Page 1 of 1
Waar mag ek ammuniesie berg?
Posted: Sun Oct 16, 2016 6:56 am
by andrexseven
Goeie dag mnre
Soos n mens se wapen versameling groei word die ammunisie meer en meer. n Paar dae gelede was ek deel van n gesprek toe noem een van die manne dat mens nie jou wapens en ammuniesie in die selfde kluis mag stoor nie.
Ek het gegoogle, die wet deur gegaan elke keer wat die woord ammunisie voorkom het ek die deel gelees en talle searches gedoen op jaracal, soneder sukses. Die antwoorde wat ek by my skiet en jag vriende kry is so uit eenlopend en sonder enige stawende wet of dokument dat ek dink nie iemand weet regtig nie...
Byvoorbaat baie dankie.
Andre
Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Re: Waar mag ek ammuniesie berg?
Posted: Sun Oct 16, 2016 10:30 am
by Gawie(13mm)
Bollie!!!!!
Indien dit wel die geval was sou die manne in blou mos tydens jou kluis inspeksie navraag gedoen het mbt. jou ammo kluis.
Al jou gelaaide ammunisie, ontstekers en wapens moet in 'n SABS goedgekeurde kluis gestoor word.
Kruit moet toegesluit wees agter slot en grendel.
Soos gewoonlik kan ek die pot heel missit, maar dit is soos ek dit onthou van my bevoegdheidsopleiding.

Re: Waar mag ek ammuniesie berg?
Posted: Sun Oct 16, 2016 11:59 am
by Supacow
Store in a cool dry place
Re: Waar mag ek ammuniesie berg?
Posted: Sun Oct 16, 2016 12:44 pm
by Ashley
Supacow wrote:Store in a cool dry place

Re: Waar mag ek ammuniesie berg?
Posted: Sun Oct 16, 2016 9:59 pm
by Alwin
Die wapenwet sĂȘ dit moet in 'n kluis toegesluit wees.
Die wet bepaal ook dat alle wapens ongelaai (kamer leeg, magasyn uit of leeg) gestoor moet word. Art 13 (SV) wapens is uitgesonder. Daar is ook uitsonderings vir versamelaars (wysigingswet wet 28 van 2006).
Kry maar vir jou 'n kluis. Sommige vervaardigers bou spesiale kluise met (sterk) rakke.
Re: Waar mag ek ammuniesie berg?
Posted: Mon Oct 17, 2016 8:01 am
by Gawie(13mm)
Ek gaan nou nie hare kloof nie, maar tensy daar iets verlore gaan in die vertaling, wil dit my voorkom asof ek darem naby die pot is.
http://www.gov.za/sites/www.gov.za/files/27820_0.pdf
(a) The smokeless powder must be stored and locked away
in a safe or sturdy cabinet or similar container on the premises; and.......
Re: Waar mag ek ammuniesie berg?
Posted: Mon Oct 17, 2016 8:29 am
by Eugene
Ek weet nie van enige bepaling dat ammunisie en gewere nie in dieselfde kluis gestoor mag word nie. Beide moet wel in 'n kluis wat aan SABS se vereistes voldoen, gestoor word. Kruit moet in 'n kluis of 'n stewige toesluitbare kas gestoor word. Ek gebruik wel 'n ander kluis vir my gelaaide ammunisie, maar dis net vir praktiese en spasie doeleindes.
Re: Waar mag ek ammuniesie berg?
Posted: Mon Oct 17, 2016 3:17 pm
by 243Songdaug
+1 Gawie
The smokeless powder must be stored and locked away in a safe or sturdy cabinet or similar container on the premises; and.......
Re: Waar mag ek ammuniesie berg?
Posted: Mon Oct 17, 2016 6:03 pm
by andrexseven
Baie dankie vir julle insette, ek kon elke deel van die wet kry waarna julle verys het aangaande die stoor van kruit asook ammunisie. Daar is niks wat se jy moet wapens en ammuniesie in aparte kluise berg nie.
Sent from my SM-G925F using Tapatalk