Page 1 of 1

Bucketlist No 1

Posted: Thu Mar 02, 2017 11:18 am
by Dolf014
Manne.

Ek deel graag my storie oor die afgelope naweek se uitstappie.

Vir 2 jaar lank kon ek net nie my 2 buckitlist jagte afhandel nie. Die probleem van tyd, finansies en geleendhede het altyd n spanner in die wiel gegooi.

Vandag kan ek sê; 1 is afgemerk. Jaco Wiele (ook n forum lid) reel vir ons n takbok jag anderkant Upington. Plek, tyd en datum is vas gemaak en Vrydag oggend vroeg val ons in die pad. Met son opkoms trek ons van die pad af en geniet 'n lekker koffie.

Op die plaas aangekom, het ons afgepak en skietbaan toe gegaan. Alles was reg en toe begin die jag. Die idee van die takbok jag was "spot & stalk" Ons het skaars 10 minute in die veld gery, toe sien Jaco die eerste takbok se horings. LW; NET die horings. Ons gaan toe bietjie nader, en toe raak die horings weg. Die bok het gaan lê, en ons maak ons self wys hy rus nou vir die middag (want dit was amper 12uur). Ons gaan toe nog nader om te kyk waar hy is, en die volgende oomblik spring hy op tussen die driedoring bosse en hardloop in die dikbos in.

Ons ry toe na verskillende plekke in die kamp, parkeer die bakkie en stap. Later die middag kry ek en die gids 2 ramme. Toe ek aanlê oor die skiet stokke, maak die gids seker ek sien die "tag" in die groot takbok se oor. Die ander ram (kleiner bok) WEET hy is veilig agter daai rooi tag, en gaan staan agter die tag bok. Na 'n paar minute se wag kom hy so effens agter die tag bok uit. Ek moes vir sy kop gaan en mis toe die skoot.

Ek het toe later n springbok ram bekruip tot 135m en toe n kopskoot toegedien oor die skiet stokke (daai dubbel steun stokke wat op n ander post bespreek was. Ek moet sê; hulle werk baie lekker) Jaco het net voor sonsak n blou wildebees geskiet.

Die volgende dag was ek heeldag aan die stap in die wildskamp, die gids was op sy perd, en die boer in sy bakkie.....................niemand sien n takbok ram nie. Ek dog toe; ja, daar gaan my buckitlist bok alweer want more ry ons. Die aand langs die vuur sê Jaco vir my; kom ons ry more oggend vroeg so n laaste draai voor ons die lang pad vat. Ek is huiwerig, en Jaco vermaan my om "daaroor te slaap"

Toe ek die volgende oggend wakker word sê ek; Jaco, kom ons ry daai laaste draai!!! Maak die gids wakker en daar ry ons. Skaars 10 minute in die veld toe vra Jaco; wat staan langs daai Suidwes Doringboom?? Ons stop, gryp verkyker; en wragtag, daar staan dieselfde ram wat ons die eerste dag gekry het. Dieslefe storie; jy sien net sy horings, en toe gaan lê hy. Ek wil toe my skiet stokke vat en agter hom aanstap. Mooi man!!!; die skiet stokke lê by die huis!!!. Wel ek stap toe na die Suidwes doring boom toe. Ek was redelik naby aan hom, toe hy tussen die driedoring bosse uitspring. Hy hardloop net tot daar weer n boom tussen ons is, dan gaan staan hy. Die 2de ker hardloop hy tot n 'n droee rivierloop. Mismoedig stap ek in dieslefde rigting en wonder; sal ek hom ooit weer sien.

Toe ek so om die volgende suidwes doring stap stan meneer in die son en kyk vir my (seker so 50meter). Met geen skiet stokke nie moes ek toe uit die vuis uit skiet. Daar sou anyway nie tyd gewees het om skiet stokke oop te maak nie. Ek kon net sy kop en nek sien, en mik toe maar vir die dikste deel waar sy nek in die bosse verdwyn. Ek het gehoor hoe tref die Hornady hom en weg is hy. Hardloop nader;.............. en daar lê my 2 jaar droom; 'n mooi takbok ram!!!!

