Arm man jag.....maar dis lekker.
Posted: Tue Jul 26, 2011 4:06 pm
Dag manne
Aangesien ek nou nie meer gereeld in Namibie by my skoonma kan gaan jag nie(ek moet mos werk..) en ook nie by my leermeester in Windhoek uitkom nie het ek vanjaar vir die eerstekeer in die Oos-Kaap gaan jag.
Ek is deesdae groot op die stap jag ding aangesien ek net 3-4 maal per jaar bokke gaan jag so wil maar so veel moontlik veld tyd op voet inkry.
Ons het by Bethaven African Safari's naby Cookhouse gaan jag en dit was rerig iets besonders vir iemand wat net gewoond is aan Kalahari en Namibie jag.
Ons het die jag "special" gevat wat behels dat jy 'n dagfooi betaal en dan R100 vir Impala, Blesbok en Vlakvarke, R200 BW en SW en R500 vir Elande. Die vleis bly hulle eiendom en vroulike diere en jong bulle kan geskiet word teensy die gids anders se. Hulle moet uitdun om getalle te verminder en ek dink dus nogals lekker manier.
Ek het seker so 15-20km Vrydag en 12-15km Saterdag geloop, elke tree was die moeite werd en die veld is mooi gesond en die bokke vet.
[img width=560 height=418]http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... ure067.jpg[/img]
Die mooi area waar ons kon jag
[img width=560 height=418]http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... e001-1.jpg[/img]
Hierdie Eland koei is teen 8:20 geskiet en ons het so 7:45 begin stap. Ek moes verby Impala's en Hartebeeste kruip om die Elande onder skoot te kry.
Die 7mm Rem Mag en 150gr Nosler BT het hulle werk gedoen en deur die blaaie uit en onder die vel gaan vassit. Op die foto kan jy die knop sien waar die patroon nog vassit.
Sy het so 270kg uitgeslag. Sy is modder vet. Toe ek die foto neem was ek oortuig sy is swanger met daai pens wat so mooi staan.
[img width=560 height=418]http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... ure039.jpg[/img]
So uur later toe loop ek die Bosvark raak my eerste een ooit. Ek het haar op 18m geskiet net agter die oog en sy het in haar spore gesterf.
[img width=560 height=418]http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... e005-1.jpg[/img]
2 ure later en so 4km se stap toe skiet ek die koei op .....40m manne. Sy trek weg en harloop so 20 m aangesien hulle nie my en my gids kon sien onder die melkhoutbos wat ons as wegkruipplek gebruik het nie. Ek het al met kliente in Namibie ure agter BW gestap wat gekwes is en in die berg wereld het ek my vrese gehad oor kwes. Sy het gestop en ek het net bloed op die been gesien en voor die gids kon se "baas hy is eintlik klaar dood hy is net te sterk om dit agter te kom het ek weer geskiet(aangesien ons vol prys betaal as bokke gekwes word en nie extra betaal vir vleis skade wou ek net seker maak...) Sy trek weg nadat ek hoe skouer skoot skiet en hardloop uit sig weg oor die koppie....Ek dag hier is dit nou ek is klaar gejag en moet nou opdok vir BW vol prys......toe se my gids "baas daar le sy dood.."
Die eerste skoot is toe net agter die blad en die longe en linkerskouer verniel en uit aan die linker kant. Weereens besef ek gesonde diere is ook taai diere. die tweede skoot was onnodig, maar die patroon is ook deur anderkant uit die 7mm En die BT wys hulle skrik nie.
Ons moet toe die bakkie gaan haal wat relatief ver van die BW was. Die gids wou ander bakkie inroep, maar ek keer en se kom ons jag terug na die bakkie se kant toe seker so 2 km terug. Ons sien Swartwildebeeste op die horison en begin hulle te bekruip.
[img width=560 height=418]http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... e008-1.jpg[/img]
So uur later mik ek op 'n bul en besef hy is RW en baie $$$$$$$$ die plaas bestuurder het gese wildebees bulle wat nog bruin in hul kuif het is skietbaar. Ek haal die kruishaar vanaf die groot bul en soek tot ek die "beursie veilige" man sien ek neem toe 'n frontal hart shot op maksimum 100m as dit so ver is. Hy het in sy spore gevrek.
Die 7mm het nou weereens bewys ek en sy is een en my gevry na .308 en .375 het almeer verdwyn........
Ja ek weet die bul is klein, maar hy jag net soos 'n RW bul en is ook nog kleiner en moeiliker om raak te skiet.
[img width=560 height=418]http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... e009-1.jpg[/img]
Ons is toe terug kamp toe om my bokke en jagmaats se BW en varke te gaan aflaai.
Na middag stap ek toe van die lodge na ons huis 8km. My gids en ek is nou al lekker goed bekend met mekaar se maniere en daai gevoel van trots en ervaring van die dag was die borskas vol.
Ek wou nog net 'n Impala en Blesbok en kleiner Vlakvark skiet om te spit terug in die Kaap.
Ek het eers 'n Impala ooi bekryp en geskiet op 120m. Dit was my moeilikste skoot van die naweek, in Namibie en die Kalahari sal ek my geluk nie glo as ek so naby skiet nie.
Ek soek toe nog 'n impala ram want ek soek die vleis en die vel. Ek was nie hard aan die soek nie toe stap ek die mannetjie raak. Hy het ook gesterf met een skoot aan die nek.
Ek stop die gids net daar en se ons is klaar geskiet vir die dag.
Ek besef net daar en dan dat dit een van my lekkerste jagte ooit was(ek het al Groot 5 in Mamili Noord Namibie gedoen en baie trofee jagte as appie ).
Ek het baie gestap die veld geruik en ontspan. Al die skote was maklik en die diere is mooi skoon gedood. Ons het reeds vir volgende jaar geboek, ek wil graag 'n Bosbok skiet en daai Vlakvark wat my ontglip het.