Page 1 of 1

Mooi bokke gejag

Posted: Thu Aug 04, 2011 10:28 am
by Truvelloman
Hier nog n paar van my jag fotos

Re: Mooi bokke gejag

Posted: Thu Aug 04, 2011 10:37 am
by Dawid
Charl

Ek sien op jou vorige post ook dis pragdiere wat gejag is, baie geluk daarmee maar jy sal nou moet stadig ou maat sonie gaan daar niks vir ons ander manne oor wees nie, smaak my jys van plan om al die elande uit te skiet soos PITSMIT amper vanjaar al die Ooskaap koedoes uitgedun het.  :laugh: :laugh:

Re: Mooi bokke gejag

Posted: Thu Aug 04, 2011 10:47 am
by Truvelloman
hahaha jong glo my, daars meer elande as beeste op daai plaas, en dis nog n oop plaas ook.

Re: Mooi bokke gejag

Posted: Thu Aug 04, 2011 10:50 am
by Dawid
Nee dan sal ek met die manne moet praat oor n Suidwes jag  ;D ;D

Re: Mooi bokke gejag

Posted: Thu Aug 04, 2011 11:37 am
by PITSMIT
mooi charl dis n pragtige kudu daai hy het mooi massa in sy horings en daai suidwes elande bly nog n droom vir my

baie mooi bokke almal daai

Re: Mooi bokke gejag

Posted: Thu Aug 04, 2011 11:38 am
by Monrique (SJ)
Mooi bokke, baie geluk


Groetnis

Re: Mooi bokke gejag

Posted: Thu Aug 04, 2011 12:29 pm
by Skolla
Charl

Baie mooi bokke.
Waar presies l? die plaas en wat is sy naam.
Ek is van Nam en stel net belang.

Skolla

Re: Mooi bokke gejag

Posted: Thu Aug 04, 2011 12:57 pm
by Danie01
Charl

Baie mooi bokke daai! Ek lekker jaloers!

Met watter kalibers het jy geskiet? Watter afstande?

Groete
Danie

Re: Mooi bokke gejag

Posted: Thu Aug 04, 2011 2:12 pm
by Truvelloman
ek jag net met my 30-06, met Norma 180gr Nosler Partition ammunisie, kudu was 180m, gemsbok was 200m, eland was 80m, blouwildebees was 170m, rooihartbees 120m, ons konsessie is naby grootfontein op die waterberg pad

Re: Mooi bokke gejag

Posted: Fri Aug 05, 2011 3:02 pm
by BLOUVALKIE
Hallo oom charl

jho dit is mooi bokke daai kudu lyk pragtig

daai hartebees is mooi

mooi geskiet daar

lekker dag
BLOUVALKIE

Re: Mooi bokke gejag

Posted: Fri Aug 05, 2011 3:18 pm
by Lourens
Great Charl, baie mooi trofees daar!!