Page 1 of 2
Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Sun Oct 30, 2016 12:57 pm
by Fanta300
More is laaste dag!!
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Sun Oct 30, 2016 1:45 pm
by tripodmvr
Fantie, jy bedoel nou vir die SA Jagters manne?
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Sun Oct 30, 2016 2:13 pm
by Fanta300
Presies ja, is almal dan nie lid van SA Jagters nie?

Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Sun Oct 30, 2016 2:25 pm
by PWV
Fanta300 wrote:Presies ja, is almal dan nie lid van SA Jagters nie?

Nee, Fanta, party van ons hou van iets anders!
(Ek wou eers 'n ander verduideliking gee, maar bedink my toe.)

Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Sun Oct 30, 2016 3:42 pm
by Ashley
As ek nie mis het nie is môre laaste dag vir NHSA ook...
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Sun Oct 30, 2016 4:58 pm
by M98mauser
Ek wonder hoeveel hier op die form is lid van sa jagters, ek is en ek dink oom tripod,oom fanta aangesien hy ons remind.
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Mon Oct 31, 2016 12:54 am
by wlm
Beide my jag- en sportskutstatus is op datum.

Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Mon Oct 31, 2016 7:04 am
by tripodmvr
Die lewe is so gehaas deesdae dat baie lede daarvan vergeet. Ek was reeds vanaf April al kosher met beide dissiplines.
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Mon Oct 31, 2016 7:47 am
by Carl
Ek dink ek het al teen die eerste kwartaal van die jaar Toegewyd gejag. Ek sal die jaar Sportskut moet by sit.
Die SAJWBV aanlyn stelsel maak dit darem vrek maklik om dinge bymekaar te hou en daar is die lisensie databasis wat jou herinner as die verval datum nader kom.
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Mon Oct 31, 2016 8:56 am
by GERT vd M
Jammer dat n mens nie terugvoering kry van ontvangs as jy dit aanstuur nie (SAJWV). Selfs met betaling van ledegelde
Groete
Gert
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Mon Oct 31, 2016 9:11 am
by Dries101
Gert ek kry n sms en epos elke keer.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Mon Oct 31, 2016 9:14 am
by Carl
GERT vd M wrote:Jammer dat n mens nie terugvoering kry van ontvangs as jy dit aanstuur nie (SAJWV). Selfs met betaling van ledegelde
Groete
Gert
Gert stuur jy dit nog in via epos? Hoekom gebruik jy nie die aanlyn module om jou register in te vul nie? Dit is maklik en vinnig.
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Mon Oct 31, 2016 9:47 am
by andre007
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Mon Oct 31, 2016 9:55 am
by Koos Barnard
Die SAJWV se stelsel maak dinge ongelooflik maklik. Ek daag eenvoudig op by elke maand se takskiet en vul my ledenommer op 'n tablet in. Dan skiet ek enige van die amptelike oefeninge wat aangebied word. By my tak, Pretoria-oos, word daar gewoonlik al die skiettabelle aangebied. My punte vir elke tabel wat ek skiet word neergeskryf deur die baanoffisier en vroeg die volgende week is my aktiwiteit aangeteken op my persoonlike register met my puntetelling (as jy nie vir punte wil skiet nie hoef jy nie - jy kan sommer net lekker kruit brand vir eie plesier). Vir 'n sekere hoeveelheid punte kry jy 'n sertifikaat, goud, silwer of brons. Hierdie sertifikate is aanlyn beskikbaar en kan net gedruk word. Na jou punte geneem is word hierdie sertifikate outomaties opgedateer. Dit is iets wat jy kan gebruik wanneer jy aansoek doen vir 'n nuwe lisensie of vir Sportskietstatus. Soos Tripod is my aktiwiteite al sedert April in orde. Dankie SAJWV.
Ek het ook vier jaar lank gesukkel om 'n pistool wat ek aan 'n wapenwinkel verkoop het van my naam te kry. Uiteindelik het ek SAJWV genader en al die bewyse van die transaksie voorgelê. Hulle het die saak opgeneem met CFR en die pistool is van my naam verwyder. Weereens, dankie SAJWV.
Ek besef terdeë dat almal nie aan die SAJWV wil behoort nie maar vir my het hulle sedert 2004 nog net uitstekende diens gelewer.
Mooi loop
