Page 1 of 2
Namibie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 9:02 am
by gillie
Op pad na Namibie deur Botswana, anderkant Kang, het ons 3 jagluipers raakgeloop...
[img width=560 height=371]
http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... GP6712.jpg[/img]
Eerste van 2 vlakkies
[img width=560 height=371]
http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... GP6734.jpg[/img]
Tweede vlakkie
[img width=560 height=371]
http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... GP6745.jpg[/img]
Koedoe was nie op die spyskaart nie
[img width=560 height=371]
http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... GP6767.jpg[/img]
Ook nie Eland nie, wel, nie hierdie jaar nie
[img width=560 height=371]
http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... GP6777.jpg[/img]
Het wel my RooiHartebees gekry
[img width=560 height=371]
http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... GP6780.jpg[/img]
En paar kelkiewyne
[img width=560 height=371]
http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... GP6792.jpg[/img]
Gebruik Swift A-Frame punte in my 30-06.
Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 9:21 am
by Rinkhals
Gillie,
Jys beter as ek, daai kudu sou moes bakkie geklim het! Nice fotos

Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 9:24 am
by henried
Geluk, mooi fotos, en n mooi hond.
Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 9:38 am
by Lourens
Ja nee my maat, daai koedoe moes vir 'n feit bakkie gery het!!

Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 9:39 am
by Frikkiedbr
Wow lekker, ja nee kyk ek glo jou hart het punt getrek toe jy daai kudu sien.
Geluk en lekker wild eet

Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 9:55 am
by gillie
Dankie menere
Die hond se naam is Ante, en die eiendom van die PH wat saam was. Het gehelp met die wingshooting ook
Ek heg foto aan van selfde koedoe vanaf ander hoek... Wat se julle daarvan ?
[img width=560 height=371]
http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... GP6770.jpg[/img]
Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 10:05 am
by gillie
Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 10:14 am
by herley
Mooi Gille, nou wonder ek net wat se knop sit op die koedoe se skouer, kan dit dalk n kwes skoot wees wat hy oorleef het
Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 10:20 am
by gillie
Ja moontlik, duidelik 'n abses en die koedoe se kondisie, ook in vergelyking met die ander koedoes op die plaas, se dat hy nie gelukkig is nie.
Die PH wat saam met ons daar was, was hierdie week op dieselfde plaas met ander jagters en het gesoek na hierdie spesifieke koedoe, maa rkon hom nie kry nie. Hopelik het hy nie gedooi voordat iemand hom kon jag nie...
Dalk moes ek hom maar op die bakkie gelaai het...

Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 10:33 am
by BLOK
Baie mooi fotos, daai Kang wereld het vroer jare baie cheetas gehad ek's bly hulle is nog daar, Kan net nie verstaan hoekom jy nie maar daai kudu verlos het nie.
Blok
Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 11:12 am
by gillie
Die plaaseienaar is maar baie suinig met sy koedoes, dis hoekom hierdie een seker so 300m van die huis af rondgeloop het. Die res ook baie mak. Maar vir die res van die wild... mooi bekruip gaan jou nie noodwendig sukses verseker nie... willer as die wiltuin !!!
Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 12:37 pm
by Witpietskiet
Gillie as ek magr vra, waar in Nam het julle gejag?
Mooi loop
Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 12:51 pm
by gillie
Piet, hierdie fotos (behalwe die kelkiewyne en jagluiperds) is alles geneem op 'n plaas so 140km vanaf Windhoek (padlangs). In die Hochfeld gebied, so 40km verby Omitara. Het saam met ou skoolvriend gejag wat nou PH is in Nam. Hy het natuurlik toegang tot paar plase ens. So ons probeer maar elke jaar dinge bietjie afwissel.
Groetnis
Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 05, 2011 12:52 pm
by gillie
Sien nou eers jy is van Nam af, so jy sal die gebied ken!

