Page 1 of 1
Blouwildebees - Tawwe meneer!
Posted: Tue Aug 23, 2011 6:59 pm
by GreyGhostGear
Ek het die Wildebees geskiet in Junie daar in die mooi Marico bosveld. Na 'n goeie stalk en ek papnat van deur 'n sloot kruip, kon ek hom klop op so 120m met die .375 Weatherby Magnum. 300gr PMP.
Die meneertjie het 70/80 meter gevorder voor hy geval het. Wat vir my merkwaardig is, is dat hy met die 300gr .375 rondte daardie afstand kon maak vs. Gemsbok met .30-06 wat so 30meter kon gaan met dieselfde skoot. (sien "Gemsbok jag-Okahandja).
Natuurlik paar faktore wat 'n rol speel, maar het daardie dag weer 'n goeie dosis respek gekry vir die "poor man's buffalo"..
Re: Blouwildebees - Tawwe meneer!
Posted: Tue Aug 23, 2011 7:03 pm
by Gerhard
Mooi bul...
Goeie skoot.
Blou Willie dood beeste kan man lekke kop seer gee...
Re: Blouwildebees - Tawwe meneer!
Posted: Tue Aug 23, 2011 7:13 pm
by GreyGhostGear
Nogaal 'n taamlike verskil wat die .375 teenoor die 30-06 op die Gemsies maak

Ek sit maar die photies op, want dit is vir my altyd interessant om die resultate "binne" in te bestudeer en te probeer leer van wat daar gebeur..
Re: Blouwildebees - Tawwe meneer!
Posted: Tue Aug 23, 2011 7:30 pm
by douw
baie mooi bul, en goed geskiet.
Waar het jy gejag?
Groetnis
Douw
Re: Blouwildebees - Tawwe meneer!
Posted: Tue Aug 23, 2011 9:02 pm
by GreyGhostGear
Dankie Douw,
Ek het 'n vriend van my gehelp jag, hy het paar Amerikaners by hom gehad, tussen Marico en Swartruggens. Kon toe Bwb skiet vir my moeite en hulp...('n week in die bosveld is mos vreeslike moeite)..cheers
Re: Blouwildebees - Tawwe meneer!
Posted: Tue Aug 23, 2011 9:03 pm
by erx
Jagmaar
Naandse mater, dit lyk vir my jou profile naam moet eerder skietmaar wees

Baie netjies op die gems en bloue!
Lyk my ek sal daai takbokke vooraf 'n bospos moet stuur en waarsku! Ek hoop regtig ons kan nog daai ding laat werk!
Groete
erx
Re: Blouwildebees - Tawwe meneer!
Posted: Wed Aug 24, 2011 7:53 am
by Superdup
Magtig, jik my g@t nou
Gaan volgende naweek 'n bloue skiet, kan nou glad nie meer wag nie
Mooi gegooi jagmaar
Groete
Re: Blouwildebees - Tawwe meneer!
Posted: Wed Aug 24, 2011 8:44 am
by GreyGhostGear
More Emile,
Ja man, ons moet kyk of ons daai plan kan maak! sal lekker wees...
Superdup,
Geniet jou BWB jag!! Dis nou 'n lekker ding om na uit te sien...
Lekker dag,
Petrie
Re: Blouwildebees - Tawwe meneer!
Posted: Wed Aug 24, 2011 8:56 am
by tau
Baie mooi geskiet en daai dier is mooi kondisie.
Ek het dieselfde gehad in die Oos-Kaap einde Julie. Skiet die BWB mooi daai ding draaii hol 50 me en gaan staan ek besluit net daar ek het seker maar sleg geskiet en gee nog 'n loodpilletjie.
Daai willebliksem begin weer hol oor die hoogte......ek dog net daar is dit so 3 dae te voet sal ek hom seker kry.
Oor die bult le hy morsvrek dood. Eerste skoot deur long/hart en skouers en tweede deur skouers. Die goed is taai en ek dink as die dier in so goeie kondisie is het hy net daai extra bietjie wat hulle nog tawwer maak.
Re: Blouwildebees - Tawwe meneer!
Posted: Mon Aug 29, 2011 12:28 pm
by PITSMIT
petrie
mooi geskiet mater
ek dink daai bokke is te onnosel om te weet hulle is vrek geskiet. hulle lyk altyd so dof as hulle na jou kyk hehe

Re: Blouwildebees - Tawwe meneer!
Posted: Mon Aug 29, 2011 9:34 pm
by theedge
Netjies en stem hy is taai dier om te skiet