Page 1 of 1

Vlakvarkie

Posted: Sun Aug 09, 2009 3:12 pm
by projag
Botande is 13.8 duim Die varkie was in sy laaste dae en is dus nie sommer net geskiet omdat skiet skiet is nie[/b]

Re: Vlakvarkie

Posted: Mon Aug 10, 2009 10:45 am
by Freek
Daai vark verdien 'n saluut... min van hulle sien sulke jare. Hy het 'n volmaakte lewe gehad. Dankie dat jy met ons deel projag. Die veearts moet my ook maar eendag uitsit as die ouderdom te lank word...genade dood. 8)

Re: Vlakvarkie

Posted: Tue Aug 11, 2009 3:40 pm
by Caller
Freek

Ou jakkalsjagters gaan nie dood van ouderdom nie. Hulle raak so sleg dat die  katte hulle later vang, maar hulle dood nie vanself nie.

Caller 

Re: Vlakvarkie

Posted: Wed Aug 12, 2009 7:05 am
by Freek
True,true Caller. Ons staan seker nie verniet bekend as bitter einders nie, geduld moet die rede wees hoekom ons solank uithou... ;D My ouman het altyd hier op sy laaste die uitlating gemaak "As jy in die oggend wakker word sonder pyne moet jy weet jy's dood..."

Nou ja ek kan seker nie met hom verskil nie, maar ek het ook nog nie die voorreg gehad om hierdie ouderdom oggend pyne te ervaar nie, hulle is seker nog oppad. Enigste oggend pyn wat ek al deur gemaak het is die Sondag oggend na die Saterdag se mooi rugby, blykbaar is dit 'n spontane ligaams reaksie na die vorige aand se oormatige vog in name. ::)

Re: Vlakvarkie

Posted: Wed Aug 12, 2009 1:05 pm
by Christo
Projag

Mooi vark hoor.

Ek het die winter 'n ander uitkyk op vlakvarkvleis gekry toe ek Cabbanossi daarvan gemaak het en dit soos gewone dro?word gedroog het. Die varke waar ek gaan jag sal nou moet begin camo dra. Ek verruil enige tyd Rooibok biltong daarvoor.

Christo

Re: Vlakvarkie

Posted: Wed Aug 12, 2009 1:45 pm
by Freek
Christo ek stem saam met jou, daai ot se vleis is heerlik. Maar ek het gevind die ou bere se vleis is nie so gaaf nie, verkies maar eerder 'n jongerige vark vir 'n tafel gereg. Selfs ou Caller het hin wenner van 'n vlakvark wors resep beet... genade land my bek water al klaar net met die gedagte aan daai worsie.

Moet ook nie vlakvark se half broer bosvark weg gooi nie, nou daai my ou maat is prima vleis. ;)

Re: Vlakvarkie

Posted: Wed Aug 12, 2009 10:28 pm
by Caller
Ou Freek

Ek hoop net die normale spontane oggend ligaamsreaksie is darrem nog teenwoordig jong. ::) Wanneer daai reaksie die dag weg is, dan weet jy die skrif is aan die muur. :(

Caller

Re: Vlakvarkie

Posted: Thu Aug 13, 2009 4:53 pm
by Ambessa
Hallo Caller
Caller wrote:...Ou jakkalsjagters gaan nie dood van ouderdom nie. Hulle raak so sleg dat die  katte hulle later vang, maar hulle dood nie vanself nie.
...darem 'n wonderlike spesie die "jakkalsjagters". Hoop nir dit is huiskatte wat die coup de grace gee nie?

...bittereinders soos min?

Mooi loop.

Ambessa

Re: Vlakvarkie

Posted: Thu Aug 13, 2009 10:15 pm
by Caller
Ambessa

Nee magtag man, dit moet darrem 'n rooikatjie of kolkat of vuilbaard of iets behooliks wees. Jy weet mos, dis nie ook sommaar net vir kom vat nie. >:(

Caller

Re: Vlakvarkie

Posted: Thu Aug 13, 2009 10:25 pm
by Ambessa
Halo Caller
Caller wrote:...Nee magtag man, dit moet darrem 'n rooikatjie of kolkat of vuilbaard of iets behooliks wees. Jy weet mos, dis nie ook sommaar net vir kom vat nie. >:(
Einste, dit moet ten minste 'n tau of 'n simba wees...

Ambessa

Re: Vlakvarkie

Posted: Fri Aug 14, 2009 7:10 am
by Freek
Caller en Ambessa so julle reken julle wil nie lei nie, daai kat moet ten minste kan raak en vas vat. Die sakie vinnig en skoon agter die rug kry... ;) Mens lei lank genoeg net aan die ouderdoms skete.

Re: Vlakvarkie

Posted: Mon Aug 31, 2009 6:47 am
by Freek
So hin vark staan in my geweste bekend as 'n Gallion - afgelei van die bekende Gallion pad skraper. Sy tande staan so wyd uit laat dit lyk soos skraper lemme... ;D Stoot letterlik sy pad skoon as hy onder deur 'n draad kruip, of as hy wy etc,etc,etc. ;)