Page 1 of 1

Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 11:45 am
by Thermal
Hi, Kan iemand my dalk sê wat is die prosedure om loop te laat korter maak?

Dankie

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 12:06 pm
by Apie
Wapensmit toe, hulle sny/grind/saag hom korter.

Sny weer n nuwe kroon.

En voila! Jou loop is korter

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 12:08 pm
by Thermal
Thanks Apie,
1. Moet ek eers toestemming kry by die cop-shop?

2. Het jy enige idee van die kostes

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 12:41 pm
by LoopSoosStroop
Die cop shop het geen rekord van jou loop lengte nie. Ek sê maar net.

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 12:44 pm
by Thermal
Enige idee wat die kostes mag beloop?

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 1:14 pm
by LoopSoosStroop
Nie alle geweersmede sal gemaklik wees om dit te doen nie, omdat dit onder "alterasies" sal klassifiseer volgend CFR.

Bel vir Mkonto hier op die forum en vra vir 'n kwotasie.

Waar is jy?

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 1:14 pm
by Thermal
Jhb

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 1:29 pm
by Apie
ARMS in Pta

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 1:53 pm
by Arnold
Het jy n ystersaag :)

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 1:56 pm
by Thermal
Ja, maar ek kort arms....

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 1:57 pm
by Thermal
Die byl bly "bounce" op die loop.... :)

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 2:00 pm
by Jean Marais
LoopSoosStroop wrote:Die cop shop het geen rekord van jou loop lengte nie. Ek sê maar net.
Die "cop shop" het nou die dag by my kom inspeksie doen. Hulle het als teen die oorspronklike dokumente van die vervaardigers gemeet en gepas. My een geweer se loop was so 3mm langer as die spec op die vervaardiger se dokkie. Toe wil hulle by my weet waarom, en by wie ek die loop laat verleng het, en of dit die oorpronklike loop is en en en. Ek sê toe dit kannie waar wees nie, en die vervaardiger se dokkie is foutief. Hulle wou sommer als verdomp konfiskeer het. Dit het regtig mooipraat en 'n baie groot "vergunninkie" gekos om hulle te kry om my uit te los.

Kontak maar eers jou DFO en maak heeltemal seker voor jy verander.

Geniet ZUMAMUSTFALL Vrydag.

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 2:05 pm
by Thermal
Lyk my eerder of iemand jou wou "burn"... klink na n set-up vir my.
Nog nooit gehoor dat hulle sulke goed "check" nie!
Ek's verbaas dat hulle sulke lyste het??

Hoe lank neem dit om so n brieffie by hulle te kry?

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 2:06 pm
by Jean Marais
Lank, baie lank - Jy moet presies sê hoeveel korter, watter wapensmid jy gaan gebruik en hoekom jy wil korter - meerste ouens wil gewoonlik langer.

Hulle raak nou selfs moeilik met die opsit van knaldempers - wapen nou volgens hulle nie meer volgens spec nie.

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 2:09 pm
by Willeboer
Jean Marais wrote:
LoopSoosStroop wrote:Die cop shop het geen rekord van jou loop lengte nie. Ek sê maar net.
Die "cop shop" het nou die dag by my kom inspeksie doen. Hulle het als teen die oorspronklike dokumente van die vervaardigers gemeet en gepas. My een geweer se loop was so 3mm langer as die spec op die vervaardiger se dokkie. Toe wil hulle by my weet waarom, en by wie ek die loop laat verleng het, en of dit die oorpronklike loop is en en en. Ek sê toe dit kannie waar wees nie, en die vervaardiger se dokkie is foutief. Hulle wou sommer als verdomp konfiskeer het. Dit het regtig mooipraat en 'n baie groot "vergunninkie" gekos om hulle te kry om my uit te los.

Kontak maar eers jou DFO en maak heeltemal seker voor jy verander.

Geniet ZUMAMUSTFALL Vrydag.
Net vir interessantheid, hoe het hulle jou loop gemeet?

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 2:09 pm
by Thermal
Sweet :)

As hy val, wat kry ons in sy plek...
Wat van as die ding 'n "set-up" is om grootter issues te maak?? Soos om te toets of dit moontlik is om die land af te sit?

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 2:12 pm
by Hein22
Jean, wel dit is 'n probleem.

Wat van die manne wat kamers laat oorsny na Akleys toe?

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 2:18 pm
by Jean Marais
Nee Hein, ek stem saam, maar wat kan ons nou juis maak.

Zappa, hulle het so 'n lazer bedryfie dingetjie daar gehad - moet sê ek het die ding nogal oulik gevind. Ek het toe sommer daai lengtes in QL gebruik, en my gunne skiet beslis beter - lyk my ek het my eie meting nie akkuraat genoeg gedoen nie.

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 2:18 pm
by Thermal
Ek het so n uur terug dieslfde dinge gelees op Jaracal in ou 2010/2011 "post" oor presies dit Hein :)

Gedoen om te sien of daar al iets geplaas was on lope korter te maak en hoe ons te werk moet gaan.

Hein, die manne het nogal begin om daai ding wat jy daar noem uit te lig...

Lyk my dit was toe al n probleem!!

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 2:22 pm
by LoopSoosStroop
Jean daardie is 'n baie interessante storie. Ek wonder ook waar hulle daardie lys gekry het, daar is darem baaaaie verskillende gewere en make en ouderdomme van daai gewere.

Wat as my P14 wettiglik korter gemaak is in 1957 vanaf sy oorspronklike lengte? Wie gaan die rekord daarvoor hê?

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 2:27 pm
by Jean Marais
Hey Kerels - Die is net 'n laat "April gek" grappie

Ek het op die oomblik nie juis iets om my konstruktief mee besig te hou nie, en ek kon net nie die versoeking weerstaan om bietjie gek te skeer nie

Geniet julle naweek manne. Laat die lood vlieg!!

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 2:30 pm
by Hein22
Jean Marais wrote: Ek het toe sommer daai lengtes in QL gebruik, en my gunne skiet beslis beter - lyk my ek het my eie meting nie akkuraat genoeg gedoen nie.
Hierdie het my laat wonder.

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 2:31 pm
by LoopSoosStroop
Ja met "interssante storie" het ek eintlik bedoel "11.1.11 storie", haha

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 2:34 pm
by Apie
Jean Marais wrote:Hey Kerels - Die is net 'n laat "April gek" grappie

Ek het op die oomblik nie juis iets om my konstruktief mee besig te hou nie, en ek kon net nie die versoeking weerstaan om bietjie gek te skeer nie

Geniet julle naweek manne. Laat die lood vlieg!!
Ja nee, mens bederf mos nie 'n goeie storie met feite nie!

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Prosedure om loop te laat korter maak

Posted: Fri Apr 07, 2017 6:35 pm
by 470rigby
Jean, my DFO is HEELTEMAL te onnosel om selfs die kaliber vas te stel, wat nog looplengte meet!

Geweet jy praat snert!