Page 1 of 2

Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 12:31 pm
by Ben Remington
Goeie middag....

Ons is so paar pelle wat die jag vir Myburgh moontlik gemaak het . Die ou het 8 geword en toe ek hom vra wat hy graag vir sy verjaarsdag sal wil skiet was sy antwoord dat hy graag 'n vark sal wil skiet, toe besluit ons paar pelle saam ons wil hom verras. Die bul het seker so op 160m gestaan om en by....effe skuins weg van ons af...
Myburgh was lekker rustig en die skoot het geloop...ons kon hoor dis raak en die bul het nie veel reaksie getoon nie, na so 15 sekondes het hy begin struikel en na so vyf meter se loop omgeval en daar bly lê. Hier is paar kiekies.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170222_151752mmmm_zps58gislij.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170222_151851_zpslj7vm2zg.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170222_151846mmm_zpsho34k3rq.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170222_152033_zpsklnzrmlx.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/IMG_6845mmmm_zpsr6sd5lbi.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170222_161817mmmm_zpszzxpqezw.jpg

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 12:34 pm
by tripodmvr
Pa bederf te lekker.

Klop die man op sy skouer. Mooi geskiet.

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 12:36 pm
by Ben Remington
Baie dankie.....ek was darem self trots op my maat, die lewe is kort en ek probeer maar voluit lewe saam met Myburgh sovêr moontlik.

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 12:40 pm
by J le Roux
Ek wil ook so vark skiet! Spot net, baie geluk aan Myburgh.

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 12:41 pm
by Philip_R
Baie geluk, dis sommer n lekker groot "vark" daardie.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 12:43 pm
by partner
Baie geluk en dankie vir die fotos en deel daarvan.

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 12:44 pm
by LUAN
Lekker van die bakkie af mooi man

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 12:53 pm
by Ben Remington
Altyd lekker Luan....lekker dooierus van die bakkie af....hy wou graag stap, maar in hierdie wêreld stap ek nie onnodig in lang gras met Myburgh nie....die slange is nou effe aktief.

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 12:58 pm
by LUAN
Ek my eerste sprinbok ook van die bakkie af geskiet met n ou 303 ook nog. Watse kaliber en koeel het julle hier gebruik?

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 1:00 pm
by neef
Mooi gedaan geluk

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 1:07 pm
by Ben Remington
Baie dankie.

Luan dit was my 308 met 165gr Sierra Gameking.

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 1:20 pm
by SHARKY
Baie Geluk!! Baie Nice!![CLINKING BEER MUGS][CLINKING BEER MUGS]

Sent from my SM-J500F using Tapatalk

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 2:32 pm
by Frederik
Baie geluk en mooi gedoen.

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 2:52 pm
by ruaanb
Baie geluk!

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 3:22 pm
by Chevvy SS
Lekker man; julle 2 is 'n "mean" team!

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 3:42 pm
by vossie1
Ja nee, n mean team beslis, baie geluk jy los mooi herhineringe vir jou mense.

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 5:16 pm
by regal
baie geluk, mens geniet dit meer as wat jy self die sneller getrek het.

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 5:19 pm
by Ben Remington
Regal dis baie waar...

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 5:38 pm
by Tikka_25-06
Baie geluk aan Myburg, dankie vir die deel dit is great! Tot my vrou weet al wie Myburg op jaracal is.lol My seun word 6 en is netso mal oor die veld so ek deel die sentiment!

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Thu Feb 23, 2017 10:59 pm
by Konrad308
Baie geluk. Baie mooi bul.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Fri Feb 24, 2017 12:32 am
by koos 2
Baie geluk aan die mannetjie.

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Fri Mar 03, 2017 2:05 pm
by OU VOORSLAG
Baie geluk Ben en Myburgh. Dis voorwaar n mooi bok, en mooi herinneringe wat gemaak is.

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Fri Mar 03, 2017 2:48 pm
by PietWessie
Die engelsman stel dit mooi, PRICELESS!!! Geluk ou bul!

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Fri Mar 03, 2017 3:01 pm
by Ashley
Wow, wat n geskenk!
Pragtige bul daai, mooi horings. Baie geluk aan die jong mannetjie!

Re: Nog 'n nuwe spesie vir my beste pel....

Posted: Wed Mar 15, 2017 6:57 pm
by .270 Man
Dit is n groot geskenk baie bevoorreg om op 8 so n mooi bul te kan skiet.
Wel gedaan ou grote.