Re: Namibie 2011
Posted: Wed Aug 10, 2011 9:46 am
by PITSMIT
gillie
baie mooi bokke en varke. lyk of julle dit geniet het
en dink daai kudu se blad lyk so van baklei. as dit n kwes wond was moes daai bok gele het want dis op die vitals. dis ook n toe wond en daar drup nie sug uit nie jy sou dadelik gesien het as dit n kwes wond was. die plek om die gat raak pikswart het al n paar gekry wat gekwes was.
jammer dat daai eienaar nie sy diere liefhet nie want jy kan sien daai dier ly. seker maar die geldnote wat dikteer
Re: Namibie 2011
Posted: Wed Aug 10, 2011 10:02 am
by gillie
Hi Pit
Dankie vir die terugvoer. Kan nie onthou of ek dit hier genoem het nie, maar eienaar het toe paar weke later toestemming gegee vir koedoe om gejag te word. Ouens kon hom toe nie kry nie. Hy is seker nog daar rond.
Groetnis
Re: Namibie 2011
Posted: Wed Aug 10, 2011 10:04 am
by Hugo
Daai kudu gan vrek voor 2012 aanbreek, hys baie maer en as die manne eers begin kondisie verloor is dit verby. Hy gan daai kudu optel.
EKt al die les duur geleer omdat "mens" die goed wil b?re.
Re: Namibie 2011
Posted: Wed Aug 10, 2011 10:10 am
by gillie
Ja Hugo, dit sal jammer wees. Wat ook jammer sal wees is dat die eienaar op so 'n manier 'n les geleer moet word.
Re: Namibie 2011
Posted: Wed Aug 10, 2011 8:13 pm
by Hugo
Ons het 6 bulle in 2 jaar gejag, kleinste was 48", toe "bere" ons hulle vir 4 jaar, toe tel ek n 53 en amper 57 bul op, moerse hartseer, die jaar weer die manne lat begin jag, 1 per jaar, en ons het n 53,5" vroeer die jaar gejag, volgende jaar is dit so 52" bul see beurt!
Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 12, 2011 8:58 am
by gillie
More manne
Net vinnig weer 'n paar toevoegins tot my jag... Verskoning vir die gekruide taal hier en daar.
Geniet dit ...
http://www.vimeo.com/user7627607/videos
Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 12, 2011 9:10 am
by Hugo
Nice Vid, net een opmerking, waar julle die eerste keer hande 4 voet bekruip, is daai geweer veilig?
Hy wys reg in die rigting van die gids/PH se boude en daai slot is darm baie toe.
Anyway, nice vid.
Re: Namibie 2011
Posted: Fri Aug 12, 2011 9:17 am
by gillie
HI Hugo
Dankie vir die terugvoer, was inderdaad veilig...
Re: Namibie 2011
Posted: Mon Aug 15, 2011 5:50 pm
by Piet Breedt
Johan, ek wil ook opbouende kritiek lewer, en ek hoop jy sien dit in die lig wat ek dit bedoel. Maak maar eerder die slot oop terwyl jy bekruip, en maak hom stadig en saggies toe slegs wanneer jy gereed is om toe te skiet, en weer oop as jy nie geskiet het nie. Op n stadium het die PH voor jou uitgeloop nadat jy die safe afgehaal het toe jy nie die skoot gevat het op die Rooihartbees. Ook so by die vlakvark.
Ek het al te veel ongelukke so gesien gebeur, en ek was self al amper happy hunting grounds toe oor iemand wat vergeet het om weer die safe terug te sit op safe nadat hy nie die skoot geneem het nie. My nekvel het gebrande kruit in gehad, so naby was dit.
Dan wil ek jou ook 2 x tips gee.
1. Jy lig jou kop te gou na die skoot om te sien of die bok val. Hou jou kop op sy plek tot heelwat na die skoot geloop het. Dit sal n reuse verskil aan jou skietkuns maak
2. Jou geweer se scope mounts is te hoog, en dit veroorsaak dat jy nie n goeie "cheeck weld" kry nie
Baie mooi video. Waar het jy die kamera vas ge sit?
Re: Namibie 2011
Posted: Mon Aug 15, 2011 7:56 pm
by .::Alwyn-U::.
Gillie
Baie mooi videos! Is dit 'n GoPro HD kamera? lyk amper so as ek kyk na die skaduwee toe hy op jou kop was met die tarentaal jag.
Groete
Alwyn
Re: Namibie 2011
Posted: Tue Aug 16, 2011 7:21 am
by gillie
Hi Alwyn
Dis net 'n GoPro ja. Speel nogal lekker met hom, kwaliteit ook glad nie sleg nie.
Groetnis