Page 1 of 1
"Eland"
Posted: Sun Jul 31, 2011 12:38 pm
by Cobus(Cobb)
Wie weet meer oor die dier, wat? waar? wie's die jagter? grootte?
Cobus
Re: "Eland"
Posted: Sun Jul 31, 2011 12:52 pm
by HUNTER
Cobb
Weet nie, maar wat ek weet is dat dit meer as een cruiser gaan vat om hom te laat ry.
Hunter
Re: "Eland"
Posted: Sun Jul 31, 2011 1:21 pm
by Ponkie
Cobb
Dink hierdie is nie die gewone "livingstone of cape eland" nie... Hierdie is die "lord derby eland".
Ek weet te min van die spesie om feite te gee, maar weet hy is massief teenoor die eland wat ons gewoond is...
Groetnis
Ponkie
Re: "Eland"
Posted: Sun Jul 31, 2011 1:41 pm
by Hein M.
Ponkie wrote:
Cobb
Dink hierdie is nie die gewone "livingstone of cape eland" nie... Hierdie is die "lord derby eland".
Ek weet te min van die spesie om feite te gee, maar weet hy is massief teenoor die eland wat ons gewoond is...
Groetnis
Ponkie
Jy is reg
Hier is 'n pic van 'n jong bok in 'n dieretuin. Kyk daardie horings!
[img width=560 height=420]
http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... land_l.jpg[/img]
Hein
Re: "Eland"
Posted: Sun Jul 31, 2011 1:43 pm
by Cobus(Cobb)
Ek hoor hy mag dalk so 2 ton op die hoef wees....
HUNTER wrote:
Cobb
Weet nie, maar wat ek weet is dat dit meer as een cruiser gaan vat om hom te laat ry.
Hunter
Ek dink jy't 'n Samil50 met winch nodig vir daai biltonge....

Re: "Eland"
Posted: Sun Jul 31, 2011 2:23 pm
by Drenalinjunkie
Lord Darby... kry hulle in middel afrika... Jy kyk seker so in die orde van $40,000 US
Re: "Eland"
Posted: Sun Jul 31, 2011 2:36 pm
by Louis102
Nou, as die bok al klaar so groot is, hoekom moet die jagter 10-15 tree agter die bok sit om hom groter te laat lyk? Ek hou nie van hierdie foto's waar mense die diere groter laat probeer lyk as wat hulle regtig is nie, lyk vir my na foto-kullery? As die jagter hier naby die bok se kop gesit het toe die foto geneem was, het hy dalk maklik op 'n Cruiser gepas?
Re: "Eland"
Posted: Sun Jul 31, 2011 3:37 pm
by Freddie101
Ek stem. Louis
Re: "Eland"
Posted: Sun Jul 31, 2011 4:08 pm
by spekieries
Manne
Ineressant dat almal altyd reken die Lord Derby(Tragelaphus derbianus) is groter as die Livingston Of Tragelaphus Taurotragus.
Ek haal aan uit Richard Despard Estes se boek: Behaviour guide to African Mammals P 188:
" Tragelaphus derbianus, found west of the White Nile in the Northern Savanna has longer, more massive horns(regularly 1m and up to 1.2 m ), because of which (and not greater body size) it is also called the giant eland. It is also a richer color with more pronounced markings, and has a prominent neck ruff , large round ears and a dewlap that begins on the chin instead of throat.
Behalwe vir Smithers se boek (Bybel van soogdiere) wat ek glad nie kan bekostig nie, is hierdie een van die volleedigste naslaan boeke wat ek al gesien het.
Groete
Re: "Eland"
Posted: Sun Jul 31, 2011 5:08 pm
by HUNTER
Louis102
Ek dink hulle het die ou net sleg gevang, dit lyk of hy besig is om 'n veltie te vat na hy daai monster geskiet het, jy kan mos sien die man het nie sy geweer by hom nie.
Hunter
Re: "Eland"
Posted: Sun Jul 31, 2011 5:37 pm
by .::Alwyn-U::.
Drenalinjunkie wrote:
Lord Darby... kry hulle in middel afrika... Jy kyk seker so in die orde van $40,000 US
Sjoe dis maklik 3 buffels werd..
Groete
Re: "Eland"
Posted: Sun Jul 31, 2011 5:56 pm
by Hein M.
HUNTER wrote:
Louis102
Ek dink hulle het die ou net sleg gevang, dit lyk of hy besig is om 'n veltie te vat na hy daai monster geskiet het, jy kan mos sien die man het nie sy geweer by hom nie.
Hunter
Dalk selfs Photoshop
Hein
Re: "Eland"
Posted: Mon Aug 01, 2011 9:09 am
by tau
Helse dier as dit nie Photoshop is nie.