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Mon Oct 31, 2016 10:11 am
by M98mauser
Maar oom Koos jy werk mos maar eintlik vir die SAJWV? SAJWV besit mos maar SA Hunt Publications.
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Mon Oct 31, 2016 10:17 am
by tripodmvr
SA Jagters se aanlyn stelsel is tops. Indien jy nie daar regkom nie, is die personeel net 'n oproep weg en baie flink met hul werk. Jy hoef dus nie "amper" daar te werk om uitstekende diens te kry nie.
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Mon Oct 31, 2016 10:33 am
by Koos Barnard
Mauser, ek is al van 2004 af 'n lid - lank voor ek deel was van die SA Jagter/Hunter-tydskrif. Ek kry geen voorkeurbehandeling nie. Enige lid kry dit wat ek hierbo in my vorige post genoem het. SAJWV besit 'n 50% aandeel in die tydskrif -dis nie meer hul tydskrif eksklusief nie. Media24 betaal my salaris, nie SAJWV nie. Media24 doen die personeelaanstellings, hanteer die begroting, verlof, pensione, ens. Die daaglikse bestuur en beheer van die tydskrif word deur Media24 gedoen. Ek doen verantwoording aan Media24, nie SAJWV nie. Soos te verstaan mag ek natuurlik nie iets publiseer wat direk strydig is met SAJWV se grondwet nie. Ek mag wel opinies publiseer waarmee SAJWV nie saamstem nie en kan in alle eerlikheid sê dat ek nog nooit deur hulle oor artikels of standpunte voorgeskryf is nie.
Mooi loop
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Mon Oct 31, 2016 10:45 am
by M98mauser
Dis reg oom Koos,
Moet se ek maak ook tevolle van al hul dienste gebruik. Mense altyd vriendlik en behulpsaam.
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Mon Oct 31, 2016 2:53 pm
by Eugene
tripodmvr wrote:SA Jagters se aanlyn stelsel is tops. Indien jy nie daar regkom nie, is die personeel net 'n oproep weg en baie flink met hul werk. Jy hoef dus nie "amper" daar te werk om uitstekende diens te kry nie.
Stem. Die aanlyn gedeelte is baie gerieflik en maklik en dit is die 2de jaar wat ek my aktiwiteitsverslag so gedoen het en daar was geen drama nie.
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Wed Nov 02, 2016 9:31 am
by GERT vd M
Carl wrote:GERT vd M wrote:Jammer dat n mens nie terugvoering kry van ontvangs as jy dit aanstuur nie (SAJWV). Selfs met betaling van ledegelde
Groete
Gert
Gert stuur jy dit nog in via epos? Hoekom gebruik jy nie die aanlyn module om jou register in te vul nie? Dit is maklik en vinnig.
Carl, ek doen dit so maar het nog nooit terugvoering gekry nie
Gert
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Wed Nov 02, 2016 10:21 am
by Carl
https://secure.sahunters.co.za/Default.aspx
Gaan registreer hier en vul die goed in die toekoms aanlyn in. Dit werk regtig goed en jy kan al jou gewere lys met die lisensie verval datum. Dan stuur hulle 'n herinnering om te hernu.
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Thu Nov 03, 2016 12:08 am
by wlm
GERT vd M wrote:Carl wrote:GERT vd M wrote:Jammer dat n mens nie terugvoering kry van ontvangs as jy dit aanstuur nie (SAJWV). Selfs met betaling van ledegelde
Groete
Gert
Gert stuur jy dit nog in via epos? Hoekom gebruik jy nie die aanlyn module om jou register in te vul nie? Dit is maklik en vinnig.
Carl, ek doen dit so maar het nog nooit terugvoering gekry nie
Gert
Gert
Jy is mos 'n man vir ou tegnologie. Die stelsel werk met selfone man, nie "nommer asseblief" nie!
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Thu Nov 03, 2016 6:49 am
by LongWolf
NHSA werk goed vir my.
Jy laai als wat jy doen op 2 blaaie, een is "scores" en ander is "activity"
Scores vat so dag om goed gekeur te word, en jou status blad wys of jy op datum is.
Al jou setifikate kan jy direk aflaai sonder probleem en print.
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Thu Nov 03, 2016 8:22 am
by Koos Barnard
Gert hoekom wil jy terugvoer hê. Die aktiwiteite word dan op jou persoonlike blad getoon - dis mos jou terugvoer.
Re: Aktiwiteits verslae vir Bevoegdheid
Posted: Fri Nov 04, 2016 10:29 am
by GERT vd M
Dankie Koos
Mooi loop
Gert