Hiermee verklaar ek; 'n takbok ram is die SKELMSTE bok wat ek nog ooit gejag het. En het al 'n hele paar koedoe bulle geskiet.

Maar die harde werk het die jag soveel meer spesiaal gemaak.

Re: Bucketlist No 1

Posted: Thu Mar 02, 2017 11:20 am
by Dolf014
Nog Fotos

Re: Bucketlist No 1

Posted: Thu Mar 02, 2017 11:20 am
by Dolf014
En hy was SPEK VET!!

Re: Bucketlist No 1

Posted: Thu Mar 02, 2017 11:33 am
by ruaanb
Baie geluk! Hopelik kom my planne ook af vir een die jaar. Dit is darem net die lekkerste vleis.

Re: Bucketlist No 1

Posted: Thu Mar 02, 2017 11:34 am
by Malan123
Man die seisoen moet nou aankom. Dankie vir die deel en geluk!

Re: Bucketlist No 1

Posted: Thu Mar 02, 2017 11:34 am
by PWV
Geluk, Dolf!
Altyd lekker as 'n storie so 'n lekkerrrrr nadraai het. .
Moet net byvoeg dat ons skietstokke baie lekker werk.
Vertel darem waarmee jy geskiet het en van watter Hornady jy praat. Die 308?

Re: Bucketlist No 1

Posted: Thu Mar 02, 2017 11:53 am
by Frederik
Dankie vir die deel en baie geluk.

Re: Bucketlist No 1

Posted: Thu Mar 02, 2017 1:35 pm
by toelie
Liewe ouers maar hy is omtrent spek vet

Re: Bucketlist No 1

Posted: Thu Mar 02, 2017 2:59 pm
by koos 2
Mooi vertel. Dankie vir die deel. Baie geluk.

Re: Bucketlist No 1

Posted: Thu Mar 02, 2017 3:15 pm
by sako 30-06
Mooi vertel en baie mooi bok.

Hy is spekvet. Hoe proe daai vet, sal dit werk vir wors ens?

Re: Bucketlist No 1

Posted: Thu Mar 02, 2017 3:31 pm
by Dolf014
Oom PWV. Ja dit was die 308 met 150grein Hornady Interlock. Ek skiet met goedkoop koele (maar gelukkig kan die bokke nie lees nie ;D ;D )

Karkas het 47kg geweeg. Het nog nie geproe nie, sal defnitief die naweek paar tjoppies op die kole sit.
Ek glo hy sal lekker wors maak so met sy eie vet.

Re: Bucketlist No 1

Posted: Thu Mar 02, 2017 5:55 pm
by Apie
Oorlekker!

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Bucketlist No 1

Posted: Thu Mar 02, 2017 6:18 pm
by ruaanb
sako dit is so goed jy eet skaap dit is diep lekker vleis!

Re: Bucketlist No 1

Posted: Thu Mar 02, 2017 7:12 pm
by alecjohnson
Lekker storie! Daai bok is mooi vet!!! Geniet elke happie!!!

Sent from my BV6000 using Tapatalk

Re: Bucketlist No 1

Posted: Mon Mar 13, 2017 8:59 am
by Dolf014
Baie dankie aan my maat, Jaco Wiele, hy het vir my n pragtige "white skull mount gemaak.

Re: Bucketlist No 1

Posted: Mon Mar 13, 2017 9:09 am
by Geno
Daai mount lyk bitter mooi!

Re: Bucketlist No 1

Posted: Mon Mar 13, 2017 9:24 am
by neef
baie mooi lekker eet

Re: Bucketlist No 1

Posted: Mon Mar 13, 2017 9:35 am
by Frederik
Baie netjies is sommer baie vinnig gedoen.

Re: Bucketlist No 1

Posted: Mon Mar 13, 2017 6:59 pm
by Sean3006
Nice Trophy