Eerste jag met die 9.3

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Eerste jag met die 9.3

Post by Evert »

So ek het my 9.3 x 62 Mannlicher Schoenauer so 2 weke terug gekry. n Weaver scope gekry by n vriend en die naweek die geweer gaan uit toets op n plaas net buite PTA. Ek het die blouwildebees koei daar geskiet met Highland 286gr punt. 100m verder het sy geval. +- 120kg uit geslag ek dink dis nogal baie groot vir n koei.
[img width=560 height=420]http://i559.photobucket.com/albums/ss38 ... _06501.jpg[/img]
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Eerste jag met die 9.3

Post by erx »

Netjies mater, daai roer is iets om van te droom! Is dit 'n ou Weaver K4? Daai outjies kan die punch vat oud of te nie!
As ek groter roer gaan koop wil ek graag 'n 416 Rigby shop.

Groete
erx
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Eerste jag met die 9.3

Post by Hugov »

Baie mooi. Dis n m@erse koei daai!!!
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Eerste jag met die 9.3

Post by Gerhard »

Baie netjies
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Eerste jag met die 9.3

Post by PITSMIT »

mooi gegooi  e-bird

lekker roer daai janjak op die forum skiet hom ook
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Eerste jag met die 9.3

Post by Evert »

Baie Dankie Almal.

@ERX Ja dis daai K4 scopes. Hy werk vir my baie leker sal die naweek sien wat doen hy in Botswana
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Eerste jag met die 9.3

Post by erx »

E-Bird

Wil net weer se, daai roer is f@kn mooi.
Wil nog graag vir my 'n Ruger No1 met full stock in 416 Rigby shop! Ek het 'n Ruger No1 maar in 22-250 met gewone kolf.
Ek het net so Weaver K4 by my wat op my pa se 7mm Rem Mag was al die jare, hy het in Namibie geval met die geweer en toe gatvol geraak oor 'n klein merkie op die scope en hom afgehaal. Ek weet nie hoekom, maar baie mense se as 'n scope op 7mm Rem Mg sy zero hou, kan hy orals werk, en dit was wel die geval.
Hy het toe 'n Redfield na 4 ander scopes opgesit, en ek skiet vandag nog met daai roer net so!

Groete
erx
300Winmag

Re: Eerste jag met die 9.3

Post by 300Winmag »

Daai is nou 'n mooi geweer! Hoop jy geniet die jag in Bot. en bring baie fotos terug!

( Sal solank maar 'n secret trust fund begin vir my vir 'n 9.3 in CZ FS.  ;)  )
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Eerste jag met die 9.3

Post by Evert »

@300WinMag. Baie Dankie ek sal baie fotos saam bring.

@ERX Eks ok mal oor die full stock tipe is juis nou besig om te kyk vir n full stock SAKO 375. Maar ek dink n Ruger 416 Rigby full stock sal net so smart lyk. Ek het 3 jaar gewag vir hierdie 9.3 se lisensie want ek het ho geerf. Met die ingee was daar n Tasco scope op dit het tusen tyd verdwyn. Aan die begin was ek leke negatief omdat ek n ander scope moes kry. Maar lyk my hierdie K4 gaan baie goed werk. En die positiewe goed wat jy se van die scope maak dit uit en uit die moeite werd. Ek ry Donderdag om te gaan kyk of ek nie n Waterbok en Kudu bul met hom kan skiet nie.
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3941
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Eerste jag met die 9.3

Post by tau »

E-Bird ek het geleer jag en wildplaas bestuur by 'n PH in Windhoek wat net so 9.3 x 62 het en hom al jare gebruik hy het genoeg roere, maar sy 9.3 met die fullstock is altyd by hom.


Ek dink dis seker een van die mooiste gewere ooit.
Hoe dra so Fullstock swaarder in die veld???????
Hoeveel weeg daai extra stuk?
Kom mens dit rerig agter?



erx wrote: E-Bird

Wil net weer se, daai roer is f@kn mooi.
Wil nog graag vir my 'n Ruger No1 met full stock in 416 Rigby shop! Ek het 'n Ruger No1 maar in 22-250 met gewone kolf.
Ek het net so Weaver K4 by my wat op my pa se 7mm Rem Mag was al die jare, hy het in Namibie geval met die geweer en toe gatvol geraak oor 'n klein merkie op die scope en hom afgehaal. Ek weet nie hoekom, maar baie mense se as 'n scope op 7mm Rem Mg sy zero hou, kan hy orals werk, en dit was wel die geval.
Hy het toe 'n Redfield na 4 ander scopes opgesit, en ek skiet vandag nog met daai roer net so!

Groete
erx
;D

Dis seker 'n Nam ding, my pa (ook van Nam) het ook een op sy 7mm REM Mag gehad vir jare. Hy het hom vervang en ek het hom so maand terug op my .308 Win gemount my pel het dieselfde .308 as ek met die Weaver 4K.

Hy Praat van gaan ons skiet of TV kyk(met verwysing na die tv screen look van die objective.)
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Eerste jag met die 9.3

Post by DawieKotze »

Baie mooi geweer en mooi koei ook!!

As ek die geleentheid kry vir 'n 9.3 sal dit die 9.3x64 Brenneke wees. Het my hart op 'n vriend se Sauer verloor!!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Eerste jag met die 9.3

Post by Evert »

@Tau: Nee wat ek daai die Fullstock dra glad nie swaarder nie. Mens kom dit regtig glad nie agter nie.

@Madako: As jy n geleentheid kry om n 9.3 te kry vat hom. Ek sal se dis 1 van die beste Bosveld gewere
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: Eerste jag met die 9.3

Post by BLOUVALKIE »

hallo oom E-bird

mooi bokke daai

daai 9.3 lyk gevaarlik

groete
BLOUVALKIE
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
Post Reply