Page 1 of 1
Beaufort Wes Jag, baie mooi springbokke van alle kleur
Posted: Sun Aug 21, 2011 11:32 pm
by Truvelloman
Hi manne
Hier n paar fotos van die bokke wat ek die naweek plat getrek het, was baie lekker, daar oor n 1300 springbokke op 8000ha maar heng dis laat in die seieson en die goed is vrek wild. Die naaste skoot vir die naweek was 260m op tot by 370m. Baie mis skote gehad
Re: Beaufort Wes Jag, baie mooi springbokke van alle kleur
Posted: Tue Aug 23, 2011 3:38 pm
by DawieKotze
Baie mooi swart ran daai!! Geluk!
Ek het ookal daar gejag en daai vlaktes l? moer wyd!! Amper onmoontlik om te stap en jag. Aan die einde van die seisoen is onmoontlik, want die bokke is wild gejag.
Re: Beaufort Wes Jag, baie mooi springbokke van alle kleur
Posted: Tue Aug 23, 2011 3:46 pm
by BLOK
Mooi gedoen, en ek laaik daai duk loop van jou hy kort nou net n Terminator
Re: Beaufort Wes Jag, baie mooi springbokke van alle kleur
Posted: Tue Aug 23, 2011 3:49 pm
by henried
Baie geluk, daai swart SB is iets besonder.
Komplimente aanjou en al die manne wat so ver kan skiet....

Re: Beaufort Wes Jag, baie mooi springbokke van alle kleur
Posted: Tue Aug 23, 2011 3:54 pm
by Frikkiedbr
Baie mooi en baie geluk

Glo die ver loop was die moeite werd op die einde van die dag.
Re: Beaufort Wes Jag, baie mooi springbokke van alle kleur
Posted: Thu Aug 25, 2011 10:09 am
by Truvelloman
Blok
Wat se terminator praat jy van?
Re: Beaufort Wes Jag, baie mooi springbokke van alle kleur
Posted: Thu Aug 25, 2011 10:18 am
by BLOK
So duk loop geweer lyk net vir my mooier met n Terminator knaldemper op, veral vir daai lang skote werk hy ook nog baie goed vir beter akuraatheid.
Blok
Re: Beaufort Wes Jag, baie mooi springbokke van alle kleur
Posted: Thu Aug 25, 2011 10:20 am
by Truvelloman
oh ok Blok, dis die eerste keer wat ek hoor van dit, maar dankie vir die raad, daai is n flueted barrel so wetie of dit sal werk nie?
Re: Beaufort Wes Jag, baie mooi springbokke van alle kleur
Posted: Thu Aug 25, 2011 10:23 am
by BLOK
Search net Terminator hier op die forum en jy sal sien amper almal beveel dit aan, het self hard gedink voor ek een gekoop het maar skiet nou nooit meer sonder hom nie. Daai voorste deel aan n fluted loop is mos vol rond, jy het net so 15mm vooraan jou loop nodig wat hulle skroefdraad sny.
Re: Beaufort Wes Jag, baie mooi springbokke van alle kleur
Posted: Thu Aug 25, 2011 10:29 am
by Truvelloman
en as ek die knaldemper wil afhaal, sit die skroefdraad dan daar?
Re: Beaufort Wes Jag, baie mooi springbokke van alle kleur
Posted: Thu Aug 25, 2011 10:37 am
by BLOK
Jy kry n cap wat jy dan oor die draad draai, wat die draad beskerm, en die loop weer afrond. Baie van die lede gebruik bv. die demper net as hulle oefen op die baan vir akuraatheid en geraas demping (onthou agv minder terugskop en klankdemping skiet jy beter, die loopwip is ook baie minder met die demper) en as hulle veld toe gaan zero hulle net weer sonder die demper, en skiet dan sonder hom. Meeste ouens weet hoeveel hulle moet op of af stel met en sonder die demper.
Re: Beaufort Wes Jag, baie mooi springbokke van alle kleur
Posted: Fri Aug 26, 2011 10:26 am
by Truvelloman
word hy plaaslik vervaardig?
Re: Beaufort Wes Jag, baie mooi springbokke van alle kleur
Posted: Fri Aug 26, 2011 10:30 am
by Geno
Re: Beaufort Wes Jag, baie mooi springbokke van alle kleur
Posted: Fri Aug 26, 2011 10:35 am
by BLOK
Daar is heelwat plaaslike vervaardigers maar die beste een op die mark is seker die een wat deer Clarence op Bloemfontein gemaak word die Terminator. Soos ek glo 80% hier op die forum jou sal se.