Page 1 of 1

Karoo Jag - Brulberg

Posted: Thu Aug 18, 2011 9:46 am
by FDJ
Hi

Ons het vroeer die jaar besluit om `n karoo jag te doen.Was `n baie lekker ondervinding en gaan in die toekoms meer gereeld in die karoo jag.Tussen 6 jagters het ons 2 Elande, 4 Swart Wildebeeste, 6 Springbokke, 8 Blesbokke, 2 Rooibokke , 1 Takbok , en 1 Lechwe gejag.Hier is `n paar van die mooier foto`s

Na `n lang stap het ons op `n koppie gesit en die terrein bekyk toe ek `n trop swart wildebeeste sien nader kom het.Het die bul geskiet op 314m met my 30-06 gelaai met 165gr Nosler Accubond teen 2700f/s.

Image

My neef met `n mooi blesbok ram.214m met 7x57.

Image


My ander neef met sy eerste springbok.

Image

Meeste van die plaas lyk of die klippe op mekaar gepak is

Image

Ons verblyf vir die paar aande

Image

;D

Image

Mooi wereld waar ons gejag het

Image

Groete

Francois

Re: Karoo Jag - Brulberg

Posted: Thu Aug 18, 2011 9:52 am
by GreyGhostGear
Lyk lekker Francois, die gids op die foto saam met jou Wildebees lyk egter nie of hy daai "lang stap" so vreeslik geniet het nie... ;D

Re: Karoo Jag - Brulberg

Posted: Thu Aug 18, 2011 9:52 am
by henried
Geluk.
Hulle pryse is ook nie te sleg nie.

Re: Karoo Jag - Brulberg

Posted: Thu Aug 18, 2011 9:56 am
by FDJ
Hi

Daai gids was nog `n "trainee" ook gewees.Was baie beindruk met hulle pryse,verblyf,fasiliteite en diens gewees.Gaan verseker weer daar jag.

Groete
Francois

Re: Karoo Jag - Brulberg

Posted: Thu Aug 18, 2011 12:29 pm
by DawieKotze
Dit lyk sommer spiekeries daar!! En die pryse is baie billik! Hulle noem niks van slagfooie nie? Ek sal Paula kontak en al die besonderhede kry, want ek wil moontlik volgende jaar daar gaan jag.

Geluk met die jag!

Verstaan ek hulle site reg? R285 pp vir verblyf. Dan R250 + BTW per jagter per nag? So vir 'n jagter is dit R570 Ink per nag? Of is dit net R285 Ink per jagter wat dan ook oorslaap?

Re: Karoo Jag - Brulberg

Posted: Thu Aug 18, 2011 12:53 pm
by FDJ
Hi Madako

Nee dit is net R 285 per nag.Kan nie onthou of dit inc of excl is nie.Slag fooie is ingesluit maar ons het elkeen `n ekstra fooi ook gegee.Daar is geen dag/jag fooi nie.Jy betaal net vir jou verblyf van R 285.


Groete
Francois

Re: Karoo Jag - Brulberg

Posted: Thu Aug 18, 2011 1:42 pm
by DawieKotze
Klink goed! Dankie FDJ.

Re: Karoo Jag - Brulberg

Posted: Thu Aug 18, 2011 2:05 pm
by Andre Hugo
Dit is regtig 'n wonderlike plek Brulberg.  Was al baie daar en die wild is altyd in 'n goeie kondiesie. 

Re: Karoo Jag - Brulberg

Posted: Thu Aug 18, 2011 3:49 pm
by Wielie Waps
FDJ
Geluk met daai bokke man dit lyk lekker daar.
Ek het net 'n vraag oor daai willebees. Sy horings lyk vir my baie wyd en plat - kan dit dalk inteling wees.
Sorry FDJ ek wil nie afbreek doen aan jou glorie nie - ek vra uit nuuskierigheid :-\

Re: Karoo Jag - Brulberg

Posted: Thu Aug 18, 2011 3:54 pm
by BLOK
Waps

Ek dink dit lyk so omdat daai neus in die lug is. Brulberg lyk na n baie lekker plek om te gaan jag en ek kan sien julle het dit geniet. Waar in die karoo is die plek en wat is hulle pryse of het hulle dalk n webtuiste waar mens kan gaan kyk.

Blok

Re: Karoo Jag - Brulberg

Posted: Thu Aug 18, 2011 4:01 pm
by henried
Www.Brulberg.co.za

Kan die pryse ook daar kry.

Re: Karoo Jag - Brulberg

Posted: Thu Aug 18, 2011 4:11 pm
by BLOK
Dankie sal gaan kyk

Re: Karoo Jag - Brulberg

Posted: Thu Aug 18, 2011 6:06 pm
by FDJ
Hi waps

Jong ek is nie n kenner op inteling nie maar daai wildebees het vir my heel normaal gelyk.Horings het Nico vir my gemeet en as ek reg onthou net so oor die 23 duim.

Blok hulle het `n website.Google Brulberg want partykeer wil die site nie laai as jy hom direk in die toolbar in tik nie.

Re: Karoo Jag - Brulberg

Posted: Thu Aug 18, 2011 10:42 pm
by theedge
Netjies maat