Page 1 of 1

Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 10:33 am
by Ben Remington
Goeie dag...

Verlede Woensdag aand kom Myburgh by my en hy sê vir my hys vreeslik lus vir die Kalahari en soos altyd is ek sommer dadelik opgewonde...toe die ou gaan slaap kontak ek sy juffrou en vra mooi of hy Vrydag baie werk sal mis en soos altyd werk juffrou mooi saam....

Donderdag deur die dag kry ek als reg sodat hy nie onraad vermoed nie en Vrydagoggend 04h00 skud ek hom wakker en sê hy moet pak ons ry....nog deur die slaap sê hy vir my dis nog te vroeg vir skool en toe tref die werklikheid hom en sien hy toe wat gaan aan...hys sommer hanne-viervoet uit die bed uit en 06h30 toe luister ons hoe die tortelduiwe en sonbesies saam sing. Soos altyd was dit vir my 'n ervaring saam met hom in die veld en 'n voorreg. Hy kon 'n baie mooi ou beer onder skoot kry en die uitdrukking op sy gesig het my net weer laat besef hoe dankbaar hy vir al sy geleenthede is.....

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161021_143800-640x360_zpsek1eypea.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161021_075319-640x360_zpsxapapb9o.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161022_175046-360x640_zpsdatag1ne.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161021_143800-640x360_zpsek1eypea.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161021_075111-640x360_zpsh3zcle4w.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161022_080808-640x360_zpspgox8amb.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161022_182918-360x640_zpsoalr5lz1.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161022_183848-360x640_zps0qnvuswz.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161021_142730-640x360_zpsrymaazla.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161021_161430-360x640_zps3svx1jij.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161021_181443-640x360_zpsuivywenq.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161021_184214-360x640_zpszy3iggxm.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161021_181209-360x640_zpsftp0rybs.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161021_181304-360x640_zpsg1yh8tr7.jpg

Re: Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 10:39 am
by Capt. Yoda
Baie netjies Ben

Re: Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 10:54 am
by Smitstertjies
Jy maak jou laaitie reg groot.

Re: Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 11:38 am
by honda2
Priceless....

Re: Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 11:49 am
by Frederik
Lekker vark mooi gedoen.

Re: Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 1:11 pm
by Plaashaas
Lekker Ben.

Ek hou van jou topics. Dankie vir die deel

Re: Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 1:59 pm
by FrancoisW
Weereens lekker storie. Dankie vir deel

Re: Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 2:26 pm
by ruaanb
Dankie vir die deel!

Re: Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 3:13 pm
by Heinz Petersen
Lekker om te sien die jongspan skiet saam met pa.

Re: Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 3:42 pm
by Ben Remington
Ek gaan tog maar die volgende vertel alhoewel ek glo almal gaan nie saam my besluit stem om die slang te geskiet het nie. Ek en Myburgh het 'n effe onsmaaklike ondervinding gehad in ons skuiling...dit was seker so 17h15 die middag toe ons altwee plat op ons rûens gelê het om vir die laatmiddag koelte te wag...ek het net gesien hoe Myburgh sy kop skielik links draai en onder deur die droë haakbos langs hom probeer loer, omdat ek al weet wat sy reaksie is op geluide om hom het ek ook my bolyf gelig om te probeer kyk wat hy hoor of sien. Hy sê toe saggies vir my hy het iets gehoor...die Kaapse Kobra was op daardie stadium seker so 'n liniaal lengte van hom af in die droë takke...ek glo die rede hoekom hy nie die slang gesien het nie was omdat hy nie mooi kon fokus dalk op daai afstand nie....ek sê toe net vir hom slang en dat hy moet stil lê...ek slaan toe hard op die grond en die kobra het effe gestagneer en sy kop weg gedraai....teen die tyd was ek al vol adrenalien en het vir Myburgh voor sy bors gegryp en oor my geruk om my tussen hom en die slang te kry....in die warboel was die slang weg en ek sien toe hy is onder ons grondseil in ....die geweer was darem byderhand en met 'n groot geluk kon ek hom met 'n soorte uit die heup mikkery raakskiet . As dit nie vir daardie droë tak was wat die slang verraai het nie sou dinge heelwat anders uitgedraai het. Ek maak nooit slange dood nie maar die een was net te naby aan ons. Die hele episode was seker so 20 sekondes.
Toe ons altwee regop kom en staan het Myburgh vir my gevra of hy gepik is en alhoewel hy 'n senuwees van staal het vir sy ouderdom kon ek sien die hele ondervinding was vir hom een te veel en toe vloei die trane oor sy wange. Ek was dankbaar die slang het nie gepik nie.

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161022_174759-480x853_zps0tljtkpc.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20161022_173101-480x853_zpsnwvxewsa.jpg

Re: Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 4:57 pm
by partner
Baie dankie vir die deel Ben.

Re: Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 5:01 pm
by Frederik
Baie scary slang storie. Nee wat jy het die regte ding gedoen ek sou presies dieselfde doen my seun is baie belangriker as daardie slang.

Re: Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 5:38 pm
by ruaanb
Nee wat sou ook lood gegooi het in daai situasie.

Re: Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 9:07 pm
by Rudiejacobs
Nee wat ek glo nie iemand kan jou verkwalik nie!
Ek sou beslus ook so reageer het.

Well done met die mooi vark ook!

Rudie.

Re: Warm maar lekker....

Posted: Mon Oct 24, 2016 9:42 pm
by OU VOORSLAG
Mooi storie Ben. Dankie vir die deel. En ek sou self geskiet het. Dalk meer as een skoot ook.

Sent from my GT-I9060I using Tapatalk