Page 1 of 1

Karoo Springbok Grand Slam

Posted: Tue Apr 18, 2017 2:28 pm
by Hartskoot Hennie
Nou ja toe! Ek het die groot voorreg gehad om 'n Springbok Grand Slam te voltooi die afgelope Paasnaweek, naby Hopetown in die Noord Kaap saam met OupaZA en Stephan86. Ons het sommer die vroumense en kinders saam gevat en 'n rustige wegbreek in die Karoo gehad.

Die skote het gewissel van 224 tot 325 meter as ek reg onthou. Die wind het maar redelik gewaai op 'n stadium en dit het dinge nie so maklik gemaak nie. Darem was al die diere "one shot kills" soos die Engelsman sou sê. Ek het al 4 die Springbokke met my .243 AI Howa en 80gr Nosler BTV koeëls teen 3373fps geskiet.

http://i996.photobucket.com/albums/af81/HartskootHennie/17904097_10155134110864019_7498995596670390164_n.jpg

http://i996.photobucket.com/albums/af81/HartskootHennie/18010149_10155134110554019_7213657499215546729_n_1.jpg

http://i996.photobucket.com/albums/af81/HartskootHennie/17626639_10155134110449019_2641393273280331039_n_1.jpg

http://i996.photobucket.com/albums/af81/HartskootHennie/17903799_10155134110149019_1152518860107076649_n_1.jpg

Baie dankie OupaZA en Stephan86, ons maak weer so!

Re: Karoo Springbok Grand Slam

Posted: Tue Apr 18, 2017 2:45 pm
by ruaanb
lekker Hennie daai witte het karakter!

Re: Karoo Springbok Grand Slam

Posted: Tue Apr 18, 2017 4:04 pm
by PWV
Geluk, Hennie. Jy sal nie maklik as 'n rassis gebrandmerk word nie, want jy behandel almal ewe sleg!! ;)

Re: Karoo Springbok Grand Slam

Posted: Wed Apr 19, 2017 6:49 am
by OomMatt
Baie mooi gedoen Hennie

Nou nadat ek die Koper Springbok geskiet het saam die Sable , en reeds die gewone Springbok trofee het 14", het ek besluit om ook die grand slam te doen.
Myne moet maar eers bietjie wag tot September. Te veel safari's saam die vrou en gesin , en met nog 3 jagte wat kom.

Maar weer , geluk.

Re: Karoo Springbok Grand Slam

Posted: Wed Apr 19, 2017 6:53 am
by Geno
Geluk Hendrik!

Re: Karoo Springbok Grand Slam

Posted: Wed Apr 19, 2017 7:45 am
by Edu
Baie baie geluk my ou maat!

Re: Karoo Springbok Grand Slam

Posted: Wed Apr 19, 2017 8:05 am
by OupaZA
Mooi gegooi Hennie!!

Re: Karoo Springbok Grand Slam

Posted: Wed Apr 19, 2017 8:24 am
by JuanVE
Geluk Hennie, lekker as 'n man se jagseisoen so vroeg kan begin!

Re: Karoo Springbok Grand Slam

Posted: Wed Apr 19, 2017 10:56 am
by KalahariKlong
Lekker, baie geluk.

Re: Karoo Springbok Grand Slam

Posted: Wed Apr 19, 2017 12:23 pm
by DawieKotze
Netjies Hennie!! Paar mooi ramme daar!

Jy is nou ook sommer in die ideale posissie om te sê watter van die kleure se biltong die lekkerste smaak :laugh: :laugh: :laugh:

Groetnis

Re: Karoo Springbok Grand Slam

Posted: Wed Apr 19, 2017 8:51 pm
by theedge
Geluk Hendrik!

Re: Karoo Springbok Grand Slam

Posted: Thu Apr 20, 2017 2:19 am
by koos 2
Baie geluk

Re: Karoo Springbok Grand Slam

Posted: Thu Apr 20, 2017 7:45 am
by Stephan86
Geluk my maat, jy het baie mooi geskiet die naweek.

Re: Karoo Springbok Grand Slam

Posted: Wed Apr 26, 2017 8:16 am
by Tollie
Baie geluk tjomma.

Lyk my daardie .243 is nou mooi gefinetune.