Page 1 of 1
So n paar bokkies uit die Waterberge
Posted: Wed May 03, 2017 8:04 am
by Ashley
More julle
Ons was gelukkig genoeg om gou die naweek die seisoen te kon open met n besoek aan die Waterberge.
Plaas is Rietfontein, so 30km van Ellisras af.
Ons het in totaal 4x Impala ramme, 2x ooie, 2x varke, 1x kudu bul, 1x Bwb bul gekry oor die 2 dae.
Dis altyd lekker om n besoek aan die bosveld te maak, en hopelik is dit die begin van n goeie jag seisoen!
Re: So n paar bokkies uit die Waterberge
Posted: Wed May 03, 2017 8:07 am
by Ashley
Ek wag nog vir mooi fotos van die ouens af wat die Kudu en Bwb geskiet het, dan sal ek plaas.
Die kudu was wel 46", met n 165kg karkas.
Die Bwb was n ouerige bul. 30" horings en 84kg karkas.
Al die bokke was met of .308 of 30-06 geskiet. Albei het 150gr TTSX gelaai, en al die bokke het net daar geval.
Skote het gewissel van so 45m tot 90m. Die bos is maar ryg!

Re: So n paar bokkies uit die Waterberge
Posted: Wed May 03, 2017 8:24 am
by Flip Nel
Baie Nice dankie vir die deel
Re: So n paar bokkies uit die Waterberge
Posted: Wed May 03, 2017 8:37 am
by sako 30-06
Geluk Ashley, mooi bokke en goed geskiet.
Re: So n paar bokkies uit die Waterberge
Posted: Wed May 03, 2017 10:08 am
by JuanVE
Baie nice Ashley!
Re: So n paar bokkies uit die Waterberge
Posted: Wed May 03, 2017 11:00 am
by win270
Baie goed gevaar en dit oor slegs twee dae! Baie geluk.
Re: So n paar bokkies uit die Waterberge
Posted: Wed May 03, 2017 12:47 pm
by .270 Man
Geluk en baie netjies.
Re: So n paar bokkies uit die Waterberge
Posted: Wed May 03, 2017 1:08 pm
by Ashley
Die man wat die Bwb fotos moet aanstuur is maar traag, maar die bul se horings was werklik mooi.
Re: So n paar bokkies uit die Waterberge
Posted: Wed May 03, 2017 1:36 pm
by Ben Remington
Baie mooi...bly julle het dit geniet.
Re: So n paar bokkies uit die Waterberge
Posted: Wed May 03, 2017 5:01 pm
by Ashley
Dankie almal.
Dis soos hulle sĂȘ: " an average day in the bush beats the hell out of a good day at the office"!
Re: So n paar bokkies uit die Waterberge
Posted: Wed May 03, 2017 5:24 pm
by Leon Crous
Sjoe, mooi Ash!
Paar mooi bokke.
Re: So n paar bokkies uit die Waterberge
Posted: Tue May 09, 2017 3:13 pm
by Vlakvark Soldaat
Lekker man, netjiese bwb daai!