Louis102 wrote:
Nou, as die bok al klaar so groot is, hoekom moet die jagter 10-15 tree agter die bok sit om hom groter te laat lyk? Ek hou nie van hierdie foto's waar mense die diere groter laat probeer lyk as wat hulle regtig is nie, lyk vir my na foto-kullery? As die jagter hier naby die bok se kop gesit het toe die foto geneem was, het hy dalk maklik op 'n Cruiser gepas?
As my jagmaat dit kon lees....Hy gee my altyd moeilikheid want ek sit te naby aan die boka as ons foto's neem. Hulle sit mos so 4 m agter die bok en dan lug die manne die roer ook nog so dat dit lyk of hy binne in die Springbok se horings kon pas.
Re: "Eland"
Posted: Mon Aug 01, 2011 9:22 am
by PRIVATE RYAN
dit is definitief die ph in die foto.
Hy het nie moue nie, dis re?l nommer
een nadat jy die kursus slaag, knip
jou moue af.
Re: "Eland"
Posted: Mon Aug 01, 2011 9:24 am
by Evert
Ja dis jou Lord Derby daai.
1 van die duurste jagte ter wereld. Maar ook 1 van jou moeilikste. Het al gehoor jy loop tot 14 dae om net 1 enkele dier te sien. Hulle kom in Cameroon en CAR voor en in die Suide van Sudan.Ek was so ruk terug in Nigeria en op die grens van Cameroon en Nigeria n skedel daar gesien op die bush meat tafels van seker so 50 duim was seker gepoach. Het met die locals gepraat en gehoor dis n baie gesogte vleis vir hulle. Met die oorlog in Sudan is daar duisende van die diere gepoach om kos te gee vir die soldate. Hulle word meer gepoach daar as wat renosters gepoach word in SA.
Re: "Eland"
Posted: Mon Aug 01, 2011 9:25 am
by Hugo
EN jou jean se pype afknip, kort jean broekie en PH loop soos wit saam met rys.
Re: "Eland"
Posted: Mon Aug 01, 2011 9:39 am
by PRIVATE RYAN
[img width=360 height=480]
http://i234.photobucket.com/albums/ee27 ... e122-1.jpg[/img]
Hier is
my 'n Lord Derby Bul wat ek
geskiet gesien het in
DRC 'n
Taksidermis stoor
Re: "Eland"
Posted: Mon Aug 01, 2011 1:15 pm
by .::Alwyn-U::.
PR
Baie mooi gestel

Re: "Eland"
Posted: Tue Aug 02, 2011 11:49 am
by tau
Hugo wrote:
EN jou jean se pype afknip, kort jean broekie en PH loop soos wit saam met rys.
Wat van die 30cm blade mes en die Camo kep en die olifant sterthare armband en geweer sonder belt wat jy soos 'n boemelaar se stok +sak dra.
Want net moffies en hul sussies gebruik geweerbelde, wat as jy moet vinnig skiet, jy sal mos somer die "charging beast" met die geweer se kolf dood M&%R.
Oja en 100 skuurpapier wat jy die blou van die loop skuur dat dit lyk of jy al baie met die geweer geloop en jag het.
Re: "Eland"
Posted: Tue Aug 02, 2011 12:40 pm
by PRIVATE RYAN
Hoekom dra hulle die geweer so?
Re: "Eland"
Posted: Tue Aug 02, 2011 1:02 pm
by Hugo
Hahahahaha
Hier is kennis van my, kyk hoe dra hy daai masjien,
[img width=560 height=405]
http://a3.sphotos.ak.fbcdn.net/hphotos- ... 8978_n.jpg[/img]
Re: "Eland"
Posted: Tue Aug 02, 2011 1:18 pm
by PRIVATE RYAN
Daai ou is seker 'n beginner.
Daai belt, kan die volgende nog vat:
Led lenser
2 Way Radio
Leatherman Wave
357 Snubby (gevaarlik as jy kliente op OR gaan haal)
Nokia 6510
Garmin E 60
Puma White Hunter
Re: "Eland"
Posted: Tue Aug 02, 2011 1:22 pm
by Hugo
PRIVATE RYAN wrote:
Daai ou is seker 'n beginner.
Daai belt, kan die volgende nog vat:
Led lenser
2 Way Radio
Leatherman Wave
357 Snubby (gevaarlik as jy kliente op OR gaan haal)
Nokia 6510
Garmin E 60
Puma White Hunter
2 x 9mm Magesyne
clip on leer selfoon sakkie wat horisontaal mount.
Allen Key set - Dalk het hy boog jagters -
Slyp steen vir die Puma mes.
Re: "Eland"
Posted: Tue Aug 02, 2011 1:55 pm
by .::Alwyn-U::.
Hy sal vir chuck norris mos n go gee!
Re: "Eland"
Posted: Tue Aug 02, 2011 5:30 pm
by BLOUVALKIE
joh!!!! wat 'n mooi bok
as jy hom skiet het jy vleis vir twee jaar en baie biltong