Page 1 of 1
My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Wed Aug 03, 2011 11:38 am
by Truvelloman
Hi Almal
Hier is van my jag fotos toe ons nou gaan jag het in namibia in junie naby grootfontein
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Wed Aug 03, 2011 12:28 pm
by Hugov
Baie geluk.
Magtig maar jy het n paar monsters gejag daar!!!!!
Cheers H
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Wed Aug 03, 2011 12:42 pm
by PITSMIT
baie mooi charl
met watse kal het jy geskiet?
nou bietjie raas: wat is met die toe slot?

net goedige raas hoor

Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Wed Aug 03, 2011 1:24 pm
by Lourens
Baie geluk Charl, voorwaar baie mooi trofees daai!!
Groete,
Lourens
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Wed Aug 03, 2011 1:59 pm
by Plant
Baie netjies, Geluk man.
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Wed Aug 03, 2011 2:06 pm
by DawieKotze
Baie netjies!!
By wie het julle gejag?
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Wed Aug 03, 2011 2:27 pm
by .::Alwyn-U::.
Baie mooi, ek sal graag eendag in namibie wil gaan jag. Kan iemand my se hoe werk die story om jou geweer oor te vat en n bok terug te bring?
Groete
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Wed Aug 03, 2011 2:44 pm
by ArnoldM
Wel gedaan Charl, mooi vleis daai!
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Wed Aug 03, 2011 5:28 pm
by Doepie01
Alwyn
Dit is eintlik baie maklik. Jy moet n uitnodigings brief van die eienaar in Nam kry by wie jy gaan jag. Jy moet basies net n tydelike uitvoer permit vir jou wapen by die SAPS kry hier in SA. Maak net seker dat as jy 20 patrone op die permit sit jy 20 patrone saamvat.Niks meer of minder nie. Maak ook doodseker dat die regte grenspos op die permit genoem word.
Die persoon by wie jy gaan skiet sal vir jou n jag lisensie uitneem in Nam asook n permit om vleis terug te neem SA toe. Die manne daar weet wat om te doen. Die persoon bie wie ek gaan jag het, het "Venison" op die permit gesit en nie gespesifiseer wat se wild nie. Dit werk die beste. Laastens moet jy net seker maak dat jy nie meer kg terug bring as wat op die permit staan nie.Dan het jy moeilikheid.
Ek het Junie maand in Nam gaan jag en het geen probleme gehad nie. Probeer ook so vroeg as moontlik deur die grensposte gaan. Dit is net vinniger.
Mooi bly
Doepie
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Wed Aug 03, 2011 6:37 pm
by .::Alwyn-U::.
Thanks doepie vir die info! Dit klink nogal maklik, js reg.
Groete
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Thu Aug 04, 2011 8:28 am
by Evert
Dis bitter mooi Elande daai, Baie geluk dis nie al dag laat mens sulke Elande skiet nie self daai Kudu bul is n mooi trofee.
Ekt gehoor die nuwe rekord Eland is daar in die Grootfontein Area geskiet.
@Doepie toe jul in Nam gejag het,het jul enige trofees terug gebring?
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Thu Aug 04, 2011 8:43 am
by Hugo
E-Bird wrote:
Ekt gehoor die nuwe rekord Eland is daar in die Grootfontein Area geskiet.
E-bird,
Kyk daai laaste eland foto, hy is daai rekord een van wat jy praat.
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Thu Aug 04, 2011 9:45 am
by Truvelloman
ja die laaste eland is die groote, langste horing is 118.5cm = 46 3/4" na 30 dae droog
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Thu Aug 04, 2011 5:10 pm
by Doepie01
E-Bird
Nee wat jong. My jagtrippies is gewoonlik vinnig verby. Ek skiet vir die pot en kon dit nog nooit oor my hart kry om daai trofee diere te skiet nie. Gaan dan ook gewoonlik vir n koei/ooi want hul vleis is die lekkerste. Ek het n Rooihartbees geskiet.
Mooi bly
Doepie
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Thu Aug 04, 2011 10:15 pm
by Naas
Baie mooi gegoog.Sal glad nie omgee
om eendag n mooi eland te skiet nie
Is daai 3de een n livingstone.sien net die streepe op die lyf
Naas Potgieter
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 1:22 pm
by Truvelloman
ja daai is n livingstone ja, daars baie van hulle, ek het in 2009 n ordentlikke livingstone bul geskiet, hulle vel is darm maar mooi! maar snaaks genoeg kry nie sommer sulke kloste voor die kop soos die cape nie
Re: My Namibia Jag Trip Junie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 2:57 pm
by BLOUVALKIE
hallo oom charl
dit is mooi elande daai en daai kudu se horings lyk baie snaaks
mooi geskiet geluk
lekker dag
BLOUVALKIE