Page 1 of 1
Watter 300wm sou jy koop
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:00 pm
by Diesel Dog
Ek kan nou nuwe 300wm kry in Tikka super varmint ss 600mm loop of Sako a7 crome moly 660mm loop albei 1-11 twist. Prys is die selfde en ek wil graag 215 gr bergers skiet die kolf sal vervang word so is nie belangrik nie .Tpl met die bergers sal waarskynlik te lank wees vir vir magasyn lengte.
Wil die geweer vir gong skiet tot 1200m gebruik
Al wat die Sako vir my meer bied is die loop lengte gaan dit so groot verskil maak?
Watter een sou jy vat.
DD
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:01 pm
by Supacow
Die Tikka spaar R2000 vir die rail
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:06 pm
by WitWillem (Charl)
Sou dink 10 twist vir koeels bo 200gr
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:12 pm
by Jean Marais
Ek dink nie die twist van 1:11 sal 'n probleem wees nie. Volgens my berekening sal die koeël heeltemal goed stabiliseer.
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:12 pm
by Supacow
Ek sien die A7 het ook n 2stuk. Tikka aksie dalk meer rigied?
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:14 pm
by Arnold
Berger beveel 'n 9 twist aan so ek dink 11 gaan maar sukkel.
Jy kan self hulle twist rekenaar ook gebruik en self kyk wat jy nodig het.
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:15 pm
by Diesel Dog
WitWillem (Charl) wrote:Sou dink 10 twist vir koeels bo 200gr
Dit sou verseker better wees maar die manne skiet blykbaar die hybrids goed met die 11 twist .Ek skiet tans met 11 twist 208amax uit n 300wsm.
DD
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:15 pm
by Jean Marais
Stem met Supacow saam. Die Tikka aksie is beslis stewiger, en met die Paicatinny rail reeds op, as deel van die aksie sou dit my eerste keuse wees.
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:17 pm
by Boesman10
Ek is baie lief vir my Tika T3 .300 WM stainless 600mm dikloop met 1:11 twist. Die Berger 210 grein VLD met 0.631 BC grein loop soos stroop ten 2745 fps. Glo dit gaan baie geld vat om 'n beter geweer te kry.
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:20 pm
by Diesel Dog
Arnold wrote:Berger beveel 'n 9 twist aan so ek dink 11 gaan maar sukkel.
Jy kan self hulle twist rekenaar ook gebruik en self kyk wat jy nodig het.
Lyk my ek gaan beter af wees om my 300 wsm n 28duim 1-9 twist loop op te sit vir die doel en dan een van die twee net so te hou vir n jag geweer.
DD
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:23 pm
by Jean Marais
Arnold wrote:Berger beveel 'n 9 twist aan so ek dink 11 gaan maar sukkel.
Jy kan self hulle twist rekenaar ook gebruik en self kyk wat jy nodig het.
Jy's 100% reg. Die temeratuur op my sompomp was op 59grade C. Dit maak nogals 'n verskil.
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:27 pm
by Diesel Dog
Jean Marais wrote:Stem met Supacow saam. Die Tikka aksie is beslis stewiger, en met die Paicatinny rail reeds op, as deel van die aksie sou dit my eerste keuse wees.
Vir n rak geweer maak die Tikka meer sin die Sako se aksie is nie so glad soos die Tikka nie .
DD
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Mon Apr 10, 2017 4:30 pm
by WitWillem (Charl)
[quote="Jean Marais"]Ek dink nie die twist van 1:11 sal 'n probleem wees nie. Volgens my berekening sal die koeël.
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Mon Apr 10, 2017 10:50 pm
by Diesel Dog
Ek gaan maar die sneller op die Tikka trek, het nog nie een gehad wat teleurstel nie.
DD
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Tue Apr 11, 2017 8:59 am
by Boesman10
Arnold wrote:Berger beveel 'n 9 twist aan so ek dink 11 gaan maar sukkel.
Jy kan self hulle twist rekenaar ook gebruik en self kyk wat jy nodig het.
Arnold ek is nie seker van watter punt jy praat nie maar op die boksie Berger 210 grein VLD koels staan daar geskrywe - "For 1 in 11 Twist or Faster". Ek het 10 bokse van die patrone en dit staan op elke boks. Ek kan foto stuur as jy belang stel so miskien verwys jy na 'n ader punt met jou stelling hierbo.
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Tue Apr 11, 2017 9:05 am
by Arnold
Boesman, DD het van die 215gr gepraat.
Onthou ook dat Berger hulle data opgedateer het. Ek het ook boksies 140gr VLD vir 6.5mm wat 9 twist op staan en dit is verander na 8 ...
Ek glo jou as jy sê daar staan 11 twist op die boksie en onthou ook dat die aanbevole twist van berger is vir die swakste geval om seker te maak die koeëls stabiliseer en verloor nie BC nie, jy kan moontlik wegkom met minder twist.
Re: Watter 300wm sou jy koop
Posted: Tue Apr 11, 2017 8:10 pm
by LRLaubscher
Diesel Dog wrote:Arnold wrote:Berger beveel 'n 9 twist aan so ek dink 11 gaan maar sukkel.
Jy kan self hulle twist rekenaar ook gebruik en self kyk wat jy nodig het.
Lyk my ek gaan beter af wees om my 300 wsm n 28duim 1-9 twist loop op te sit vir die doel en dan een van die twee net so te hou vir n jag geweer.
DD
Ek stem saam op die een. Kry vir jou n lekker lang nuwe loop sodat jy darem teminste 2820+ kan loop op node met S385.
Sent from my iPhone using Tapatalk