Page 1 of 1

Eerste Varkie

Posted: Sun Jul 31, 2011 2:44 pm
by Wiehan111
[img width=360 height=480]http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... CN0234.jpg[/img]

Ekt hierdie jaar uiteindelik my eerste vark geskiet, 80km bo Thabazimbi. Die sog het 30kg uitgeslag.
Ekt haar so om en by 4uur die middag geskiet.

Groete

Re: Eerste Varkie

Posted: Sun Jul 31, 2011 5:39 pm
by .::Alwyn-U::.
Wiehan

Baie mooi sog, geluk..  Watse roer het jy da?

Groete
Alwyn

Re: Eerste Varkie

Posted: Sun Jul 31, 2011 7:42 pm
by Wiehan111
Alwyn

25-06 gelaai met 85gr GS Custom Punte.

Groete

Re: Eerste Varkie

Posted: Sun Jul 31, 2011 8:44 pm
by theedge
Netjies maat

Re: Eerste Varkie

Posted: Sun Jul 31, 2011 8:50 pm
by .::Alwyn-U::.
Ek moet se vark jag is darem lekker, iets anders daai. 

Re: Eerste Varkie

Posted: Mon Aug 01, 2011 12:56 pm
by PITSMIT
geluk wiehan  baie mooi vark vir n eerste een.  mooi tanne vir n sog

Re: Eerste Varkie

Posted: Mon Aug 01, 2011 8:07 pm
by BLOK
Baie mooi soggie, en lyk of sy boonop sommer in n goeie kondisie ook was.

Net n geheimpie om doeksag te skiet sit n terminator op, so duk doek sal nie help. ;D ;D ;D

Grap net

Blok

Re: Eerste Varkie

Posted: Mon Aug 08, 2011 8:41 am
by BLOUVALKIE
hallo oom wiehan

mooi varkie daai ek moet ook nog een skiet

groete
BLOUVALKIE

Re: Eerste Varkie

Posted: Mon Aug 08, 2011 10:10 am
by Dawid
Wiehan

Nou as jy die varkie die middag geskiet het, hoe is dit dan dat die foto in die donker geneem is.....Het die varkie jou Thaba distrik gaan wys  :laugh: :laugh: :laugh:

Grap net......Baie geluk en sterkte vorentoe

Re: Eerste Varkie

Posted: Mon Aug 08, 2011 10:58 am
by Frikkiedbr
Daai varkie het seker eers woema gekry en begin hol  ;D
Dit is hoekom die foto in die nag geneem is  :)
Baie geluk en geniet elke deel van daai varkie  ;)

Groete

Re: Eerste Varkie

Posted: Tue Aug 09, 2011 6:24 pm
by Wiehan111
Manne manne manne

Haha nee nee ek was aan die ander kant van die plaas. My lift het my eers opgelaai toe die son al gesak het toe gaan tel ons hom en my rooi bok op.  :D

Groete

Re: Eerste Varkie

Posted: Wed Aug 10, 2011 9:43 am
by herley
Mooi vark Wiehan