het is 'n bietjie donker na my sin (al wat ek gehad het)
6. Sny houtbord en draai lang skroewe van agter af deur.
7. Knak n koue Windhoek Lager en aanskou jou hande werk.
Wie het vir my raad om die gate van die bene mooi toe te maak?
Re: Volstruis voete
Posted: Fri Oct 14, 2016 12:02 pm
by FHM
Dolf014 wrote:
Wie het vir my raad om die gate van die bene mooi toe te maak?
Sit vir jou twee volstruiskoppe op - daar in jou geweste is die voeltjies mos vollop.
Anders sou ek twee stukkies netjiese hout bewerk en olie / vernis dat hulle soos kurkproppe lyk (basies) en dit indruk. Jy is mos n handige kerel - behoort nie vir jou n probleem te wees nie?
Re: Volstruis voete
Posted: Fri Oct 14, 2016 12:18 pm
by RUPERT
Dolf014 wrote:Supacow; nee, nie kapstok nie. Sommer maar net n aandenking. Alhoewel; as ek hom laag genoeg teen die muur opsit kan jy hom seker maar gebruik as kapstok.
Proses;
1. Saag bene af en krap daai lelike geel murg met draad uit. Spoel uit en skrop voete met nael borsel en seep water.
2. Spuit formalien in op al die sagte plekke.
3. Gebruik draad om die pote in regte vorm te hou.
4. Maak pote toe onder growwe sout vir 2 maande.
5. Smeer vernis. Die wat ek gebruik het is 'n bietjie donker na my sin (al wat ek gehad het)
6. Sny houtbord en draai lang skroewe van agter af deur.
7. Knak n koue Windhoek Lager en aanskou jou hande werk.
Wie het vir my raad om die gate van die bene mooi toe te maak?
Dolf
Ek sal dink fiberglass Epoxy wat jy by die hardeware kan koop sal baie mooi werk. Ek het die anderdag bottle oopmakers binne vlakvark tande in ge epoxy en dit werk soos n bom. Die epoxy wort ook baie vining droog.
Groete