My Eland Bul

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

My Eland Bul

Post by Lourens »

More manne,

Het in Augustus 2008 hierdie mooi Eland bul anderkant Ellisras op die Botswana grens geskiet. Hy was in sy prime en het reeds 35'' gemeet. Ek dink as hy nog 'n paar jaar geloop het sou hy waarskynlik 'n redelike monster uitgedraai het. Sy horings het nog nie eers begin stomp word of afwerk nie, en hy het alklaar 'n redelike lekker kuif gehad. Hy hang nou in my trofeekamer.

[img width=560 height=373]http://i1188.photobucket.com/albums/z40 ... 8Eland.jpg[/img]

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
300Winmag

Re: My Eland Bul

Post by 300Winmag »

Dis 'n mooi bok daai. Ek dink dis volgende op my lysie.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: My Eland Bul

Post by Lourens »

Go for it 300, dis rerig 'n baie lekker dier om te jag. Hys 'n redelike uitdaging maar as jy hom plat het voel dit of die wereld aan jou behoort!  ;D

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7547
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: My Eland Bul

Post by Wouter Roets »

Lourens

Dit is n baie mooi Eland daai ou maat! Daar sou seker nog n duim na duim en n half in daai knewel gesit het oor tyd. Dit lyk soos die 338 wat die skade gemaak het? Het jy hom dalk geweeg?

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: My Eland Bul

Post by Lourens »

Wout,

Dis inderdaad die .338 wat verantwoordelik was vir die bul. Hy was die eerste bok wat ek met my .338 geskiet het en na ek gesien het hoe hard hy 'n Eland bul slaan was dit sommer dadelik my liefling-jaggeweer gewees.
Die jag het in Augustus 2008 plaasgevind en die veld se kondisie was al baie af gewees en dus kon jy dit op die diere se kondisie ook sien. Ek het hom geweeg en die skaal het getrek op 332kg ten volle afgeslag en uitgeslag. Ek sal graag nog 'n bul wil skiet wat 400kg+ uitslag, een van daai ou blou oupas wat 'n spoor so groot soos die sirkel in 'n papbord trap.  ;D

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: My Eland Bul

Post by BLOUVALKIE »

hallo oom rooijakkals

jho!!!!!!!!!!! dit is 'n vrek mooi eland

daai lyf is baie baie baie groot

lekker dag
BLOUVALKIE
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: My Eland Bul

Post by Monrique (SJ) »

@ Lourens

Baie geluk met hierdie mooi bok. ;)

Groetnis
Post Reply