Page 1 of 1
Duiwe jag geleenthede met PCP gewere gesoek
Posted: Tue Dec 06, 2016 3:32 pm
by Herman Huyser
Manne,
Ons is drie of vier manne wat op Saterdae 'n geleentheid maak daarvan om duiwe te skiet op plase wat ons toelaat. Ons modus operandi is om op een plek te sit en skiet na duiwe wat in bome in ons field of view tussen 50 en 80 meter vêr kom land. Middagete word 'n vleisie gebraai. So twee skiet sessie
1. van vroeg (so vroeg as wat ons toegelaat word) tot 12h00
2. 13h00 to 17h00
Hierna maak ons die jag site skoon, so braai, papiere, gemors, dooie duiwe word opgetel.
Dan verlaat ons die site teen laatste 18h00.
Ons almal skiet PCP gewere kaliber 5mm en 5.5mm. Al die gewere het silencers op.
Manne, ons is op soek na nuwe jagplekke in en om Pretoria, so as julle miskien weet van plekke of bereid is om julle geheime plekke te openbaar, PM my asb.
By voorbaat dankie.
Re: Duiwe jag geleenthede met PCP gewere gesoek
Posted: Wed Dec 07, 2016 7:29 pm
by Herman Huyser
Duidelik is die manne maar skaam met hulle secret spots
Re: Duiwe jag geleenthede met PCP gewere gesoek
Posted: Wed Dec 07, 2016 8:19 pm
by Baasvark
Herman ek dink mense is versigtig om vreemdelinge toe te laat op hulle plase.
Dit het al met ons gebeur dat jy vir Piet en sy seun toelaat. Volgende keer wil hy vir Jannie en Koos saam bring em as jy weer sien is daar klomp mense wat dink dis oop seisoen op jou grond.
Verstaan ek sê nie julle is so nie. Mense is net baie versigtig deesdae!
Re: Duiwe jag geleenthede met PCP gewere gesoek
Posted: Wed Dec 07, 2016 8:29 pm
by NicoSmit
Sluit aan by die Bushveld Conservation Bureau hulle het plase waar jy kan gaan skiet ....
www.thebcb.co.za
Re: Duiwe jag geleenthede met PCP gewere gesoek
Posted: Wed Dec 07, 2016 8:39 pm
by Herman Huyser
Baasvark, ja ek stem saam. Ons is egter 'n baie nou en geslote groep manne (vier) wat saam jag en ons omgewing respek toon deur nie op ons eie voorstoep te poef nie (jy weet wat ek bedoel)
Nico, baie dankie vir die verwysing. Ons sal dit verseker opvolg.
Re: Duiwe jag geleenthede met PCP gewere gesoek
Posted: Wed Dec 07, 2016 9:16 pm
by Baasvark
Herman Huyser wrote:Baasvark, ja ek stem saam. Ons is egter 'n baie nou en geslote groep manne (vier) wat saam jag en ons omgewing respek toon deur nie op ons eie voorstoep te poef nie (jy weet wat ek bedoel)
Nico, baie dankie vir die verwysing. Ons sal dit verseker opvolg.
As julle nader was kon julle hier kom skiet het.
Re: Duiwe jag geleenthede met PCP gewere gesoek
Posted: Thu Dec 08, 2016 5:34 am
by obasch
Pm gestuur.
Re: Duiwe jag geleenthede met PCP gewere gesoek
Posted: Thu Dec 08, 2016 8:12 am
by Eugene
Baasvark wrote:Herman ek dink mense is versigtig om vreemdelinge toe te laat op hulle plase.
Dit het al met ons gebeur dat jy vir Piet en sy seun toelaat. Volgende keer wil hy vir Jannie en Koos saam bring em as jy weer sien is daar klomp mense wat dink dis oop seisoen op jou grond.
Verstaan ek sê nie julle is so nie. Mense is net baie versigtig deesdae!
Waar woorde die! Baie keer dink mense die boere is snaaks of inhalig, maar mense vat vinnig kanse. Ons het 3km Vaalrivier front op die plaas. Het altyd mense uit die dorp toegelaat. Maar na ons kort-kort vreemde mense gekry het en ons baie skade gekry het, het ons die rivier gedeelte net toegespan, want om hekke in te sit en te sluit help niks. Die mense breek net die slotte of die hek af...
Maar om terug te keer na die post toe, ons is buite Potch langs die Vaalrivier en ek sal 'n kans vat, as julle bereid is om so ver te ry. Maar julle gaan moet baie koeeljies bring, daar is baie duiwe....
Re: Duiwe jag geleenthede met PCP gewere gesoek
Posted: Thu Dec 08, 2016 8:22 am
by Herman Huyser
Eugene, baie dankie vir die geleentheid. PM my jou kontak besonderhede asseblief.
Re: Duiwe jag geleenthede met PCP gewere gesoek
Posted: Thu Dec 08, 2016 8:36 am
by Herman Huyser
Baasvark wrote:Herman Huyser wrote:Baasvark, ja ek stem saam. Ons is egter 'n baie nou en geslote groep manne (vier) wat saam jag en ons omgewing respek toon deur nie op ons eie voorstoep te poef nie (jy weet wat ek bedoel)
Nico, baie dankie vir die verwysing. Ons sal dit verseker opvolg.
As julle nader was kon julle hier kom skiet het.
Baasvark, dankie vir die uitnodiging. Sal in gedagte hou as ons eendag in jou omgewing is, maar vir 'n een dag uitstappie is jy bietjie vêr.
Duiwe jag geleenthede met PCP gewere gesoek
Posted: Thu Dec 08, 2016 9:50 am
by BeesBreet
Ek het plek vir jou gereel... kyk jou pm
Paar plekke van Ogies tot Bethal
Re: Duiwe jag geleenthede met PCP gewere gesoek
Posted: Thu Dec 08, 2016 4:38 pm
by Herman Huyser
Duisend dankie vir die verwysing.
Re: Duiwe jag geleenthede met PCP gewere gesoek
Posted: Thu Dec 08, 2016 5:23 pm
by BeesBreet
Ek hoop julle kom reg Daar!